Woordelose dis ek Anna

Dit maal oor en oor en oor in my kop hierdie week. Ek hoor oor en oor my ma se stem Sondag in die kar nadat sy vertel het, hoe iemand wat sy ken se man se pa haar dogter gemolesteer het en sy is toe van die man geskei: ” ek sal dieselfde doen” se my ma.

In laerskool het ek een middag by my maatjie gaan kuier, ons was almal in haar ouers se kamer: ek, sy, my boetie, haar twee boeties en hy – haar pa. Ek kan nie onthou hoekom almal uit die kamer gegaan het nie, maar net ek en hy het agter gebly. Hy het my saggies om my lyf gevat en ewe skielik het sy hand van my been af onder my broek in gegly. Ek het dadelik losgeruk, op my fiets geklim en in die reen en wind huis toe gejaag. Ek was so geskok en dit het vir dae oor en oor in my kop gemaal. Ek het dit toe eendag vir een van my maatjies vertel. Min wetend dat sy dit die volgende dag vir die hele skool gaan vertel. Later het die een meneer my geroep en daaroor uitgevra ek het vreeslik gehuil, gevoel ek het iets verkeerd gedoen. Hy het my huis toe geneem, na sy vroutjie, waar ek uiteindelik aan die slaap geraak het van al die huil. Die meneer het my ouers gaan sien en hulle het my toe later gaan haal. Dit was aaklik. Die hele skool het geweet – hoe gaan ek weer skool toe? My maatjie was briesend en het op my geskree en gese: “Jy lieg jy lieg, my pa sal nooit so iets doen nie, jy lieg!!” My ouers was verslae, want dit was huisvriende – jy vertrou hierdie mense met jou  kinders dan gebeur so iets. Ek het vir baie lank sleg gevoel en vuil, maar later het al hoe meer kinders daarmee uitgekom dat hy dieselfde en baie meer met hulle gedoen het. Dit het my beter laat voel, want ek het  nog ‘n kind hierdie hartseer en vernedering gespaar, ek het later besef dit was nie my skuld nie!!!

Tog was daar iets wat altyd in my kop gemaal het: hoekom het ek so vinnig weggehardloop, wat het gemaak dat ek so vinnig reageer het. Is dit normaal vir ‘n dogterjie van my ouderdom? Dit was net die een keer en daar het iets gebeur, maar tog nie iets intiem nie… hoekom hoekom hoekom?

Dan gesels ek een aand met my sussie. Sy was ‘n groot slagoffer van hierdie VARK. Ek was dankbaar dat ek haar die verdere seer en vernedering kon spaar en dit tot ‘n einde kon bring. Steeds verstaan ek nie hoekom hierdie hond nie in die tronk beland het nie, maar nooit ooit ooit sal ek dit verstaan nie. Hy sal wel eendag moet verduidelik! Hy het kom jammer se: Jammer???

My sus vertel my toe dat my pa se sussie my pa gebel het en sy het iets baie aakligs met hom gedeel, iets onmenslik! Haar pa het haar as ‘n klein dogtertjie verkrag. WAT??? Wat se tipe pa doen dit aan sy eie eie kind? Nee, hoe leef sy vir al die jare met dit – alleen. Hy was toe al jare oorlede so nou is dit amper gedane sake.

Hierdie man wat ons oupa was, was ‘n baie wreede mens. Ons het ‘n wonderlike ouma (stief ouma) gehad met wie hy getroud is na my ouma oorlede is toe my pa nog ‘n jong seuntjie was. Sy was ‘n engel uit die hemel en sy het met die duiwel se regterhand getrou. Hy sal gaan drink in die kroeg in die middae nadat hy die kinders opgelaai het dan moet hulle in die warm kar sit en wag. Die hoteleienaar sou vir hulle broodtjies en koeldrank bring. Daarna moes hulle terug plaas toe. Wat se tipe pa is dit?

Na my sussie my vertel het van my tannie, is dit ewe skielik of daar iets aangegaan het in my brein, asof iemand na al die jare ‘n skakelaar aangesit het, ek onthou, ek onthou elke liewe kleine detail!

” Kom oupa se poppie, kom le hier by oupa” enige klein dogtertjie se grootste grootste droom en deur oupa vasgehou en vertroetel te word. Hoe dan anders? Oupas en oumas het kleinkinders mos lief. Ek sou langs hom gaan le het, hy sou sy hand om my sit en my nader trek. Dan sou ek sy rook asem ruik, als het na rook geruik, sy spierwit hare sou ek sien teen sy dik gesig………….ek gril sommer nou………vuilgoed! Hy sou dan sy hand onder my nagbroekie insit en dan onder my pantie en my sy vingers binne in my  ingaan… dit was baie baie seer. Hy sal dan aan hou se: “oupa is so lief vir jou, hierdie is my en jou geheim, oupa doen dit met jou, want oupa is die liefste vir jou” ek sou later se oupa dis seer, dan sal hy se: “oupa sal net ‘n rukkie stop” later sal ek vra oupa kan ek gaan piepie asb hy sal se”Maak gou oupa se poppie”. Ek sal so lank as moontlik in die toilet bly, dan hoor ek sy stem: “is jy klaar, oupa wag vir jou” Ek wou so graag wegslip na ouma toe in die kombuis, maar ek was te bang. So het dit aangegaan en aangegaan. Ek voel die pyn deur my bene skiet as ek vandag daaraan dit…jy is ‘n gemors !!! HOE kon jy dit doen? Jy is dood toe ek net sewe was, hoe klein was ek dan nie toe nie….jou groot vingers in my klein lyfie ingeforseer!!!

As jy maar net weet mamma, maar ek sal julle nooit deur hierdie pyn sit nie. Hiermee sal ek saamleef tot die dag wat ek doodgaan. Julle verdien nie die pyn wat julle sal deurgaan as ek dit vir julle sal vertel nie, julle sal julle verwyt oor wat julle kon doen, hoe kon julle nie geweet het nie, maklik hy was te slim. Hy was ‘n vark.

Vandag kan ek nie in ‘n gesprek sit waar mense enige iets goeds van hom se nie, want wat se goed is daar oor in ‘n vark wat sy dogter verkrag, klein dogter molesteer. Wat se goed is daar oor?

Tog het ek besef hoekom het ek so vinnig gereageer toe dit amper weer so ver gegaan het, iets het in my wakker geword om myself die pyn te spaar.

Hoe vertou ek ooit iemand saam my prinsessie vandag? Ooms, oupas, vriende, enige man? Tog kan ek nie my kind weerhou van almal nie. Sy moet kan lewe. Sy kan nie groot word as ek haar als weerhou nie en indien ek dit doen, sal sy my dalk eendag verwyt en dan losruk en hand uitruk. Ek kan nie my kind opsaal met my dinge nie. Al wat ek kan doen, is haar op ‘n manier waarsku dat sy met my kan praat indien enige iemand ooit so iets sal probeer, maak nie saak hoe naby daardie persoon aan my is nie!

Seks  is ook vandag vir my ‘n groot probleem Ek kan dit nie geniet nie Ja, ek is lief vir my man, maar soms voel dit vir my of ek so oneerlik is, want dit is tog nie ‘n plesier nie. Daar was al telke male wat ek wou huil gedurende seks, want dis net nie vir my ‘n mooi en skoon gebaar van liefde nie. Dis vuil! Sal ek dit ooit oorkom? Sal ek weer in ‘n egskeiding beland omdat ek nie my man se behoeftes wil bevredig  nie. Selfs drukkies is soms net te veel moeite! Dis voel altyd te na aan seks, asof jy net nou ‘n drukkie gee om later seks te kry….hoekom is seks tog so belangrik?

Hoekom?????

Advertisements

2 thoughts on “Woordelose dis ek Anna

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s