Dagboek 5

Tyd gaan verby en hulle sien mekaar nie. Kontak hou hulle tot die minimum, want hulle kan nie die grense oorsteek nie.

Dinge by die huis gaan rof. Sy en haar man gaan maar net aan, elke sy eie rigting….. is hulle regtig ‘n getroude paartjie of is hulle net twee mense wat getroud is en in dieselfde huis bly?

Sy sukkel soms om die afstand tussen hulle te verwerk en soms voel dit of hy net nie daar wil wees nie..ja, sy is nie onskuldig nie, want sy is ook nie daar nie. Hulle kleintjie word vroeg gebore, want sy is vroeg in kraam in, dokter doen ‘n noodkeiser, sy word terug saal toe gevat, maar haar man is nerens te siene nie. Later vra sy die sister of hulle kan uitvind of haar baba oky is, sy weet niks. Waar is my man dan? Sy bel..hy is by die huis, hy is moeg en honger.WAT? Hy wag nie eers net dat sy terug is saal toe nie, sê nie eers vir haar of haar baba oky is nie!!Wat se tipe man doen so iets????? Selfs haar ma is verstom oor hierdie optrede.

Was dit die begin van die einde?

Hy is afwesig met die kleinding. Help nie, hou nie vas nie.. bond glad nie!!!

Sy en die ridder het nou weer kontak, dit word meer en meer. Sy huil gereeld by hom oor dinge wat verkeerd is by die huis.

Die aand voor die doop is daar ‘n huis vol mense, sy probeer die kos maak vir al die mense, tafels dek ens ens ens en hy sit net voor die tv. Help nie met die kos nie niks niks niks.

Weereens gesels sy met die ridder. Hy doen die moeite gaan doen navorsing op die internet om te kyk om haar raad te gee. Daar moet iets wees om te doen om hierdie huwelik te red, want hy is op die afdraande pad. Hy praat haar moed in en sê sy moet net ontspan als sal goed gaan vir die doop.

Dis nie lank nie of sy kry een dag ‘n boodskap wat se sy skuld ‘n enorme bedrag op haar kredietkaart, sy skrik so groot, want sy weet sy skuld niks, nie een sent nie, sy het hom klaar betaal. Waar kom dit vandaan? Sy bel heel eerste haar man, hy sê hy het nie haar kredietkaart gebruik nie. Sy gaan trek state om te sien wat se transaksies is deur op haar kaart. Tot haar verbasing is haar man se werk die verwysings vir die transaksies. Hy antwoord nie haar oproepe vir die res van die dag nie! Dit was hy!! Hoekom? Hy het nie eers teken reg op haar kaarte nie…. Hy kom later by die huis en sy is briesend kwaad. Hy ontwyk al haar vrae.

Een ding wat haar pa haar geleer het, is dat jy nooit lieg nie! Hy lieg blatant vir haar! Aanhoudend. Hy ontken dat hy haar kaart geswipe het. Leuens na leuens na leuens…. Niks wat hy sê maak sin nie. Tot al hulle spaargeld wat hulle moet dra deur kraamverlof is klaar…hoe gaan hulle oorleef? Hy lief oor wat hy met die geld gedoen het, sy kan dit net nie vergewe nie!

Dinge gaan baie sleg tussen hulle. Hy lieg verder, sy weet nou nog nie die waarheid nie, sy trek al hoe meer terug.

Ridder as al een met wie sy kan praat. Hy weet wat aangaan. Hy kom kuier in die middel van hierdie warboel Dinge is die keer bietjie minder intens tussen hulle, want die kiddies is daar en sy moet aandag daar ook gee. Hy is wonderlik met die kids, hulle love hom. Hy speel met hulle…..

Hy moet na ‘n vergadering gaan die Maandagoggend en dan sal hulle ontmoet vir ‘n ete iewers, maar ter wille van haar huwelik gebeur dit nie. Hulle spandeer ‘n oomblik alleen in die kids se kamer, waar hy geslaap het, voor hy vertrek, dis amper dat hulle mekaar soen, maar hulle altwee tree terug… die trane vloei weereens en hy vertrek terug. Gaan sy hom nou weer sien?

Hy probeer terug staan, want hy besef dinge gaan baie sleg…….

Hy is skaars weg toe sy hom weer bel in trane…sy se hy het die hele tyd gelieg oor die geld. Hy het nou gese hy het dit getrek…..werkstories…wil dit eerder nie hier uitbring nie…het hy dan bedrog gepleeg??? WAT???? Hy ontmoet haar toe by ‘n Kitskosrestaurant se parkering, sy is histeries, hy kalmeer haar, hou haar vir ‘n rukkie vas en praat haar moed in, sê sy moet terug gaan en dit gaan uitpraat. Sy wil net vir die ridder vasdruk en soen, want hoekom nou terughou? Hy keer! sy kan nie nou iets doen waaroor sy later gaan spyt wees nie!! Goeie man!!! Sy keer terug na haar familie met die wete dat dinge nou te ver gegaan het. Sy kan nie so leef nie.

Dinge verbrokkel meer en meer, sy en die ridder begin al hoe meer kontak he. Die keer meer intiem. Sy sê sy gaan skei, hy probeer keer……

Sy kan nie getroud bly in hierdie omstandighede nie.

Die boodskappe oor en weer raak meer en meer intiem, meer seksueel en meer sensueel. Sy reel ‘n naweek weg, sy het tyd nodig om te dink oor haar huwelik (dis wat haar man dink) sy bespreek als. Sy laat weet die ridder waar sy gaan wees, hy kan kom as hy wil…

Sy is vroeg middag daar en hy sluit toe later by haar aan. Hulle omhels mekaar, asof sy nie getroud is nie. Hulle besluit die naweek gaan hulle naweek wees. Die naweek wat sy ongetroud is…..Hulle ry gaan koop aandete, gaan sit langs die rivier…. als wat sy nog altyd wou hê. Hulle staan albei in die kombuisarea, daar heers ‘n stilte vir ‘n oomblik, hulle beweeg stadig nader en nader aan mekaar…die eerste soen….dit voel of dit vir altyd aanhou. Hulle is in diepe omhelsing en dis asof daar niemand anders in die wêreld is as net hulle nie. Die naweek was vol van soene, drukkies en selfs ‘n bietjie teasing, maar hulle het nie seks gehad nie. Dit was nie reg nie! Dit was die beste naweek van haar lewe. Sy het geweet sy moet skei en dis presies wat sy vir haar man gaan sê as sy hom sien.

Sy en haar man besluit toe om eers vir berading te gaan en te kyk of daar ‘n laaste kans is om die huwelik te red. Sy was klaar onttrou, dit is nou verby! Hulle het gegaan, maar aan die einde van die dag was dit als tot niet. Hulle is geskei…op goeie voet.

sal sy en die ridder nou hulle beurt kry?

Advertisements

6 thoughts on “Dagboek 5

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s