Met modder in die gesig

varkie

Maande gelede het ons vriende gehad wat regtig deur ‘n moeilike tyd gegaan het, die man het sy werk verloor en finansieel het hulle maar gesukkel om kop bo water te hou. Ons het ons bes probeer om te help waar ons moontlik kon. My man het op daardie oomblik weg van die huis af gewerk. Ek sou boodskappe stuur om te vra hoe dinge by die huis gaan. Die een aand laat weet sy dit gaan moeilik en kan ek asb net vir die dogtertjie broodjies pak vir skool. Sonder om twee keer te dink, klim ek in die kar met al die kinders gaan winkel toe, koop die nodige: brood, mieliemeel, botter ens ens net sodat daar ten minste iets is om te eet.  Ander kere het ek weer geld gegee, self geld by die werk gekry om hulle te help, sodat daar kos op die tafel kon wees, of sy ten minste petrol kon ingooi om by die werk uit te kom. Dit het lank aangegaan, maar dan kry hy werk en hop net weer na die ander een, want dinge werk nie uit nie.

Kyk ek oordeel nie wat mense doen nie, maar wat ek net nooit in my lewe sal kan verstaan nie, is as jy kinders het, dan sit jy hulle mos eerste – of nie? Nou as jy nie kos in die huis het nie, hoe los jy dit om brood te koop, maar koop sigarette en coke, want jy kan nie sonder coke nie? Hoe koop jy drank en vleis om te braai saam die pelle, maar daar is nie kos vir die kinders nie en jy betaal nie jou kinders se skoolfonds nie? As jy ‘n klein bietjie geld het, gaan fliek jy of doen sulke goed saam die kinders, maar volgende week is daar weer nie kos om te eet nie?

Intussen het dinge moeilik tuis begin gaan, want manlief het ook sonder werk gesit. Hy het toe vir ‘n skamele bedraggie by my werk kom werk, bemarking gedoen, net om ‘n geldjie te verdien.

Nie een dag het hulle gevra, kan hulle help of is ons reg of of of nie…

Nou ek se nie ek het hulle gehelp sodat hulle ons weer moet help nie, dit was glad nie die geval nie. Ek het gehelp, want ek wou. Ek kan nie toekyk hoe mense hongerly nie. Al wat ek sê, is as mens dan sulke goeie vriende is soos wat ‘n mens dink dan sal hulle mos dan ten minste die moeite doen om uit te vind of het ons hulp nodig. Die teendeel was toe waar, ewe skielik kom hulle omtrent nooit meer soontoe nie, hulle nooi ons nie meer nie. Hoekom? Omdat ons nie meer kan voorsien nie, nou is ons nie goed genoeg nie?

Dit het my ‘n rukkie gevat om te besef dat dit net nie ware vriende was nie.

Aan die begin van die jaar toe dinge regtig baie sleg begin gaan hierdie kant en ons sukkel om kos op die tafel te sit, het my man haar genader oor ons geld en gevra wanneer gaan hulle dit terugbetaal. Was dit reg om dit te doen? Ek dink so! As hulle Desembervakansie vir weke in die Kaap kan vakansie hou, Olifante gaan ry ens ens en daarna nog Margate toe vir ‘n week dan gaan dit mos goed, dan kan hulle ons mos betaal? Nou het hulle weer ‘n nuwe kar gekoop, maar ons geld is vergete!!

My punt is: Jy dink jy help mense en nie net enige mense nie, vriende wat jy ag as mense vir wie jy omgee en dan as jy die hulp nodig het, is hulle net vergete. dis dan wat jy met modder in die gesig gevang word!

Kies jou vriende reg. Kyk die kat maar goed uit die boom, want as mense sekere eienskappe toon, moet jy maar die gevaartekens sien!

Totsiens aan mooiweersvriende!

 

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s