Tuimeldroërkop

VrouMy kop spin nog steeds en ek is nog steeds nie heeltemal seker of ek link of regs gaan nie, maar ek begin darem al bietjie meer voel of ek tuis is by die nuwe werk. Dis vreemd, dis nuut, maar dit is lekker. Ek geniet die nuwe uitdaging en ek toets soms my eie vermoëns… en soms oortref ek my eie vermoëns – dis ‘n lekker gevoel.

Tans gaan dinge tuis net nie vir my lekker nie. Dit is asof almal in ‘n warboel is. My kop voel soms of dit vasgevang is in ‘n tuimeldroër….

Ek kom dood moeg by die huis in die aande, alhoewel die dag eintlik korter was, is ek uitgeput.

Kos is gemaak, die huis is skoon….waaroor is ek dan so kort van draad so geirriteerd?

Die kinders is net te woelig vir my, lawaai net te veel en nou is hulle nog siek ook. Ek verkies die woelig bo die siek, maar ek wens net vir bietjie alleen wees…

Tog wil my kleinste seuntjie van na my historektomie niks van my weet nie. Ek is net die vrou wat hom vir nege maande gedra het.. Sy pa is sy als. Hy moet hom bad, aantrek, kos gee, in die bed sit ens ens  ens. Dit raak so erg dat ek soms nie eers aan hom mag raak nie. Dit breek my hart. Ek wil hom soms ook net optel en vashou as hy seer het, maar hy wil niks van my weet nie. Dit voel of ek gefaal het in moeder wees. Of ek iets net helemal verkeerd gedoen het. Tog, toe hy klein was, tot op ‘n jaar, met my historektomie, was ek en hy baie na aan mekaar, ek was sy absolute alles…. hy word nou so groot en ek mis daai klein lyfie. Soms al is ek so geirriteerd wil ek daai lyfie vashou en hy wil net nie.

Hoe kan ‘n mens soveel verskillende goed op dieselfde tyd wil hê?

Tot hierdie geskrabbel van my voel net so deurmekaar soos my kop.

Ek het net nodig om te gesels, maar weet nie met wie nie. Ek weet ook nie regtig wat wil ek sê nie…

Ek wil ook nie mense om my hê nie, ek wil net ‘n bietjie tyd op my eie hê!

Regtig, dit maak mos nie sin nie.

Ek kry juis môre die in-laws…so nie lus hiervoor nie. Nie slegte mense nie, maar ek is net nie lus vir hulle nie.

Soms verstaan ek net nie hierdie nuwe in-laws nie, my vorige in-laws was baie makliker mense. Soms voel ek meer tuis daar as tussen my nuwe in-laws. Hulle bel nooit nie, stuur nie boodskappe nie, en ek doen ook nie meer nie. Dalk hou hulle net nie van my nie, want ek hou nie my mond nie. Dis ook fine met my.

Ek wens ek kan net hierdie tuimeldroërkop tot ruste kry!!

 

 

Advertisements

4 thoughts on “Tuimeldroërkop

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s