Het die ridder afgeval

Ek skryf my dagboek op papier, want ewe skielik voel dit of ek moet skryf oor my diepste binneste..ek voel tog beter.

Dit pla my net dat ek hom die ridder weereens nie uit my kop kan kry nie… Vir dae dink ek aan hom. Ek sniffel rond op sy facebook, ek sien sy vrou is swanger en dit maak my mal. Hoekom kan ek nie vir hom bly wees nie? Hoekom kan ek nie net aanvaar hy is getroud nie? Ek is ook getroud – weer!!!

Ek stuur toe die verbode e-mail:

Hi. Hoe gaan dit?

Gaan ek terug stuur? NEE hoekom sal hy hy het lankal van haar vergeet en wil niks met haar uit te waai he nie.

Verkeerd! Sy naam verskyn: Hi. Goed dankie en jy?

Wat het hy my nie vergeet nie?

Daar word ‘n paar baie platoniese e-mails verruil tot hy die vraag vra: Hoe gaan dit met die getroude lewe?

Ek antwoord: Beter as die eerste een …haha…ek is mos ‘n moeilike endjie mens. En joune?

Hy antwoord: Geen klagtes nie. Eks bly jy is gelukkig.

Wat beteken geen klagtes? Is hy gelukkig of nie?

Hy sê hy het gewonder hoe gaan dit met my ‘n rukkie gelede toe gaan sniffel hy op my facebook rond.

Voel hy dan steeds oor haar soos sy  oor hom?

Moet hy eerder nou hom finaal delete voor als weer hand uitruk?

Advertisements

2 thoughts on “Het die ridder afgeval

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s