Werklikheid

Dis Sondagmiddag n dood gewone Sondag. Die boodskap kom deur ” I am on my way” soos elke Sondag net n bietjie later, maar dis toe dit twee ure later is en geen boodskap dat sy aangekom het waar ek haar elke week gaan haal nie dat ek besef iets is verkeerd.

Ek laai my seuntjie af by die huis en ry na die garage maar geen teken. Ek ry na die ander aflaai punt … geen teken. Terug garage toe..steeds geen teken van haar nie. Intussen het ek al haar ma geskakel om te hoor, maar sy se sy is weg werk toe..na my toe.

Haar foon bly af… waar is jy?

Ons begin polisiestasies en hospitale bel geen teken.

Ons hou aan soek en probeer bel die hele Maandag, maar geen teken en die foon bly af.

Die keer is anders. Ek weet daar is fout.

Ons maak n saak oop van n vermiste persoon….

Dis die Dinsdagoggend voor sewe wat daar n Whatsapp deurkom op my man se foon. ” please I neef your help”

My man gaan haal haar…

Sy huil. My nagmerrie is hier. 

Sy is ontvoer deur vier mans aangehou en verkrag.

Sy lewe! Maar haar siel is geneem!

Hoe lewe jy nou?

Hoe maak ek dit beter?

My man het haar hospitaal toe gevat. Al die toetse is gedoen. Hulle het ook onmiddellik begin met berading. Polisieverklarings! 

Of soms polisie intimidasie! Sy is onskuldig. Sy is in helse trauma en skok en jy soek die huis en straat nommer. Regtig?

Hoekom gebeur sulke goed met n goeie mens?

Sy is sterk of probeer wees, maar eks bekommerd, want dis n laaaang pad.

Wat as sy swanger is of HIV is? Hoe verwerk jy dit?

Ek wil haar so graag help en beskerm, maar voel so magteloos.

Ja sy is my bediende, maar sy is n mens nes ek. Syt kinders. Syt n hart van goud.

Ai ek verstaan nie.

Eks so dankbaar ons het nie net haar lyk gekry nie, maar ek weet nie of mens ooit weer lewe as jou siel dood voel nie!!

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s