Hallo dagboek

Sy stap by die trappe af, hy sien haar, hy onthou ek tikkie detail van wat sy aan het, maar sy sien hom nie raak nie…hoe kon sy hierdie beeldskone lang blonde man miskyk? Dit was nie lank nie of hulle ontmoet weer in die gange van die mankoshuis….hy is die buurman van haar vriende. Is dit toeval of is dit so bedoel?

Hy nooi haar oor vir n koppie koffie! Sy is baie opgewonde….hierdie beeldskone man nooi haar die lelike vaal eendjie oor vir koffie.

Dadelik het hulle aanklank gevind by mekaar. Die middag was vol grappe en lag. Hy bak haar ook n poets…sy vergeet dit nie. Sies vir jou! 😃Ons het nog lank daarna terug verwys na hierdie middag.

Hy en sy meisie van vier jaar het pas uitgemaak…weereens is dit toeval?

Haar hart bokspring…maar voel hy dan dieselfde. Kan hy? Die hings en die lelike eendjie?

Hy stap saam haar terug na haar koshuis. n Ware heer. Hulle bestaan nie meer nie.

Sy was dadelik hals oor kop verlief, maar sy weet dis al wat dit ooit sal wees…

Hulle sien mekaar tog gereeld, maar altyd gewoonlik net omdat sy die moeite doen.

Sy sit een aand laat en studeer nog vir haar eksamen die volgende dag. Ewe skielik beep die selfoon. Dis hy hy stuur n smsm. Sterkte vir jou eksamen more. Lekker doeks. Hugs.

HUGS? Regtig hy stuur n drukkie…. die hele nag dink sy aan die sms

Gee hy tog om? Hou hy tog van haar? Net n bietjie?

Hulle kuier in die kamer, luister Theuns Jordaan Beautiful in Beaufort Wes….dae kuier hulle saam. Net vriende. Lag en gesels.

Sy gewese meisie bly op die agtergrond. Sy hou nie van my nie, ek hou nie van haar nie! Hoekom?

Dis social aand…dans…dans..sal hy haar vra om te dans? Die aand gaan verby. Nie een dans nie😢

Weereens sit sy haar hart onder te trein se wiel. Leer sy dan net nooit nie?

Ons gesels  more verder dagboek….

 

Advertisements

One thought on “Hallo dagboek

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s