‘n Nuwe dagboek moet begin

Nadat hy by haar huis weggery het en sy later die aand ‘n boodskap kry wat bevestig dit is verby was sy verpletterd….. hoekom moes dinge so eindig? Het hy dan nooit regtig oor haar gevoel soos sy oor hom nie, wou hy maar net uiteindelik in haar klere kom?

Sy probeer soveel moontlik kontak vermy…die seer vermy, maar hy maak dinge nie maklik nie. Uit die bloute laat die aand sal die foon weer beep: mis jou…… Sy probeer dit ingnoreer niks terug stuur nie, maar soms is dit moeilik..sy huil lang trane, haar lewe begin uitmekaar val.

Sy begin al hoe meer kuier saam mense wat meer drink as wat sy ooit in haar lewe gewoond was. Mense wat vir haar meer liefde gee as wat sy in ‘n baie lang tyd gevoel het. Mense wat hulle huis se deure oplos vir haar om enige tyd in te kom. Mense wat die glase vol hou…

Sy is nie drank gewoond nie, sy raak vinnig tipsy, maar dis ‘n lekker gevoel. Sy voel gelukkiger vir daardie oomblik as ooit.

As die kinders by die huis is, probeer sy haar beste om net kop te hou, sy kan nie uitrafel nie, maar as die kinders weg is vir die naweek, val die tor af en hak sy helemal uit. Sy mis alles..sy mis ‘n man wat tog vir haar lief was, maar sy het hom laat gaan, alhoewel haar hart nooit daar was nie. Sy mis ‘n ridder wat haar hart vir solank gehad het, maar hom net weggegooi het. Weggegooi het, want hy is nie bereid om haar kinders groot te maak nie, hy wil sy eie familie begin. Hy wil haar alleen hê, hy wil haar nie deel met kinders nie… hoe selfsugtig is dit nie, maar sy kan dit ook nie van hom verwag nie. Hy moet ook ‘n geleentheid hê om ‘n nuwe gesin te begin, een sonder bagasie….

Hoekom los hy haar dan nie net helemal uit nie?

Sy besef eendag dis omdat daar altyd iemand anders was….sy was net die ander vrou…..sy verdien dit seker, want hy was altyd die ander man in haar lewe, haar eie man moes altyd tweede wees.

Sy probeer vergeet en gaan een aand uit saam met ‘n klomp vriendinne. Sy sien ‘n oulike mannetjie wat ook sy flikkers na haar kant toe gooi… Regtig ek, die vaal lelike eendjie? Later vra hy haar om te dans…hulle dans sommer ‘n paar liedjies aaneen. Sy voel verlig. Sy voel dalk is sy nie so sleg nie. Sy voel dalk kan sy oor begin.

Sy doen dinge wat sy nooit voorheen in haar lewe sou doen nie….dinge wat haar vandag laat sidder…dinge wat sy vrees haar kids sal doen en dit draai verkeerd uit.

Die vreemde man nooi haar om saam hom by ‘n ander plek te gaan kuier toe dit toemaak tyd word. Hy ry saam haar, hy het saam met ‘n vriend gekom. Hulle ry later rond en rond en rond tot sy hom oornooi na haar plekkie…’n vreemde man??? Hy was gelukkig ‘n ware heer en bied aan om op die sitkamerbank te slaap, sy slaap in haar bedjie. Hulle het toe lekker kuier vriende geword, hy het gereeld by haar kom kuier. Dit was lekker om met iemand te gesels. Hy wou geen commitment hê nie en sy het geensins kans gesien vir ‘n commitment nie.

Een aand nooi sy hom vir pizza en dvd’s….hy kom daar aan en sê vanaand is dit net ek en jy…geen werk geen ander mense net ek en jy….relax vergeet van alles. So het dit gebeur. Hulle dra die TV na haar slaapkamer, kry die pizza’s en begin DVD kyk…..wat ons veronderstel was om te kyk, kan ek nie onthou nie, want ons het ons eie movie gemaak daardie aand. Eers het ons die dvd begin kyk, maar kort voor lank het ons begin soen, warm soen…..’n paar keer probeer hulle stop, maar kort voor lank neem die drange van lank alleen wees oor…later begin die klere vlieg….hulle begin soen en liefdemaak (hierdie het nooit soos seks gevoel nie, alhoewel hierdie ook net sex was – one night stand) vir ure het dit aangegaan tot die dvd stop toe stop hulle ook…. WOW wat ‘n oomblik!

Weereens het sy nog ‘n vriend verloor…seks gekry en gegaan en nooit weer teruggekom nie……

Sy is ‘n regte slet wat saam met enige man in die bed spring vir aandag…hoekom kan sy nie mans se aandag op ‘n ander manier kry nie? Hoekom moet sy so laag daal? Dit was van skool af die geval…’n storie vir ‘n ander dag.

Hy moes haar vergesel na ‘n troue, nou wat nou? sy wil nie alleen gaan nie. Sy moet vinnig ‘n ander date kry……

Sy begin nou beter voel oor haarself, sy drink en kuier nog baie, maar sy begin besef dat sy nie so ‘n lelike eendjie is nie Sy kan ook Aspoestertjie wees! Die prins met die verlore skoen sal haar vind, of gaan sy hom weer vind.

Sy kyk op Facebook en sien ‘n naam, ‘n bekende naam, ‘n skool verlore liefde naam..sy moet hom sms hy kon haar nooit weerstaan nie…dalk kan sy die keer iemand kry wat haar nie kan weerstaan nie, dalk sal sy dan nie weer seerkry nie.

Die sms gestuur, hy weet nie wie sy is nie, maar kort voor lank besef hy dit is die meisie vir wie hy lank gewag het, die meisie vir wie hy ‘n bynaam gehad het en dis al naam wat hy geken het. Dadelik het hulle onophoudelik gesels…..

Hy het iets aan die naweek en kan nie saam haar troue toe gaan nie, sy vra ook nie.

Hy sal kom kuier’n ander naweek…..

Wat gebeur dan?

Advertisements

One thought on “‘n Nuwe dagboek moet begin

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s