Selfsugtige onnoselheid

Kies jy regtig om net nie die werklikheid te aanvaar nie of is jy net eenvoudig so onnosel?

As ‘n besigheid vir vyf jaar nie een keer ‘n wins wys nie, nie eers naastenby nie, hoe dink jy dinge gaan oor twee maande draai? Hoe dink jy?? Ek word naar!

Jy wat nou so kamstig omgee vir jou medemens! Nou wil jy iemand ‘n pos aanbied, maar hierdie besigheid kan nie eers salarisse betaal nie – in werklikheid kon hy al vir vyf jaar nie! Daar is ‘n vriend wat sy geld onder in ‘n put gooi elke maand om jou maatskappy se salarisse te betaal. Hoe slaap jy elke nag?

Jy is ‘n selfsugtige selfgesentreerde bedorwe brokkie. Jy wil die titel dra van MD maar jy weet net absoluut niks. Jy verstaan NIKS van besigheid nie. Hoe kan jy as jy nie eers ‘n balanssstaat kan lees nie. Hoe kan jy ‘n besigheid run?

Jy doen nie eers jou eie internet bank nie, want dis te stresvol. Jy is te sleg om dit te doen man – te sleg!!!

Ek hoop jy gaan slaap as jy hierdie vrou nou uit haar pos vat! Want ek was my hande in onskuld. Jy se sy weet, maar ek belowe jou sy weet niks!

Ek kan nie meer nie – ek klim uit die bus!

Advertisements

One thought on “Selfsugtige onnoselheid

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s