Hallo Dagboeg dag 2

Gereeld ontvang sy n sms. Soms net nag lekker doeks. Hugs. Maar elke sms laat haar hart uit haar lyf spring.

Hy vra haar om saam te gaan na n uitreik in die vakansie. Hoekom? Wil hy regtig he EK moet saamgaan?

Die tyd breek aan en ons vertrek…..

Sy wens dat hulle saam kan ry maar dit gebeur nie.😢 Soms voel dit of hy nie eers weet sy is daar nie. Hulle het tot woorde…vir die eerste keer! Onnodig. Niks is net soos sy gedink het dit sal wees tussen hulle nie. Sy sal altyd net die lelike eendjie vriendin bly.

Die volgende jaar bly sy nie weer op die kampus nie. Sy bly by mense in n huis. Hulle sien mekaar minder maar steeds gereeld. Sy gaan sit soms in sy kamer of slaap sommer op sy bed as hy nie daar is nie tot sy weer moet huis toe na al die klasse.

Als is steeds so platonies.

Tot een aand. Dit was vakansie. Dit was laat. Seker tien uur. Beep se haar selfoon. Dis hy. Kan ek kom koffie drink? Sy stuur terug: eks by die huis dis bietjie ver vir koffie. Hy stuur terug: ek wil nie meer net vriende wees nie. Ek is mal oor jou.

Haar wereld gaan staan net daar. Uiteindelik. Sy wag al so lank vir die oomblik.

Maar sy het nou net by iemand begin kuier. Hy het haar nodig hy gaan deur n moeilike tyd.

Vir dae worstel sy, want sy weet waar le haar hart. Waar sal hy altyd wees. Sy moet met trane in haar oe die aanbod van die hand wys.

Sy trek terug kampus toe en hy kom kuier meer gereeld. Hy kom kuier sommer een aand tienuur en gaan eers drie uur huis toe. Niks gebeur nie, maar albei voel die cemistry. Albei wil maar doen niks. Die totsiens drukkies hou bitter lank aan en totsiens word sommer drie keer herhaal.

Hoekom moet die lewe so onregverdig wees? Hoekom kan hulle nie net n kans kry nie?

Die vriendskap het dieper en dieper geword maar sy het gebly by die ander man…..

Liefde wat groei sonder woorde sonder liefdesdade net twee mense wat mekaar diep innig lief het maar net nooit die kans van liefde kry nie.

Advertisements

One thought on “Hallo Dagboeg dag 2

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s