Dagboek 4

Sy is getroud en hulle vertrek na hulle wittebrood. Wat ‘n ramp? Dis veronderstel om lekker tye te wees, baie liefde maak sessies, baie lag, baie van als, maar vir haar net ‘n vakansie. Niks is spesiaal nie, seks is moeilik, sy wil nie dit doen nie, maar dit is immers hulle wittebrood, wat se verskoning kan sy tog he…

Hulle was tog getroud vir ‘n paar jaar. Nooit fireworks nie, maar darem ook nie fight nie. Hulle het ook kinders gehad. Hulle het goeie tye gehad, hulle was beste vriende, maar die spark was net nie daar nie. Hy was goed vir haar, maar hy het ook ‘n ander wereld gehad – sy eie wereld. Hy kom uit ‘n wereld van kuiers saam vriende, lag, drink en gesels. Sy aan die ander kant stil by die huis, geen drank en sommer net rustig wees. Die werelde het begin skei stadig maar seker.

Tussen deur die huwelik is die ridder altyd steeds op die agtergrond. Niks onvanpas, maar tog onvanpas, tot een dag, toe verander sake.

Hulle eerste kleintjie is skaars gebore, sy is skaars uit die hospitaal by die huis, maar sy en haar man is myle van mekaar geskei. Sy le in die nagte wakker en dink net aan die ridder. Sy begin al hoe meer dink sy moet hom se hoe sy voel..NEE jy kan nie jy is getroud. Hy is inelkgeval nie meer in SA nie. Die begeerte om ‘n brief te skryf begin ‘n opsessie word, maar sy het inelkgeval nie ‘n posadres nie en sy het nie ‘n rekenaar. Sy vergeet van die idee.

Kraamverlof is verby.. sy gaan terug werk toe..dinge is nie lekker by die werk nie…sy kry ‘n e-pos van hom af..al die pad van anderkant die water. Sy wil uit haar nate bars. Hy het haar steeds nie vergeet nie. Sy moet hom sê hoe sy voel en nog altyd gevoel het. Hy moet net eenvoudig weet. Dit gaan seker niks kan verander nie, sy is getroud, sy wil nie ‘n statistiek word nie, sy wil ook nie ‘n affair hê nie, sy haat mense wat affairs het, maar is dit nie maar wat sy die hele tyd in haar hart doen nie? AFFAIR!!! Sies jy is ‘n vuil mens, jy breek iemand anders se menswees af. Hy sal als vir jou doen en dis wat jy vir hom doen!! jy is ‘n monster!!!

Die briefie begin… sy tik en vee uit, tik en vee uit…. tot die woorde reg is. Sy vertel hom presies van die dag wat sy hom ontmoet het tot vandag. Hoe sy in die aande wakker le en dink aan hom en wens dat hy die man was langs wie sy wakker word.. alles. Sy huiwer ‘n paar keer, maar sy druk Send. Bang maar tog so opgewonde. Sy sit en wag in spanning om te kyk of hy haar vir altyd gaan afskryf.

Sy werk verder. Sy kan nie haar e-pos kyk by die huis nie, sy moet wag tot more.

Sy maak vroeg klaar die oggend sy kan nie wag om by die werk te kom nie. Sy kan nie wag om te sien of hy terug gestuur het nie. Tog weet sy wat sy doen is nie reg nie, maar sy kan nie help nie. Dis hoe haar hart voel nog altyd gevoel het, sy moes nooit toegelaat het dat dinge so ver gegaan het nie. Sy moes daai tyd sy uitnodiging vir koffie aanvaar het. Hoekom bly waar sy nie wil wees nie?

Sy maak dadelik haar e-mails oop. Send en Receive! En daar sien sy sy naam, sy maak dadelik oop en begin lees… Hy vertel hoe hy haar gesien het daai dag toe sy by die koshuis by die trappe afgekom het, die dag wat sy hom nie eers raakgesien het nie. Hy vertel presies wat het sy daardie dag aangehad. Elke klein detail van daai dag vertel hy. Hy vertel hoe hy steeds oor haar voel. Hoe sy haar na haar hart smag. Hoe hy wens hy kan haar net vashou. Hy se ook dat hy gejok het oor die troue. Dit het nie gegaan oor die date nie, maar hy kon nie kyk hoe ek met ‘n ander man trou nie. Hy wou met my trou, vir altyd saam my wees eendag saam my op die ouetehuis se stoep sit. hy sê sy moet gaan luister na ‘n song van Eden 54 Vyfde straat. Sy ken nie die liedjie nie, maar vra ‘n kollega en vriend of sy die liedjie ken. Sy doen sy vertel haar waaroor die liedjie gaan….

EDEN 54 5DE STRAAT LYRICS

Jy sê jou liefde’s nie te koop nie
en jou hart lê steeds by my
maar ek het nie wat hy het nie
en by hom sal ek jou kry
Ek onthou jou nog soos gister
maar dis al verbrande as
En ek kyk net hou jy wegwaai
soos jy vir hom sê kom hou my stywer vas

54 5e straat
het ek vir jou gestaar deur die ogies draad
waar jy staan
by ‘n ander man
54 5e straat
het ek so gewens om aan jou te raak
maar daai draad
sê dis reeds te laat

Jy’t gesê ek’s ‘n dromer
En ek stap die pad alleen
Maar dit alles sou ek opgee
Vir ‘n druppel somer reen
En na 30 jaar van nou af
Lê jy in sy arms koud
Sou jy 5e str ooit afstap
Aan my deur klop vir my vra
Kom saam my ou

54 5e straat
het ek vir jou gestaar deur die ogies draad
waar jy staan
by ‘n ander man
54 5e straat
het ek so gewens om aan jou te raak
maar daai draad
sê dis reeds te laat

 

Hoekom het sy nooit geweet dis hoe hy voel nie. Hy staar deur die draad na waar sy in ‘n ander man se arms staan, maar hy weet nooit dat sy in die ander man se arms staan en smag na hom….

Wat nou? Wat nou gemaak met al hierdie inligting? sy is getroud hy is ver weg…

Vir jou sal ek lief he tot die dood ons eendag skei. Vir jou sal ek altyd wag tot die dood ons eendag skei….

Die e-posse vloei oor en weer oor en weer word liedjies opgedra na mekaar.

Hy bel tot een dag al die pad uit die ander kant van die wereld. Sy is so bly om sy stem te hoor. Hy kom terug SA toe. HY KOM TERUG!! Wat nou? Gaan sy hom sien?

Hulle het in tussen besluit om hulle gevoelens opsy te sit en vriende te wees, soos altyd, hulle vriendskap is iets wat nie een van hulle ooit wil verloor nie.

Hulle reel dat hy sal kom kuier. Sy kan nie wag vir daai dag nie. Sy gaan haal hom, by ‘n winkelsentrum. Hulle oë ontmoet mekaar, albei begin ‘n drafstappie na mekaar toe. Hulle spring in mekaar se arms, hou mekaar styf vas, gee ‘n hallo soentjie… ons is bymekaar. Hulle loop deur die sentrum, gaan drink ‘n koffie en gesels asof daar nie ‘n dag verby is vandat hulle mekaar jare gelede gesien het nie. Hull vertrek huis se kant toe, nadat hy vir haar Theuns Jordaan se CD gekoop het, hulle CD. Hy speel vir haar liedjies op pad huis toe. Onder andere… Romanz – Ti Amo – Liefling Ek het jou lief….

Die aand sit hulle en gesels tot die son amper opkom. Dis so lekker om hom by hulle te he. Sy wens so sy kon agter sy rug gaan inkruip. Die volgende dag kuier hulle, hulle ry op en af (ja haar man is ook daar) hulle besluit om te gaan dans die aand. Haar man wil nie veel dans nie (ek dink in sy hart weet hy wat aangaan, maar hy bly dood stil) hulle twee dans soveel liedjies, hulle dans en gesels… al wat hulle wil doen is mekaar vashou daar op die dansvloer en mekaar soen. Nee, sy is getroud haar man sit daar…hy lyk nie meer baie happy nie. Sy moet met hom ook gesels en aandag aan hom gee. Oppad huis toe (hy sit voor by haar man) stuur hulle vir mekaar smse, oor hoe graag hulle net saam wil wees, dis so moeilik om nie mekaar te gryp en te soen nie……. Toe hulle by die huis kom, het haar man gaan slaap en hulle twee het nog aanhoudend gesels weereens tot vroeg oggend..hy moet al amper huis toe gaan. Dis tyd om te gaan inkruip, hulle staar mekaar baie lank in die oë, maar hulle gee ‘n drukkie, bly vir ‘n paar minute in mekaar se arms en gaan na verskeie kamers en gaan slaap. Hoe leef mens so ver, maar so naby aan mekaar?

Hy vertrek terug huis toe die Sondag. Haar hart wil breek. Hy groet vinnig en loop net weg. Is dit dit? Sal sy hom ooit weer sien? Hy gaan eendag sy eie meisie en vrou hê, sy moet dit aanvaar. Sy het gekies om te trou. Sy kan nie in leuens bly lewe nie. Haar man en kind verdien dit nie. Sy moet haar afsny sy moet fokus op haar familie.

Sy sê vir hom dat hulle net kan vriende wees, hulle kan nie verder fansateer nie. Die lewe het ons verskillende paaie gevat en nou moet ons daai paaie leef. Ons keuses het hiertoe gelei…..

Vriende….of niks….wat kies ons?

 

 

 

 

Advertisements

One thought on “Dagboek 4

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s