Druk op kinders vandag

Voor my kinders in laerskool was, kon ek nooit verstaan dat ouers se die kinders het te veel werk nie. Ek het altyd gedink mammas en pappas piep kinders te veel om en nou kan hulle kamma nie die druk hanteer nie. Wat ‘n “rude awaikening” toe ek ook kinders in die laerskool het.

Moet kinders in die laerskool nie ook nog tyd he om te speel nie? Ek onthou my groot word dae, my mamma het met ons gesit vir maksimum ‘n uur en dan was dit tyd vir modderkoekies bak, pap speel, gou netbal gaan oefen en nog speel speel speel. Teen vanaand was ons breintjies ontspanne en het ons weer volle krag gehad vir more.

Hoekom soveel druk om hierdie klein kindertjies sit? Hoekom soveel toetse, toesprake, take en huiswerk in een dag gee? Ja, baie van die huiswerk kry jy vir die week, maar elke dag is hope vol… so waar moet jy dit los en waar nie. Dan is daar nog sport ook!!

Hoe kan Gr 3 kindertjies drie netbalwedstryde in een oggend speel? Hulle lyfies is mos nie sterk genoeg om soveel wedstryde te kan speel nie?

Dan wil ek amper nie eers begin praat oor Welpierugby nie. Is dit seuntjies of is dit springbrokke wat in die span is? Moet hulle die sport geniet of wil julle afrigters en ouers hierdie klein mannetjies breek. Vrydagaand vyfuur rugby oefen as hulle Saterdagoggend twee wedstryde moet speel. Wanneer gaan hulle rus? Elke Saterdag wedstryde vir omtrent ses weke aaneen, my liefste seuntjie is doodmoeg hierdie naweek. Hulle maak dat rugby nie meer lekker is vir die kinders nie, want hulle laat hulle nie toe om te speel nie hulle moet net “perform”. Hoe party afrigters op hierdie klein mensies skree op die veld, laat my hare reis. Besef julle nie dat julle kinders breek en nie opbou nie, as ‘n kind in trane uitbars, moet jy bietjie selfondersoek instel meneer die afrigter. Mammas en julle moet bietjie na julle self kyk, kyk ‘n video van hoe jy tekere gaan, jy is ‘n belediging vir jou kind. Ondersteun jou kind, maar sjoe daar is darem berke.

My hart breek elke dag as ek sien hoe moeg my kinders is. Ek probeer om nie te veel druk op hulle te sit nie, maar ek moet ook streng wees en seker maak daar is dissipline om al die werk gedoen te kry. Ek is nie die onderwyser nie, ek is net die ouer, al word ek vies oor die tonne huiswerk, moet hierdie kleine lyfies dit steeds doen en hulle kan tog niks daaraan doen nie. Soms sukkel mamma ook om geduldig te bly, want boeta verloor konsentrasie… hoe dan gemaak? Seuntjies is nie dogtertjies as dit kom by huiswerk doen nie. Seuntjies dink aan karretjies speel en vliegtuie bou, maar huiswerk is nie op daai lysie nie.

Mammas hierdie briefie van my is dalk deurmekaar en maak dalk nie helemal sin nie, maar dis hoe deurmekaar my koppie voel met al hierdie druk op hierdie mensies.

 

 

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s