nuwe dagboek 2 vervolg

Hulle twee vertrek terug na haar plekkie. Hulle gesels land en sand. Sy praat so baie mens sal dink sy het jare laas gepraat….

Sy vertel hom alles…..sy vertel hom van die ridder….groot fout op die langtermyn, maar nou weet hy. Sy vertel presies hoe sy oor hom voel ens ens Kan een mens so dom wees.

Sy wys hom haar trou album, fotos van die kinders ens ens Hulle gesels amper tot die son opkom…..

Hulle gaan kruip toe uiteindelik in. Hy slaap sommer in die kids se bedjie.

Hulle besluit die volgende oggend om n brunch te gaan eet by die mall…langs die water…en sommer n cocktail drink. Sy het lanklaas in haar lewe soveel fun gehad.

Hy gaan koop vir haar n CD…sommer net😊

Hulle lag so lekker dat die mense hulle snaaks aankyk, maar nie eers dit pla hulle nie. Soms staar hulle in mekaar se oe….rustigheid vul haar gemoed. Ewe skielik is die lewe weer oky.

Hy gaan huis toe die Maandag, want dis n vakansiedag….

Hulle spreek af dat sy die volgende Donderdagaand daar sal gaan kuier want sy is Vrydag af en die kiddies is nie tuis nie…..

Donderdag breek aan. Sy besluit om by n vriendin te stop vir koffie, want hy is nog by die werk.

Dit was al donker toe sy daar aankom, dis Augustus so dis vroeg donker en koud. Hy bied haar n glase wyn aan….sy sluk dit weg in shooter glasies….

Hulle twee moet iets in die motorhuis gaan haal… voor die motorhuis kom hulle voor mekaar te staan, vir n oomblik staar hulle diep in mekaar se oe……eers n drukkie en toe is die versoeking net te groot….hulle soen mekaar…die eerste soen….😆

Die wyn vang haar en sy spandeer n groot deel van die aand voor die toilet deur….nie n goeie begin nie😯. Hy kyk so mooi na haar en sit haar in die bed. Sy voel skaam. Dis die eerste keer in haar lewe dat sy so dronk is en syt nie eers so baie gedrink nie…

Maar hierdie was die begin….

Sy bly die volgende dag tuis, hy gaan werk. Sy maak aandete voor hulle gaan dans.

Sy kan nie meer wag nie, hy kan goed dans. Hulle is grasieus op die dansvloer.

Hulle kuier weer tot vroegoggend….slaap in mekaar se arms…hulle is smoorverlief

Die telefoonoproepe oor en weer is bitter baie…die kuiers word meer en meer….die liefde groei elke dag…

Tussen al die goeie tye, lag, gesels, wyn drink en liefde bly daar n slang sy kop deur die gras druk….n sms laat nag van die ridder. Elke keer krap dit haar om, maar sy reply elke keer. Hy raak gatvol en  verbied haar enige kontak met die ridder……sy moet kies….

Sy se sy sal kontak stop, maar steeds stuur sy weer n e-mail. Sy se hom na die tyd, maar het die e-mail uutgevee…hy is briesend verby!!!

Dis amper die einde….maar hy vergewe haar.

Na n naweek weg en n groot uitval ry sy die Sondag op pad huis toe na hom toe. Sy weet sy was baie lelik met hom en weereens het hulle baklei oor die ridder…

Sy gaan vir hom se sy is lief vir hom!

Sy het ook en hy is lief vir haar.

Dit was nie lank nie of hy het by haar kom intrek, want hy het nader werk gekry…

Hulle besluit hulle wil trou April….

Oeps toe werk dit nie so nie. Sy word swanger. Haar ouers was baie geskok hulle het nie besef die vwrhouding was so ernstig nie. Hulle ken die man skaars, maar pa gee sy blessing…

Hulle is twee maande later getroud en is nog steeds getroud.

Geensins maanskyn en rose huwelik nie. Soms wonder sy of die huwelik ooit vir haar bedoel is.

Die ridder smokkel met haar kop…gelukkig net haar kop en net soms….

Sy is gelukkig getroud.

Advertisements

6 thoughts on “nuwe dagboek 2 vervolg

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s