Skooljare…

Skooljare, wow dit voel soos ‘n leeftyd gelede.

Ek sal begin om hulle storie te vertel…iets uit ‘n movie…

Sy het in ‘n kafee op die klein dorpie gewerk vir ‘n sakgeldjie. Haar ouers het dit nooit breed gehad nie, maar al het hulle ‘n ekstra geldjie gehad het hulle altyd daaraan geglo om mooi met geld te werk, nooit spandabelrig nie.

Sy stap gewoonlik orals waar sy wil wees en het nou al gereeld hierdie vreeslike sexy man in die bakkie in die strate raakgesien, hy is verseker nuut in die dorp, want hier ken almal almal.

Dis nie honderd jaar nie, of hy stap by die kafee in terwyl sy werk. Sy kan haar oë nie glo nie, is dit werklik hy…wow hy is mooier as ‘n mens. Sjoe, boetman wie is jy??

Gelukkig ken die winkeleienaar hom en stel ons voor, hy werk hier buite die dorp, maar bly in die dorp…wow sy hoop sy gaan hom weer sien

Sy besef dis ‘n fantasie en sy moet vergeet van hom. Hy werk sy is ‘n skoolmeisie.

Dis nie lank nie, toe sien sy sy bakkie by die buurtannie se huis, kan dit wees, bly hy daar? Kan sy nou so gelukkig wees, dan kan sy hom sommer baie sien? Sien is fine met haar!!! Dis toe geluk by die ongeluk, hy bly nie daar nie, maar sy vriend bly daar…so sy kan hom baie sien.

Kort voor lank besef sy, maar hy hou dalk ook van haar. Hy is ‘n gladde bek en sê presies net soos en wanneer hy wil. Hy ry gereeld rond in die strate en as hy haar sien stop hy sommer by haar, haar hartjie bokspring. (haar hartjie is eintlik nog seer, haar kerel het onlangs met haar uitgemaak) Sy geniet elke oomblik die aandag. Hy ry saam sy vriend een middag en hulle stop sommer daar voor die huis, hy roep haar en speel vir haar ‘n liedjie…Shania Twain ..Your still the one.

Sy besef sy soek nou vir groot moeilikheid haar pa sal nooit toelaat dat hy by haar kuier nie, sy is nog ‘n boksnuiter en kan nie by mans kuier wat al werk nie. hulle soek inelkgeval net een ding…hulle wag net tot die oomblik wat hulle jou klere uit het dan vat hulle die pad.

(Ek vergeet bietjie van die detail, maar ek probeer hard)

Hoe het dit gebeur? Hulle het spoorverlief geraak op mekaar..hy op haar en sy op hom. Hy sal gereeld verby die huis ry en net ‘n mooi liedjie speel met die hoop dat sy sal hoor, sy het hom teen die tyd al ingelig oor haar pa, maar hulle band was sterker as net vergeet en aanbeweeg. Hulle het toe begin om vir mekaar briefies te skryf, hy sou in die dag skryf en die briefie in hulle huis posbus gooi in die aand, sy sal dit dan kry en lees voor skool, terug skryf en die briefie weer in die posbus gooi sodat hy syne kan kry in die aand as sy slaap …dit het vir lank aangehou. Hy het vir haar soveel geskenkies ook gegee, maar eendag het hulle besef dit kan nie so aangaan nie.

Sy het tussen dit als ook nog gesukkel om die x-kerel te vergeet en hy sou elke nou en dan sy opwagting maak net om haar verder om te krap.

Hulle twee was een aand by ‘n partytjie en het gedans, vas stadig liefdevol, maar toe kom die x en sy trawante en wou hom oproffel. Hoekom? Jy wil haar dan nie hê nie, hoekom mag hy haar dan nie vat nie? Jy kan mos nie jou brood aan beide kante botter nie…maar sy wou ook nie die x afskryf nie, hulle was lank saam, haar heel eerste liefde…

Na ‘n geruime tyd se oor en weer redekawel oor hulle gevoelens vir mekaar, pa en die x het hy besluit dit is tyd om sy goed te vat en weg te trek, hy maak haar lewe net moeilik en deurmekaar en inelkgeval sal dinge nooit ooit kan verder gaan solank as wat sy in die skool is nie en dis nog ‘n hele hele paar jaar.

Hy is weg! Hy het haar ‘n paar keer geskakel op die tiekiebox by die poskantoor. Hulle sou ure gesels..hy het haar tot eendag verras en daar gestop, maar hulle moes groet. Die trane het gerol oor hulle wange, maar hulle het beide geweet dit moet stop… sy het hom daarna nie weer gesien nie.

Hulle was gelukkig om na skool weer kontak te maak, want die wereld is klein en jy loop vas aan hierdie een en die ken mos die en almal ken mekaar, veral in die kleindorpie wereld.

Hy kontak haar uit die bloute by haar werk eendag, sy was verloof. Hy kom groet dit was so so lekker om hom te sien, haar hartjie bokspring vir hom….

Sy en haar verloofde besluit een aand om saam vriende en familie te gaan dans, tot haar verbasing…..daar staan hy….haar verloofde het nooit van hom gehou nie. Sy groet hom vriendelik. Hy vra later die DJ om asb Shania Twain You are still the one te speel.Hy vra haar om te dans…sy sê ja…hulle dans sonder woorde vir ‘n lang ruk, sy fluister net, hoekom doen jy dit, maar hy antwoord nie. In die middel van die liedjie los hy haar en stap van die dansvloer af en uit by die deur…sy voel verleë…maar hy is weg…..waarheen sou hy wees, gaan hy weer terugkom. Sy staar die hele aand na die deur, maar daar is geen teken dat hy weer gaan terugkom nie. Hy het haar net daar gelos en gery.

Nooit weer van hom gehoor nie… nooit weer nie!!!

Sy is getroud!

Sy het van hom vergeet…hy was ‘n goeie herinnering van die skooljare!

 

Advertisements

3 thoughts on “Skooljare…

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s