Geheime afspraak

Daar is sekere dinge in die lewe wat net nooit vir mense sin maak nie!

Hierdie vriendskap is een van daai dinge…

Is dit ‘n ongesonde vriendskap?

Is dit verkeerd?

Die gedagtes maal en maal in haar kop, maar dit maak nie saak watter kant toe haar gedagtes beweeg nie, sy kan net nie die einde van hierdie vriendskap ooit insien nie.

Daar gebeur niks verkeerds nie….

Die ping van die foon as daar ‘n boodskap deurkom – gewoonlik maar in werktyd, want manlief sal nie daarvan hou nie (dit maak dit verkeerd)

Dis net gewone – hoe gaan dit? boodskappies, maar min mense se boodskappies het daardie impak?

Ek het dit gemis? Hy ook!!

Hy is gelukkig getroud en sy eerste kleinding is pas gebore!

Ons het ‘n vriendskap gehad waar ons sulke goed gedeel het, hoekom mag dit nie wees nie?

Hoekom sal dit altyd onaanvaarbaar wees? Nou doen ons dit “skelm”????

Nee, ons sal nooit die lyn oorskry nie, nie weer nie! Maar ons kan net eenvoudig nie uit mekaar se lewens verdwyn nie.

Ek onthou die boodskap…een van die eerstes na ‘n laaang tydperk… ek het nou die dag gewonder hoe gaan dit met jou, toe gaan loer ek op jou facebook?

WOW ek het nie gedink jy dink ooit aan my nie?

My lewe sonder jou is leeg. Nee, ons praat nie elke dag nie en dalk ook nie elke week nie, maar dit sal so lekker wees om Kersfees ‘n boodskap te kan stuur: Geseende Kersfees. Of Geluk met jou verjaarsdag.

Die liefde wat ek altyd oor gedroom het, sal nooit kan wees nie. Dit was die fantasie wat maar net altyd ‘n fantasie moet wees…..

Dalk eendag kan ons mekaar weer sien – vir ‘n koffie!!

Tot dan moet ‘n onverwagse Hi voldoende wees. Tot dan hoop ek ons sal altyd kan kontak behou, sonder om onnodige moeilikheid te veroorsaak.

 

Mis jou

xx

Advertisements

13 thoughts on “Geheime afspraak

      1. Dankie Toortsie.. ek waardeer jou eerlikheid baie. Dis baie lekker vir my om ‘n boodskap van iemand soos jy te kry, sonder om my aan te vat en sleg te se, maar eerlik ‘n antwoord te gee.
        Glo my as ek se ek weet ek dis die probleem, maar dis net so moeilik. Ek troos my daaraan dat daar honderde kilometers tussen ons is en dit maak dit beter – ek weet ek soek verskonings!! xx

        Like

      2. Natuurlik sal jy weet wat die probleem is. Ons weet dit mos gewoonlik. Dis vir my wonderlik dat jy dit erken, en ek weet dit is nie so maklik om dit net te los nie. Sterkte.

        Like

  1. Ek het jare gelede ook so verhouding gehad, bietjie anders, ons was albei single, maar ooh heng, die vlam wat daar tussen ons was… terwille van n vriendskip het ons dit moes blis. Ons het geweet as ons eers oor die tou trap sal ons vriendskap nooit weer dieselfde wees nie. Dit was nie maklik nie, self in die tyd 3 maal saam in n bedgeslaap MAAR ons het nie oor die tou getrap nie, te veel respek gehad vir ons vriendskap. Ons het besef dat n verhouding nie sou kon werk, hy was jonk, ek het klein kindertjies uit my vorige huwelik gehad. Ai maar daai vlam – was moeilik…. dit was soos n kool tussen ons.
    Sterkte!

    Like

    1. Ons het vir jare op die selfde gronde gebly en nooit het ons ooit die tou oorgesteek nie, selfs nie eers drie uur die oggend as ons alleen op dieselfde bed gesit en kuier het nie. Maar na my egskeiding was dit ‘n ander storie – een aand!! Maar dit was die eerste en die laaste…

      Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s