Mense vs diere

Vandag gaan ek dalk gestenig word, maar n opinie bly ‘n opinie!

Ek sien al hierdie post op fb oor mense wat ondersteuning vra teen diere mishandeling. Stop rhino pouching! Ens ens

Hoor my mooi ek se nie dieremishandeling is reg nie. Maar word n dier geskiet wat waarde het dan is daar hoofopskrifte.

Wat is n mens se lewe dan?

Elke dag word daar iemand op n onmenslike manier vermoor. Hoekom is dit nie elke dag elke keer n hoofopskrif nie? Hoekom is elke geval nie hoofnuus nie? 

Een mens se lewe is mos nie belangriker as n ander nie. n Dier se lewe is mos nie belangriker as n mens se lewe nie.

Hoekom het Reeva se moord opskuddings veroorsaak, maar 80 jarige tannie Sannie se grusame moord word net Sondag in die kerk genoem.

Miskien as elke liewe moord elke dag op die nuus gewys word, sal mense die erns van die saak meer ernstig opneem. Meer optogte hou vir moord as rhino pouching!!!

Almal se lewens is ewe belangrik. Elkeen het n familie wat gebroke nagelaat word.

Advertisements

7 thoughts on “Mense vs diere

  1. Soos ek dit sien: Mense hou daarvan om te lees van bekende mense se moord / ongeluk / egskeiding / siekte omdat hulle so ‘n persoon beskou as volksbesit – almal ken hulle en kan dus inspraak lewer op dit wat in sy of haar lewe aangaan. Die ou gesegde “die hoogste bome vang die meeste wind” (hoop ek het dit reg aangehaal), is nog steeds waar en mense hou van saam skinder. Wanneer die diereliefhebbers ‘n lawaai opskop oor renosters, is dit vir ‘n tweeledige doel (1) hulle is bekommerd oor die oorlewing van skaars diere terwille van die nageslag wat ook die reg erf om hierdie diere lewend te waardeer en (2) hulle voel dat mense tot groot mate beskerm word deur die gemeenskap, familie en naastes, terwyl die diere niemand het wat namens hulle optree nie. En toe gee ek vir jou ‘n hele preek – net voordat iemand my skiet: ek voel mededoë met beide diere en mense (bekend en onbekend), maar blaai maar verby wanneer ek geïrriteerd raak met die media en die alleswetendes se sosiale media uitsprake.

    Liked by 1 person

      1. Dit is ‘n probleem. Net een moord of een kind wat wegraak in meer ontwikkelde lande veroorsaak groot opspraak, omdat dit nie ‘n alledaagse gebeurtenis is nie. Hier gebeur dit so dikwels dat mense ongevoelig begin raak – soos ‘n slegte gewoonte.

        Like

  2. Daar is miljoene mense, biljoene. Daar is egter net ‘n paar honderd renosters oor. Die spesie gaan uitsterf as hulle nie gered word nie. Teen die tempo wat mense aan teel, sal ons nooit uitsterf nie.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s