Dagboek 3

Dinge verander, want hy is klaar gestudeer en net sy bly agter, maar een ding wat nooit verander nie is hulle hegte band. Die sms bly oor en weer vloei.Hy bly die man van haar hart. Sy bly steeds by die ander man..goeie man!

Net soms ‘n sms: Hugs xxx Mis jou

Haar hart wil skree, kom haal my, vat my weg na jou wereld!

Sy studeer klaar en trek terug huis toe en begin sommer in ‘n naby gelee dorpie te werk… die kommunikasie bly steeds, maar dit word minder! Sy mis hom, sy wonder soms of hy haar ook mis soos sy hom mis. Sy wonder soms of hy besef dat hy steeds haar nommer een is? Kort na lank raak sy verloof en reel troue…nee nie met hom nie! Hy word troue toe genooi en aanvaar die uitnodiging.

Dis die dag van die troue… Haar gedagtes maal oor en oor en oor. Gaan hy opstaan en die troue stop, as die dominee vra? Sal hy daar vir haar se (soos in die movies) ek is lief vir jou, ek wil die res van my lewe saam met jou deurbring….Terwyl die gedagtes in haar kom maal, beep die foon: Jammer maar ek kan ongelukkig dit nie maak vir die troue nie, my date kan nie kom nie! Haar hart breek net daar in stukke…hy kan nie kom nie…hy kan haar nie kom red nie…..dis verby…dis die laaste kans…..

Die dag van die troue is dol: hare, make-up, fotos ens ens ens

sy kry nie kans om te dink aan die hartseer nie, sy trou vandag, met ‘n man wat haar bitter baie lief het, n man wat goed is vir haar, wat haar altyd op haar hande sal dra, sy moet vergeet sy moet aangaan.

Die troukar stop voor die huis, dis tyd…sy en die bruidsmeisie klim in die motor, hulle vetrek na die kerk, by die kerk ry die motor in en stop voor die deur.. Ewe skielik kom die volgende woorde uit haar mond: Ry RY RY…..

Die motorbestuurder is geskok…maar hy trek weg….waarheen moet ek gaan? Sy huiwer vir ‘n oomblik, die oe staar na haar, sy dink vinnig…. ry maar net ‘n draai antwoord sy, die mense is nog nie almal in die kerk nie…dis nie waar nie, dis die blommemeisie se mense wat voor die deur staan, maar sy  moet wegkom… vir tien minute is daar stilte in die motor en hulle beweeg deur die strate, haar kop maal oor en oor, maar sy besef sy kan nie nou kop uittrek nie, wat sal almal dink, wat sal haar ouers se? Sy hoor haarself: gaan maar kerk toe, dis seker nou tyd.

Haar pa en blommemeisies wag voor die deur, niemand sê ‘n woord nie.

Almal is reeds binne, dis nou haar beurt. Haar pa vat haar arm en hulle loop die paadjie af na die kansel, sy hoor haar pa: Smile… maar sy kan dit nie regkry nie, die trane stroom van haar gesig af..sy moet net keer of sy gaan kliphard huil. Smile my kind, smile. Hy gee haar vir hom, nou is dit verby.. Sy glimlag en vat die oomblik soos dit is – dis verby – vir altyd.

Sy onthou tot vandag toe, dit was verseker nie vir haar ‘n gelukkige dag nie, hulle was albei in hulle eie rigting omtrent die hele aand. Almal het lekker gekuier, gedans en gedink hierdie is die perfekte paartjie. TOE NIE!!!

Sy en die ridder op die wit perd het nooit ophou kontak he nie. Hulle het altyd bly sms en bel…maar dit vertel ons volgende keer…

Tot later Dagboek

 

Advertisements

One thought on “Dagboek 3

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s