Rotte gejaag

Soms is dit net moeilik om rustig te word, om net weer jou voete te vind en asem te haal…

Skryf is my ontlaai punt, maar die laaste paar weke het ek skaars tyd gehad om my rekenaar behoorlik aan te skakel. Daar was net soveel dinge wat gebeur het dat ek skaars tyd gehad het om asem te haal.

Ek is so dankbaar om ‘n nuwe werk te kon begin, maar o my vet weet dit was een massiewe aanpassing. Om net in die diep kant ingegooi te word sonder dat daar enige iemand is om jou tou wys te maak, is verseker nie ‘n maklike taak nie. Dis so maklik om in jou eie vermoens te begin twyfel. Ek is so gelukkig om ‘n wonderlike span mense by my vorige werk agter my te he, wat net die hele tyd vir my se jy kan dit doen hou net moed dit sal beter word. So dankbaar!!

Voor ek my werk begin, sukkel ek en my man steeds om ons voete te vind en al die rekeninge op datum te hou, hy probeer nou maar sy eie besigheid van die grond af kty, want werk is skaars veral as jy ‘n man is in SA. Ons is happy in SA ten spyte van die regering, misdaad ens en ek sal nooit die land verlaat nie, want ek los nie my kinders hier en ek trek nie en ek sal hulle nooit so ver wegvat van hulle pappa af nie. Dit sal mos nie regverdig wees van my om te verwag dat hulle hom net vakansies kan sien nie. Dat hy nie langs die sportvelde kan staan op ‘n Saterdag nie. Wat se tipe ma sal ek dan tog wees?

So ons byt vas, maar die krediteure bly klop aan die deur. Wat nou?

Dan probeer ek ook nog vrede maak met twee mense in my lewe. Die een kennis maar tog vriendin – wreed vermoor? Hoe ‘n mens ooit in die lewe vrede maak met so iets weet ek nie! So ek probeer net om nie daarop te fokus nie.

Dan ook Ouma, eintlik my eks sin, maar sy was my eie ouma. Het haar geken van kleintyd af en ek was so so onsaglik lief vir haar, maar ons pappa Jesus het besluit dit is tyd dat sy huis toe kom. Sy was altyd so ‘n spesiale lief mens en altyd so bly as ek kom kuier het. Ek het regtig meer moeite probeer doen die laaste paar maande en ek is so dankbaar dat ek dit wel gedoen het. Sy was ‘n groot ouderdom en eintlik al vir tien jaar op geleende tyd, maar sy het altyd deurgedruk, gesond geword en weer verder dankbaar gelewe. Liefste ouma ek gaan jou so so baie mis. Ek hoor jou sagte stem in my kop as ek aan jou dink. Rus sag, Jesus het voorwaar ‘n ekstra engel by hom. Lief vir jou altyd en altyd en dankie dat ek deel van jou lewe kon wees. Dankie dat jy my altyd lief gehad het net vir wie ek was! Dankie dat jy my steeds liefgehad het en my nooit vergeet het nie. Dankie vir die onthou van my verjaarsdag elke jaar! Dankie dankie dankie

Die rugby seisoen is nou afgehandel vir die jaar, dankie toggie.

Intussen pak ons ook nog, want ons trek een aan die einde van die maand na ‘n kleinder plekkie, goedkoper plekkie. So dankbaar, want die huur maak my ook dood. Sien uit na die nuwe plekkie, maar dink dit gaan ook ‘n uitdaging wees.

Werk nog so tussendeur vir die vorige mense ook..sjoe dit voel of my bordjie oorloop!

Vier kiddies, twee werke, min geld, baie bekommernisse…. en nog snotneusies ook

Ek wil nie kla nie, want daar is soveel om voor dankbaar te wees!

Dan sukkel ek nog met ‘n simpel juffrou by die skool. Sy kerm nou wragtig oor niks. My kinders is nie engeltjies nie en almal wat my ken, weet ek vat nie nonsens van kids nie, maar ek laat ook nie toe dat mense met my kids mors nie. Nou hierdie juffrou is besig om my tor van sy plekkie af te gooi. Sal sy wragtig twee dae in ‘n ry vir my ‘n brief skryf om te se ek moet haar twee dae na mekaar kom sien, na my man haar reeds die eerste keer kom sien het. Die eerste keer omdat hy EEN dag nie sy werk volledig van die bord afgeskryf het nie – nee regtig EEN dag!! Dan weer omdat hy dieselfde dag nie sy huiswerk volledig gedoen het nie, TWEE rye se letters is nie voltooi nie, ja ek het dit gesien en gese dit moet reggemaak word, maar hy was toe rugby toe en eers na ses by die huis gekom en ek het vergeet om dit weer na te gaan. So nou wil die vrou vir my se ek moet sy huiswerk nagaan – ek doen – ek teken dan daarby – weereens die eerste dag die jaar dat dit nie volledig is nie. Nou skryf sy sy is bekommerd oor sy werk!!!! My goeie hel. Dan kry is sy werkspapiere vir die kwartaal en daar is skaars foute op, ek gaan deur sy klasboek en oral sien ek “goeie werk” of ‘n plakkertjie wat lag. nou is ek verkeerd as ek nie kan verstaan wat hierdie vrou se probleem is nie? As my kind hom wangedra vir ‘n week of twee en sy werk is vir ‘n week nie reggedoen nie en hy doen vir ‘n week nie sy huiswerk nie, nader my dan, maar wragtig nie een dag nie!! en ek wil net byvoeg dat sy rapport verlede kwartaal als tussen 70% en 90% was!! So regtig regtig regtig

Ek moet eers groet. Het nou klaar gewerk, moet nou bietjie hierdie koppie en lyfie gaan rus. Hopelik gaan hierdie week rustiger.

Rustige nagrus vir almal

 

Advertisements

6 thoughts on “Rotte gejaag

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s