Featured

“blank”

Vir n wyle was my kop blank, maar ewe skielik gebeur daar iets iets wat my hele wese ruk wat my hele bestaan ruk….hoe kan die lewe so wreed wees?

Ek vat my foon na n lang dag en wil net bietjie rustig almal se niksbetekende ligsinnige facebook comments lees, maar dis toe asof my wereld inmekaar tuimel.Missing person please share….ek kyk drie keer na die foto want ek herken die gesig maar ek wil nie he dit moet waar wees nie, maar toe ek die naam lees rol die trane van skok oor my wange. Ek gaan dadelik uit facebook en stuur n wharsapp met die hoop dat jy gaan terug stuur en laat wees jys veilig by jou huis maar die boodskap gaan nie eers deur nie. Die volgende dag sien ek die opvolg…jou lyk is gevind jy is vermoor…en soos ek tik rol die trane oor my wange…

Hierdie tipe goed gebeur in movies en gebeur met ander mense nie met mense wat ek ken nie…..

Ons was dalk nie vriende in elke sin van vriende nie. Maar ons het mekaar geken en mekaar se geselskap geniet. Jy was n borrel mens met die mooiste glimlag….

Waar gaan hierdie wereld heen? Maak iemand dood vir n rand of twee….

My hart huil want ek versaan nie die tipe goed nie.

My gdagtes is by familie wat worstel met baie vrae…

Siekte….verstaan ek….ouderdom verstaan ek…..moord glad nie…..

Dit maal oor en oor in my kop dit maak nie sin in my mens breintjie nie…

Ek hoop nie jy het gely nie. Rus sag my liewe mens…rus sag….

Featured

Hoekom wil mense he jy moet iets wees wat jy nie is nie?

Hierdie hele naweek wroeg ek met myself? Is ek regtig so sleg of is ek net ek?

Hoekom moet ek daarvan hoe om met mense te meng en nuwe mense te ontmoet? Hoekom is ek nou n snob of wat ookal omdat ek verkies om op my eie te wees? Wie besluit hierdie goed? Besef mense nie dat mense verskil nie? As ek ‘n telefoon moet optel en iemand bel wat nie naby aan my is nie, sukkel ek vir ure om daardie oproep te maak…ek gaan in stres mode in!!! Is dit my fout? Los my net op my eie asseblief.

Wat moet ‘n vrou wees vir haar man? ‘n Slaaf? Nee, in my huis werk dinge anders, want eks jammer eks noemand se slaaf of vloerlap nie. Voel net ek so? Wat doen jy anders?

Nee, ek pak nie vir my man toebroodjies vir werk toe nie – pak hy vir my? Ek bad nie elke aand die kimders nir – was ek alleen toe hulle gemaak is? Ek maak nie alleen kombuis skoon of huis skoon mie; ek bly mos nie alleen nie. Hoekom sien vrouens dit as so verkeerd? Stuur ek ag op nog n egskeiding?

Eks moeg moeg moeg…..

 

Stukkende mense

Vanoggend sit ek in die kerk en die dominee raak ligtelik aan die stelling “stukkende mense”.

Wat is stukkende mense?

Wie is stukkende mense?

Ewe skielik besef ek net dat elke mens ‘n stukkie stukkende mens is. Jy kan emosioneel stukkend wees of dalk fisies stukkend wees.

Dan kan jy weer op ‘n emosionele vlak stukkend wees op verskillende maniere: finansiele stukkend, verhouding stukkend, werksomstandighede stukkend, verlede stukkend of selfs toekomstig stukkend wees.

Ons raak so vinnig vasgevang in ons eie stukkend dat ons soms vergeet dat daar ander mense ook is wat stukkend is.

Soms raak ons stukkend dat ons soos ‘n hond raak wat seer het – ons byt! Ons raak aggressief teenoor mense om jou – naby en ver! Dit is die enigste manier hoe jy hierdie seer hierdie stukkie stukkend kan hanteer.

Ek dink ons almal maak die fout om die gevolg van die stukkend te hanteer – ons drink ‘n pilletjie om minder aggressief te wees, maar ons maak nie die stukkend heel nie. Ons dokter die simtome en nie die oorsaak nie.

Vandag dink ek moet ons almal dalk diep in onsself gaan grawe en dink waar le ons stukkend:

Is dit op ‘n emosionele vlak?

Is dit dalk ‘n fisiese stukkend – dalk ‘n siekte?

Hoe moet ons hierdie stukkend regmaak is die tweede vraag wat ons onsself moet vra?

Ek weet op hierdie stadium is ek emosioneel stukkend weens ‘n verlies wat ek gely het toe die Here my pappa kom haal het, maar dit moet ek hanteer. Ek moet ook besef dat ek nie die enigste mens is wat ‘n stukkie stukkend saamdra nie. Dit help nie om met ander mense om jou ongeskik en aggressief te wees nie, daardie persoon het sy eie seer en dalk ‘n groter stukkende plekkie as ek.

Ek dink dit is belangrik dat ons fokus op die positiewe.

Dit is bitter moeilik om die positiewe in ‘n negatiewe situasie raak te sien.

Ek moet fokus op die feit dat my pappa by sy Hemelse Pappa se voete sit, weg uit die lelike wereld vol haat en geweld, want hy was ‘n man met ‘n goeie hart wat altyd net die goeie in mense raakgesien het, altyd net sy wang weer gedraai het na die vyand vir nog ‘n hou. Hy het nooit negatief of haatdraend geraak nie. Die Here het hom kom verlos van die lelike wereld sodat sy goeie hart kon bly voortleef in die huis van die Here. Sy plekkie hier in sy aardse huis is baie leeg, maar ons moet vashou aan die mooi die goeie!

Sjoe, dit klink so maklik om dit hier op papier vas te vang, maar ek dink ons moet almal begin om by onsself te begin. Keer na binne – vra jouself waar is jou stukkie stukkend en hoe kan jy daai stukkend begin heel maak.

Ons kan nie die wereld en ons land heelmaak en nuut maak sonder geweld en haat as ons nie onsself nuut maak nie.

Hierdie is my nuwe begin…

Ek hoop ek kan my stukkie stukkend stukkie vir stukkie heelmaak een vir een!

Ek bid dat ons almal vrede in ons eie harte sal kry!

 

Die soeke na hom

Sy lê in haar bed, die huis is dood stil, al wat sy hoor is haar hartklop  doef-doef-doef. Ten spyte van die stilte in die huis en daar ‘n haar gemoed onrustig.

Sy tel haar foon op en begin tik:

“Ek oorweeg dit nou al vir ‘n wyle om hierdie boodskap te stuur. Ek is nie eers seker hoe om hierdie te sê nie. Ek kan nie langer hieroor stilbly nie. Ek wil saam met jou wees, ek wil saam met jou oud word, ek is lief vir jou. Ek kan nie langer in ‘n huwelik wees waar ek nie gelukkig is nie.”

Sy sit haar vinnig oor die “send” knoppie, maar sy kry net nie die moed om hierdie boodskap te stuur nie.

Delete….

Dit gaan vir ‘n paar nagte so aan, elke aand verander sy die woorde…tik tik tik…delete delete delete, maar sy kry net nooit die moed om hierdie boodskap te stuur nie.

In die dag is sy besig en kry sy nie te veel tyd om te worstel oor hierdie diepe gevoel wat in haar hart broei nie. Sy weet sy is getroud en dit maak die situasie ongelooflik gekompliseerd. Sy wil nie hê enige iemand moet seerkry nie, maar sy wil ook nie langer stilbly nie. Sy wil hê hy moet weet hoe sy voel, indien hy dan dieselfde voel, dan kan hulle besluit hoe om hierdie situasie te hanteer.

Sy sien nie kans vir ‘n skelm verhouding nie, dit is alles of niks!

Maande het verby gegaan, maar sy het steeds nie die moed om hierdie boodskap te stuur nie. Een oggend sit sy by die werk en besluit vandag is die dag. Sy tik die hele boodskap, maar waarheen sal sy dit tog nou stuur, want sy het nie sy e-pos adres nie. Dit is toe dat sy besluit om ‘n nuwe e-pos adres oop te maak op google en haar “troetelnaampie” te gebruik wagwoord. Sy tik die hele e-pos en verklaar haar ewige liefde aan hom. Sy wik en week vir ‘n oomblik, maar sy druk die “send” knoppie. Nou sit sy met die e-pos wat reeds gestuur is, sy sit met ‘n e-pos adres en ‘n wagwoord. Wat doen ek nou – wonder sy? Moet sy of nie?

Dit is weer die aand laat en die huis is stil en donker, donker soos haar gemoed. Sy vat weer haar foon. Die keer is dit makliker, sy stuur ‘n sms: “ Ek het vir jou ‘n e-pos adres geskep. Hier is die besonderhede. Daarheen het ek ‘n e-pos gestuur, indien jy belangstel, kan jy dit lees anders “delete” net hierdie boodskap.” En send….

Nou is dit weer ‘n ander tipe spanning wat in haar opwerk. Wat as dit die grootste fout in haar lewe was. Dalk moes sy nie hierdie boodskap gestuur het nie. Sy weet hoe sy voel, maar dalk het hy haar nog nooit so raakgesien nie en nou het sy als opgefoeter.

Sy hoor niks van hom nie. Hy stuur nie eers ‘n sms terug nie.

Die volgende oggend vroeg is sy reeds by haar rekenaar – vinnig maak sy haar E-posse oop…..niks!

Nou weet sy dit was ‘n fout! Dalk het hy nie eers die moeite gedoen om die e-pos te lees nie.

Sy besluit toe om maar op die werk te fokus en net van alles te vergeet. Sy het sopas haar beste vriend en liefde van haar lewe verloor. Sy sal nooit weer van hom hoor nie, ten minste tot nou het hulle gereeld kontak gehad, al was dit slegs platoniese “Hoe gaan dit?” boodskappies. Enige kontak is baie beter as niks….

Sy vee als uit haar gedagtes en gaan huis toe.

Die volgende oggend gaan sy werk toe, haar gemoed is half in haar skoene. Sy voel nie lus vir hierdie dag nie en sy voel nie lus vir lag nie, maar nou ja die lewe is nie altyd maanskyn en rose nie.

Sy gaan sit halfhartig agter haar lessenaar en maak haar e-posse oop en dadelik haar rekenaar programme waarop sy haar daaglikse takies moet verrig. Ewe skielik kom daar ‘n kennisgewing op van ‘n inkomende e-pos en sy naam veskyn…. vir ‘n oomblik raak sy doodstil en bang, want sy weet nie wat om te verwag nie…. sy huiwer vir ‘n oomblik, maar besluit toe dat sy moet weet en maak dadelik die e-pos oop.

Tot haar verbasing voel hy dieselfde.

Hoe nou gemaak?

Sy lees weer en weer die e-pos om net seker te maak dat sy nie verkeerd gelees het net omdat sy wil hê hy moet sê hy voel dieselfde oor haar nie.

Dis duidelik soos daglik dat hulle albei na mekaar hunker.

Vir dae skryf hulle oor en weer vir mekaar, dra liedjies op aan mekaar. Dit is lekker…

Reg en lekker is nie altyd dieselfde nie, maar dit is lekker om hierdie warm gevoel van liefde binne haar te voel. Dit is lekker om te weet dat hy haar ook bemin en ook terugkyk en wens dat hy haar gestop het voor die troue.

Na maande keer hy terug na SA en hulle besluit dit is tyd vir die ontmoeting. Sy het by haar ouers gekuier en op pad terug gaan sy by hom stop. Hulle ontmoet eerder by ‘n koffiewinkel in ‘n winkelsentrum, want dit is veiliger.

Sy parkeer haar motor en klim uit. Sy skakel hom sodat sy kan uitvind waar hy in daardie grote winkelsentrum is, maar tot haar verbasing is hy nie ver van haar af nie. Hy kom aangestap met ‘n drafstap passie…hulle oë staar na mekaar hulle beweeg nader en nader al hoe vinniger en vinniger tot hulle onmiddellik in mekaar se arms in beweeg in ‘n warm omhelsing en ‘n piksoen, wat ietwat langer aangaan as net ‘n piksoen tussen vriende. Vir ‘n oomblik is daar ‘n stilte wat heers.

Sy hak by hom in en hulle stap na die koffiewinkel. Hulle gesels oor koeitjies en kalfies asof daar nie ‘n dag verbygegaan het sedert hulle mekaar twee of drie jaar laas gesien het nie. Hulle lag en gesels en soms raak hulle stil en kyk net vir mekaar sonder om enige iets te sê.  Soms is woorde nie nodig nie.

Dit het tyd geword dat sy terugkeer huis toe. Hulle het geensins die onderwerp aangeraak nie. Hy belowe om te kom kuier….

Hy soen haar liggies en omvou haar dan weer in sy arms. Die lang, maer, blonde man omvou hierdie kort vroutjie. Hy wil nie laat gaan nie en sy wil nie hê hy moet haar ooit weer los nie.

Sy klim in haar motor en ry weg terwyl hy haar agterna kyk.

Haar hart breek in stukkie en ‘n traan rol oor haar wang.

Sy weet nou verseker dat hy die man vir haar is en sy het hom innig lief. Sy wil vir altyd en altyd in sy arms wees. Sy gaan die bul by die horing moet pak.

Wanneer sal die beste tyd wees? Hy gaan verpletterd wees, maar sy moet. Dit is nie regverdig teenoor hom om enigsins in die middel vasgekeer te wees en saam ‘n vrou te wees wat hom nie liefhet soos hy vir haar nie.

Daar is geen waarborge dat hierdie verhouding ooit sal werk nie, maar sy weet net dat indien sy steeds na jare soos oor ‘n ander man voel dan is sy nie in die regte huwelik nie. As jou hart 100% in hierdie huwelik was, sal jou hart nie die heletyd hunker na iemand anders nie. Haar man is ‘n goeie man, maar hy is nie haar man nie.

Dit gaan baie moeilik wees, maar sy moet dit doen.

Dit is laat op ‘n Vrydagaand en die huis is stil. Sy besluit toe die tyd het aangebreek om hierdie ding aan te pak. Sy moet hierdie gesprek agter die rug kry sodat sy kan aanbeweeg.

Sy gaan sit langs hom in die TV kamer, skakel die TV af. Ons moet praat asseblief.

Hy: “Ja? Waaroor wil jy praat?”

Sy: “Oor ons!”

Hy: “Is daar fout?”

Sy: “Ja, daar is fout. Ek is jammer, maar ek kan nie langer vir jou jok nie en ook nie vir myself jok nie. Ek weet hierdie kom dalk soos ‘n groot skok vir jou, maar ek belowe jou hierdie is nie iets waarmee ek van vandag af worstel nie. Ek weet daar is op die oog af niks fout met ons huwelik nie, maar tog is daar.”

Hy: “Wat probeer jy sê?” Sy sien die trane in sy oë – hy is waarlik lief vir haar.

Sy: “My hart behoort aan iemand anders en het nog altyd. Ek kan nie langer in ‘n huwelik wees as my hart nie in die huwelik is nie.”

Hy het net opgestaan, omgedraai en weggeloop. Sy het hom gelos.

Maande later staan sy in die hof en is die egskeiding finaal deur.

Wat het dan van die ridder geword?

Ewe skielik is die ridder nie meer in die horison nie en haar egskeiding is deur. Was dit dan alles verniet?

Sy weet dit was nie, want sy kan nie in ‘n huwelik bly net omdat sy nie wil skei nie, sy verdien om saam met iemand te wees aan wie haar hart behoort.

Sy sit een aand alleen in haar woonstel toe daar ‘n sms deurkom.

“Ek mis jou! xxx” Die ridder..

Vir die eerste keer voel dit asof hulle twee ‘n kans kry. ‘n Kans op ware geluk.

Haar hart spring uit haar lyf, “Ek mis jou meer!! xx”

Hy nooi haar vir ‘n ete in die Bosveld. Kampvuur en rooiwyn en die stilte van die nag omring met die liefde van twee mense wat vir jare na mekaar smag.

Dit is Vrydagaand en sy motor stop voor die woonstelblok waar sy nou bly. Hy kom op na haar woonstel. Sy maak die deur oop en hy groet haar slegs met ‘n drukkie, maar hou haar vir ‘n lang ruk in sy arms.

In die motor heers daar ‘n stilte, maar hy stel die musiek en speel een na die ander mooi song vir haar tot hulle hulle bestemming bereik.

Die stilte van die nag omring haar. Dit gee haar ‘n stilte in haar gemoed. Hy neem haar hand en die piekniekmandjie wat hy vir hulle gepak het en hulle stap ‘n hele end hand-aan-hand die bos in. Ewe skielik stop hy…. hulle het hulle plekkie gevind.

Oop stukkie grond omring met baie bome en ‘n vuurmaak plekkie. Hy haal die kombers uit gooi dit oop..

“Kan ek vir jou ‘n glasie wyn skink?”

“Dit sal lekker wees dankie.”

Nadat hy twee glase rooiwyn ingegooi het stap hy na haar toe. Sy staar die donkerte in, haar gedagtes ver, maar tog so naby. Hy sit vir ‘n oomblik die glase bo-op die boma se muurtjie neer en vat haar hande in syne.

“Ek het jare gewag vir hierdie oomblik. Ek wil hê alles moet net perfek wees.”

Met sy hande vryf hy haar hare agter toe en soen haar diep en teer op haar voorkop. Hy neem die glase wyn: “Op…. ons!”

Hy steek eers die vuurtjie aan sodat dit kan kletter terwyl hulle twee in mekaar se oë staar.

Hy gaan sit op die kombers na die vuur gerig en sy gaan sit met haar rug styf teen sy maag (tussen sy bene) en rus met haar kop teen sy bors. Vir ‘n oomblik is daar ‘n doodse stilte wat heers terwyl hulle stadig sip aan hulle wyn.

Hy sit toe sy glas wyn neer… en soen haar in haar nek…haar hele liggaam is deurtrek met hoendervleis, maar haar hart spring uit haar lyf.

Hy trek haar hemp bietjie weg en soen haar op haar skouer en dan weer in haar nek en beweeg na haar ander skouer.

Sy draai om sodat sy na hom toe kyk.

Hy vat haar saggies om die nek en soen haar hartstogtelik op haar mond, dit is die eerste soen. Dit is vol passie, intimiteit en liefde, iets wat sy nog nooit in haar lewe beleef het nie.

Daarna het hulle vir ure in mekaar se arms deurgebring.

Hy trek vir ‘n oomblik weg en kyk haar diep in die oë: “ Ek het so lank vir hierdie dag gewag. Ek wou jou al jare gelede in my arms neem, maar het gedink ek het jou finaal verloor. Ek wil jou nooit weer verloor nie!”

Sy: “ Jy het my hart gehad die dag toe ek jou in die gange van die koshuis gesien het. Van daardie dag af het ek vir jou gewag om my te kom haal, maar ek was oortuig dat jy my nooit sal kan lief kry nie. Ek sal jou nooit weer laat gaan nie!”

Hulle het vir ure daardie nag in mekaar se arms gesit. Hulle het gesels oor dinge waaroor hulle nog nooit gesels het nie.

Toe hulle weer sien het die son sy kop begin uitsteek en hulle het besluit dat dit tyd was om terug te keer huis toe.

Met die aankoms by die woonstel het hulle besluit om eers ‘n warm stort te vat. Hy het eerste gaan stort terwyl sy sommer net ‘n ligte ontbyt bymekaar gesit het en die koffie solank aangesit. Die aroma van die koffie vul die huis…

Nadat hy uit die stort geklim het, loop hy net met die handdoek om hom gevou na haar toe in die kombuis waar hy haar weer omhels en ‘n dieper soen gee.

Sy gaan stort en trek vir haar ‘n ligte stelletjie nagklere (eerder onderklere) aan onder haar kamerjas.

Hulle sit rustig in die kombuis en geniet die ontbyt en koffie.

Toe hulle klaar geëet het, staan hy op en trek haar van die stoel af, tel haar op en dra haar na die kamer.

Daar het hulle vir ure eers mekaar gesoen en geliefkoos en daarna het hulle intiem verkeer. Passievol en intiem!

Hulle het sommer naak in mekaar se arms aan die slaap geraak, maar hulle het albei geweet hierdie is “forever”!

…..

Hierdie is sommer ‘n fiksie met ‘n tukkie waarheid, meer ‘n begin met die happily ever after wat nooit gebeur het nie.

 

 

 

‘n Briefie vir my pa

My liewe pappa

Vandag raak ek stil…..

Vandag is die dag wat ek die bul by die horings pak en met pappa gesels. Ietsie wat ek nooit gedoen het nie. Ons het nooit hartsake gesels nie, ek het maar self my probleme uitsorteer.

Vandag wil ek pappa ‘n paar dinge vertel, miskien sal dit dinge makliker en duideliker maak.

Ek begin by ‘n moeilike saak. Jou pa! Hoe dra ‘n mens so iets oor aan enige iemand? Ek het reeds beraders gaan sien hieroor om in my eie gemoed vrede te kry, maar ek het nooit ooit kans gesien om die een ding te doen wat almal voorgestel het nie – vertel jou pa! Ek het net nooit die doel gesien om iets met jou te deel waaraan jy niks kan doen nie, hoekom iemand soveel seer veroorsaak. Ek onthou die pastoor berader het vir my so mooi verduidelik hoekom ek dit moet doen, maar nou kan ek dit nie eers meer onthou nie.

Waar begin ek – hoe sê ek dit nou vir jou?

As ‘n klein dogtertjie het ons mos gereeld by oupa en ouma gaan kuier. Dit was altyd lekker daar, maar nadat ek jare later groot geword het, het ek dinge onthou, dinge wat nie lekker was om te onthou nie. Dinge wat nie lekker was as ons by oupa en ouma gaan kuier het nie. Oupa het my by hom in sy bed laat lê in die oggende as ouma besig was om brood te bak. As ek by hom gelê het, het hy sy hand onder my klere ingesit en sy vingers in my ingedruk…dit was baie seer pappa. Ek het hom gevra om op te hou, maar hy het net gesê dit sal later beter word. Hy het my so lief en dit is hoekom hy dit met my doen en ek moenie die ander sê nie, want dan sal hulle net jaloers wees en lelik met my wees. As ek toilet toe gegaan het, want dit raak te seer, het hy my altyd aangejaag dat ek moet terugkom sodat hy kan aangaan met sy dinge…Ai pappa, hy het my so seergemaak, maar ek wou nooit hê jy moes hiervan weet nie. Wat sou dit tog help? Hy is al jare dood!!!

Vandag haat ek hom vir dit wat hy aan my gedoen het, maar pappa ek is nie kwaad vir jou nie. Jy het altyd net die goeie in mense raakgesien en jy kon nie weet wat hierdie vark in die stilte van sy slaapkamer aan my doen nie. Ek weet nie of hy dit ooit met enige van die ander niggies gedoen het nie, miskien het hy geweet ek is die stil en skaam een. Of het ek eers na dit stil en skaam geword?

Jare en jare het verbygegaan en ek het nooit onthou nie, maar eendag het ek gehoor wat hy aan sy dogter gedoen het en toe was ek al mooi groot, toe voel dit ewe skielik of elke oomblik in daardie slaapkamer so helder soos daglig is, elke oomblik.Die  reuk die pyn die hartseer….

Wat sê ‘n mens?

Dit is ‘n boek wat ek probeer toemaak, dis soms makliker as ander kere. Ek het nou self ‘n dogtertjie en dit is bitter moeilik om nie elke man te verdink nie, maar ek besef ook ek kan haar nie agv daarvan terughou nie! Ek probeer dit net agter my plaas, maar soms gesels mense van oupa asof hy hierdie wonderlike man was, dan voel ek ek wil opgooi, want hy was ‘n vark. Hy was ‘n vieslike man! Hy het sy dogter verkrag en sy kleindogter gemolesteer, ek is so bly Liewe Jesus het hom kom vat toe ek nog so klein was, want ek is seker hy sou meer as net gevat het as ek ‘n bietjie groter was…..

Die einde!!!

Ek dink terug aan my jare op skool en ek besef net ek en pappa was nooit na aan mekaar nie. Pappa was ‘n ongelooflike kwaai man en ek was vreeslik bang vir pappa. Alhoewel in die koue nagte het pappa die komberse so stuif teen ons ruggies ingedruk en ek onthou hoe warm my hartjie dan geword het. Ek weet vandag dat baie van die dinge my eie skuld was, want ek het nie reg opgetree nie. Ek was maar ‘n los poppie, maar ek dink vandag terug en besef dat ek altyd liefde gaan soek het. Liefde by ouer mans! Toe het dit vir my helemal reg gelyk en gevoel, maar vandag besef ek net hoe verkeerd dit was. Ek besef ook net dat pappa my net wou beskerm, want hulle wou almal net seks gehad het. Gelukkig kan ek sê dat almal nie daarmee weggekom het nie….

Jammer dat ek pa soveel gryshare op skool gegee het. Ek wens ek kon vandag teruggaan en baie dinge van my skooldae verander. Die belangrikste van als is om my pa se vertoue en respek te kry. Ek het altyd gedink my pa het my nie lief nie en gee nie vir my om nie, maar vandag besef ek dat my pa my ongelooflik baie liefgehad het en net opgetree het in my eie belang. Ek is so jammer pappa. Dankie vir dit wat pappa daardie jare vir my probeer doen het, maar ek het die hulp net teruggegooi na pappa toe. Jammer dat ek ‘n snotkop bogkind was wat gedink het ek weet als van die liefde en hierdie mans is almal lief vir my. Ek was so dom! Dankie dat pappa my al die seer wou spaar, maar ek het steeds gekies om ander kanse te vat, ander paaie te loop op ander plekke die verkeerde liefde te soek.

Gedurende sielkunde sessies het hulle eendag genoem dat dit soms gebeur dat meisies wat as jong kinders of dogters gemolesteer word in party gevalle baie vinniger en vroeër in hulle lewens seksueel aktief word en met seks eksperimenteer. Hulle seksuele hormone in hulle brein is op ‘n te vroeë ouderdom ge-“trigger” en daarom soek hulle op ‘n vroeër ouderdom antwoorde en plekke om hierdie dinge te verstaan. Ek weet nie of ek dalk een van daai gevalle was nie – dalk was ek maar net los!

Jammer pappa! Jammer as jy skaam was vir my! Ek hoop dat jy nie weet wat regtig agter al die toe deure gebeur het nie. Jammer my liefste pappa.

Gedurende my jare op Universiteit het ek ‘n wonderlike man ontmoet pappa. My droomman, my sielsgenoot pappa, maar die lewe het weereens draaie gemaak en ons twee se paaie het op die verkeerde tyd gekruis. Dalk was dit met ‘n doel so. Ek verstaan nie altyd hierdie nootlot ding so lekker nie. Ek weet net, dat daardie man altyd my hart sal besit, maak nie saak waar ek is nie.

Ek het getrou en die dag wat ek die eerste keer getroud is, het ek besef daardie dag ek maak ‘n fout, maar ek wou pappa nie teleurstel nie en het deurgedruk. Soms wens ek ek het daardie dag die moed gehad om weg te stap. Ek weet daardie dag sou baie baie mense seergekry het en sou baie mense teleurgestel gewees het en sou baie mense ‘n lekker skinderstorie gehad het, maar ek sou pappa nooit deur die vernedering van ‘n egskeiding gesit het nie. Jammer daaroor. Ek weet jy was lief vir hom soos jou eie seun. Julle het ‘n ongelooflik band gehad en jy het saam hom gestaan deur die egskeiding. Ek besef dat jy deur dinge gesien het. Ek weet ook dat jy in ‘n mate helemal reg was, maar pappa dit was regtig nie die enigste rede nie. ‘n Mens kan nie getroud bly aan iemand as jy geensins aangetrokke is tot daardie persoon nie. Is dit wat pappa sou wou hê? Is dit beter vir kinders om groot te word in ‘n huis waar daar geen huweliks-liefde-seksuele-band is nie? Is dit nie iets wat kids by hulle ouers moet leer nie? Pappa en mamma was ‘n perfekte huwelikspaar, iets wat ek nooit sal hê nie.

Nog nie eers ‘n jaar na my egskeiding nie, is ek weer in ‘n verhouding en word swanger en trou weer! En dit was vir my pappa ‘n diepe teleurstelling – WEER! Jammer pappa. Ek het pappa soveel seer en vernedering veroorsaak! Ek is so bitter jammer. Ek wens ek kon terug gaan na daardie tyd in my lewe, want ek sou verseker ‘n paar dinge anders gedoen het. Ek sou vir een nie so gou in ‘n verhouding ingestap het nie, want ek was nie emosioneel stabiel daarvoor nie. Ek het in ‘n huwelik in gestap terwyl ek getreur het oor my groot liefde. Vandag weet ek dit, want vandag besef ek weer ek sit in ‘n huwelik terwyl my hart vasgevang is in sy eie huwelik (ook nie gelukkig nie), maar ons moet maar die pad stap wat ons gekies het, ek ‘n tweede keer gekies het. Ek wens ek en pappa het ‘n verhouding gehad waar ek met pappa kon gesels, maar ek weet ek sukkel tot vandag toe om met enige iemand te praat. Skryf is maar nog altyd my ding. Ek skryf as ek kwaad is, ek skryf as ek hartseer is en ek skryf as ek gelukkig is. Kan pappa glo ek tik tot vir my man ‘n boodskap of e-pos as ek ongelukkig is oor iets, want ek weet nie hoe om te praat nie. Is dit dalk omdat ek altyd als onderdruk het in my jonger dae dat ek vandag steeds sukkel om te praat.

Ai, pappa ek wou nog so baie tyd saam jou deurgebring het. Ek wou nog ‘n paar glasies wyn gedrink het as jy jou biertjie geniet het. Ek wou nog ‘n keer saam jou langs die kinders se rugby en netbalwedstryde gestaan het. Ek wil jou nog net een keer op jou voorkop soen.

Pappa, ek is nie gereed om vir jou tot siens te sê nie. Hoe groet ‘n mens iemand wat deel van jou hart en siel is. Hoe los jy ‘n stukkie van jou siel en loop weg?

Die Here kies ons pad nog lank voor ons gebore is, maar ek sukkel om Sy pad die keer te aanvaar.

Pappa sou sê, beweeg aan, ‘n mens huil nie so lank nie. Die lewe gaan aan, maar hoe gaan ‘n mens aan as jou lewe sterf?

Ek wou net nog een keer vir pappa kan sê ek is lief vir pappa. Dankie vir die absolute wonder mens wat pappa was en altyd in my hart sal wees. Dankie dat pappa so ‘n streng ouer was en ons die waardes van die lewe geleer het. Pappa het vir ons Bybel gelees en gebid, maar pappa het ons nooit versmoor met die Bybel nie, want pappa het gewandel in die Woord. Pappa het getuig van liefde, pappa se lewe was ‘n toonbeeld van omgee, vergewensgesindheid en liefde vir jou naaste. Wow, hoeveelkeer is pappa nie leed aangedoen nie, aangeval en gekaap en steeds het pappa net die ander wang gedraai, steeds het pappa net die goeie mense raakgesien. Dankie vir daardie voorbeeld.

Dankie dat pappa my ook geleer het dat ‘n mens uit jou eie foute moet raaksien en regmaak.

Ek gaan van nou af probeer om ook te leer uit my foute en beter te lewe, want ek weet dit is wat pappa sou wou hê.

Ek weet op hierdie stadium is my lewe ‘n redelike gemors en pappa sou dwarsdeur al hierdie dinge gesien het. Ek weet ek maak foute, maar ek maak nie alleen foute nie.

Sal pappa my help al is pappa ver? Kan pappa asb my help dat ek weer kan bid?

Ek mis pappa elke dag. As ek opstaan en as ek gaan slaap is pappa in my gedagtes. As die kids stout of soet is of seerkry wil ek so graag vir pappa vertel, maar ek kan nie. As ek goeie nuus kry of ‘n hoogtepunt in my werk bereik, wil ek pappa vertel. Ek weet pappa was trots op my werk en dat ek so hard werk.

Pappa, ek weet nie hoe om aan te gaan sonder jou nie. Pappa, op die stadium gebruik ek enige middel van ontsnapping en ek weet dit is nie reg nie, maar vergewe my asb. Ek het so seer in my hart dat ek soms voel iemand druk al die asem uit my uit – stukkie vir stukkie, maar ek gaan nie dood nie. Soms wil ek doodgaan om by jou te wees, maar ek het kindertjies wat baie klein is en nog nie hierdie ding van die dood so lekker verstaan nie. So ek moet nog ‘n rukkie hier bly, want ek weet as ek moet weggaan sal hulle hartjies ook seerkry.

Dankie dat pappa ons harte met soveel liefde en mooi nagelaat het dat ons pappa nooit ooit sal vergeet nie. Ons sal altyd pappa se voetspore wil volg, maar dit is ongelooflike groot skoene om vol te staan.

Pappa was my held, my hero en my alles.

Ek sal pappa altyd mis en altyd lief hê.

Dankie dat ek pappa se dogter kon wees.

Lief pappa tot oneindig einde kry.

Tot ons mekaar weer sien.

Al my liefde

xxxxxx

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Wie is ek?

Ek soek die stilte van die rivier om my. Ek wil staar na die water en my kop stilmaak. Ek wil geen kinderss, mans of honde eers sien nie. Ek wil net my kop stilmaak….

My kop is n tans n geraas van deurmekaar gevoelens.

Daar is n stukkie gewoel van verlies. Verlies deur die dood en verlies deur die lewe.

Daar is gewoel van woede vir due man. Die huweliksboot wankel maar tans, maar toe het die man ook nog besluit om knoppies te druk wat nie gedruk moet word nie.

So woel die dinge in die kop. Daar kom net nie n oomblik van stilte nie.

Hoe kry ek hierdie kop weer stil?

Happie vir happie.

Stukkie vir stukkie!

Ewe skielik hoor ek sy stem oor die foon. Ek hoor hierdie woorde in my kop. Praat hard met jouself en besluit wat vir jou belangrik is. Wat wil hy hê?

Nou woel ek daarmee….

Maar ek weet dit kan ek nie kry nie en dit was nie deel van die gesprek nie….

Wil ek hier wees, gaan hier my gelukkig maak. Of moet ek my hier gelukkig maak?

Om n ouer aan die dood af te staan was nog altyd my grootste vrees en ongelukkig het hierdie vrees n werklikheid geword. Ongelukkig het my man ook sy ma verloor n maand voor my pa…maar twee verliese twee mense twee helemal verskillende recovery prosesse.

Saam ons ouers het ons mekaar verloor!

Die grootvraag is: wil ek ons terug hê?

Ek kan nie daardie vraag antwoord nie, want wie is ons?

Wie is ons as die kinders nie hier is nie?

Wie is jy? Wat het ek in jou gesien dat ek met jou getrou het?

Dan die grootste vraag: Wie is ek?

Wat verdien ek?

Twee huwelike en vier kinders…en ek weet nie wie ek is nie.

Ek kan nie besluit wat ek wil hê voor ek nie weet wie ek is nie…

Waar begin hierdie soeke na my? Hoe vind ek myself as ek nie eers weet waar om te begin nie?

Ek weet ook dat ek n stukkie van my geloof verloor het toe ek my pa verloor het. Ek sukkel om te bid met geloof, want ons het gebid dat ons pappa gesond word en hy is weggeneem…

Hoe vind ek my geloof?

Hoe vind ek my?

 

Wat is die ideale ouderdom?

Gister luister ek na hierdie gesprek oor die radio: Wat is die ideale ouderdom?

Elke persoon se ideale ouderdom verskil. Elkeen met sy eie redes. So het ek begin dink aan wat is die ideale ouderdom vir my?

Ek is so bietjie van ‘n draadsitter, want ek wil nie sommer net een kies nie.

Eerstens sal ek graag weer 16 wil wees. Ek het goeie tye in my lewe gehad toe ek sestien was. Dit was lekker om saam met vriende te kuier. Dit was lekker om van pa en ma afhanklik te wees, maar dit was ook ‘n tyd in my lewe wat ek en my pa glad nie oor die weg gekom het nie. Hy het my gereeld ‘n snotkop genoem.

Tweedens wil ek weer negentien wees. Universiteitsdae! Dit was die lekkerste tyd van my lewe. Ek sal wel ook net weer teruggaan en ‘n paar dingetjies anders doen. Ek sal nie in ‘n ernstige verhouding gaan nie! Kuier rond – vry in die bondel en wees jonk!!!

Dan sal ek weer dertig wees. Ek is getroud, geskei en weer getroud en ek het my kids. Ek en my ouers het ‘n hegte band. Ek weet meer dinge! Ek verstaan meer dinge! Maak steeds verkeerde besluite, maar ek verstaan my eie besluite en gevolge. Niemand kan vir my pa staan behalwe ek nie. Ek oordeel nie mense so maklik nie – ‘n saak het altyd twee kante.

Ek dink die punt is, geniet elke ouderdom terwyl jy kan, want jy sal altyd terugkyk en dink hoe lekker daardie tyd was, maar daar sal altyd ietsie wees wat jy sou wou verander of eerder nie weer wil deurgaan nie.

Die Liewe Vader weet hoe hierdie dinge werk…..

Leef Voluit

Vrede en vergifnis

Wow wat ‘n wonderlike gevoel om vir die eerste keer in maande weer kalmte in my gemoed te voel.

Ek moet bysê dat ek vir amper vyf maande al skaars n oog toegemaak het. Baie aande het ek sommer n boek gelees. Ek het verlede week besef dis n probleem en medikasie aanvaar.

Die begin om n probleem op te los, is om te erken daar is n probleem.

Vanaand het ek vir die eerste keer weer my Bybel oopgemaak en gebid!

Ek weet daar is nog n lang pad, maar ek sien weer kans vir die lewe.

Dankie vir mense wat aanhou bid vir ons sonder julle is dit onmoontlik.