Vrees vir die groot K

Nog nooit het ek my gesien as n bang mens of n mens vol vrese nie. Maar op die oomblik het ek n groot vrees binne, diep binne my hartjie….

Die ergste is ek maak ook nou soos n volstruis en druk my kop in die grond!

Ek se oor en oor vir myself as ek nie dokter toe gaan nie kan hy niks se nie.

Die realiteit is dat ek al vir meer as n jaar met n knop in my bors loop….ja dit kan niks wees, maar wat as…..

Ekt gisteraand Mossie van Wyk gekyk waar die ma sterf van kanker en sy het twee klein dogtertjies… ek kan nie!

 

Advertisements

7 thoughts on “Vrees vir die groot K

  1. Neeeee!!!! Pak die bul by die horings en fight hom tot die einde!!
    As dit kwaadaardig is, kon hulle dit dalk al gekeer het as jy ‘n jaar terug dokter toe gegaan het …. nou het dit ‘n jaar langer gegroei waar dit nie hoort nie.

    Ek hoop dis nie die groot K nie, maar trek aan jou big girl panties, maak stywer die brastrêppies en loop sien iemand!! Toe, toe, sodat ons kan vrede kry! ((big hugz)) ♥

    Like

  2. Dis beter om sekerheid te hê as om rond te loop met hierdie vrees wat jou in elk geval vreet soos ‘n kanker wat groei. Ek weet, uit eerstehandse ondervinding, so gaan liewer dokter toe en kry dit agter die rug.

    Like

      1. Jy het nie ‘n verwysing van ‘n gynie nodig nie. Vra jou huisdokter of maak die afspraak direk by die radioloog. Bel die kliniek of hospitaal in jou dorp, hulle sal weet waarheen om jou te verwys.

        Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s