Kinders se sorge

images

Vir weke al le ek in die aande en dink dis tyd dat ek weer skryf, maar op hierdie stadium kom ek net nie so ver om die rekenaar aan te skakel en net te begin tik nie. Sodra ek dink ek het ‘n tydjie dan val iets voor en maak ek net weer toe…. Vanaand is my aand, vanaand wil ek net ‘n bietjie siel leegmaak…

My lewe op die stadium is nog ‘n bietjie onseker, maar daar is een konstante en ding waaroor ek 100% seker is en dit is dat om te trek die regte besluit was.

Ek werk vreeslik lekker, dit is stresvol ek gaan nie jok nie, maar ek geniet dit.

Dis is nou nie waaroor ek vanaand wil gesels nie….

Ek kyk na hierdie prentjie en ek sien soveel dinge raak. Eerstens ‘n klein seuntjie wat in ‘n huis groot word waar daar seker nie baie geld is nie, maar hy het die voorreg om ‘n hasie vas te kan hou – baie kinders vandag het nog nooit eers ‘n hasie gesien nie. Tog sien ‘n hartseer in die klein seuntjie se gesiggies… Is hy nie veronderstel om ‘n glimlag op sy gesiggie te he, want hy het die voorreg om ‘n hasie vas te hou nie… wat gaan deur daai klein mensie se breintjie.

Ek sit met ‘n huis vol seuntjies 3 en as jy my man bytel 4. Mans bly mos altyd op ‘n sekere vlak altyd seuntjies.

Op die stadium sit ek met vier kindertjies elkeen anders. Elkeen het sy eie maniere, elkeen sy eie persoonlikheid, elkeen sy eie behoeftes en elkeen sy eie manier om uiting te gee aan behoeftes wat nie bevredig word nie.

Ek is ‘n mamma wat nou bietjie sukkel om te weet hoe om by elkeen sy eie behoeftes uit te kom. My grootste probleem is ek is nie seker ek weet eers wat elkeen se behoeftes is op die stadium nie. Hierdie mamma probeer baie hard om kos op die tafel te hou deur ‘n voltydse werk te he, ‘n ander werk te he wat sy in die aande moet doen (haar vorige werk) en dan het sy begin verkope doen om te kyk of sy nog ‘n bietie ekstra geldjies kan inbring.

My vraag is hoe vind ek uit wat elkeen se behoeftes is en hoe maak ek seker ek kom by elkeen sin uit!

Dalkies is ek die enigste mamma hier wat ‘n punt bereik waar ek op die oomblik vreeslik geirriteerd is en haal dit op die kinders uit – hulle verdien dit nie – ek weet, maar soms is dit moeilik….

My middelste seuntjie is vreeslik moeilik en gooi tantrums en doen allerhande stoute dinge… ek het nie meer raad nie. Baklei, slaan, straf maak nie saak wat nie, niks help nie, nie eers mooi praat nie… Wat maak ek? HELP!!!!!!

Die kleintjie is ‘n baie baie baie besige klein mannetjie en as jy hom een minuut los, sal hy die leer vat en op die huis se dak klim! Hy is nou twee. Ek weet julle se nou oordryf jy mamma, maar as hy die leer kon dra belowe ek julle sal hy dit doen. Hy gaan haal my step leerjtie en sleep dit tot voor die yskas, slaan dit op en klim op die leer om die cupcakes bo op die yskas te kry!

My oudste seuntjie dink ek kort baie aandag, dit voel altyd vir my of ek hom afskeep. Hy was ses maande toe ek geskei is en ek het baie van sy groot word gemis. Ek voel hy gaan my eendag verwyt dat ek nie genoeg tyd aan hom gegee het nie.

My oudste kind, is ‘n dogtertjie! Sy en haar pa is baie na aan mekaar. Ek dink soms nader as ek en sy, maar ek  wil tog ‘n beter band met haar ook bou. Ek wil haar nommer een wees, nee ek wil nie pappa se plek inneem nie, maar ek wil haar beste vriendin wees, maar ek weet nie waar om te begin nie. My ma was nie iemand saam wie ek goed gedoen het nie en ek wil nie dieselfde ma vir my dogtertjie wees nie! Maar ek moet iewers begin.

Ek is eerlik moeg en uitgeput en geirriteerd, maar ek moet op ‘n manier net ‘n beter ma vir my kinders begin wees! Voor ek my oe uitvee is hulle klaar met skool en uit die huis en dan verloor ek my kids omdat ek nie nou die tyd gemaak het om deel van hulle te wees nie!!

Ek is raadop..snik snik snik…..

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s