Totsiens mammie

Mammie

Hoe ‘n mens iemand groet, so kosbaar so ‘n juweel. Jy was maar vir ‘n kort rukkie deel van my lewe, maar ‘n kort rukkie was genoeg om jou diep in my hartjie te bêre. Liewe Jesus het jou vinnig kom haal – te vinnig. Eks dankbaar vir die ekstra tyd wat ons as gesin saam met jou kon deel hierdie jaar, al het ons jou nie so gereeld gesien nie, maar vir langer tye op ‘n keer.

Hoe beskryf ek jou? Vrou van goud!!! Jy was ‘n ouma wat die woord ouma-liefde ‘n betekenis gee. Jy het nooit te min tyd vir jou kleinkinders gehad nie. Jy was nooit TE moeg of TE siek om hulle op jou skoot te tel en net vas te hou en ‘n grappie te maak nie. Ek sien hoe jy boetietjie op jou skoot tel en jou vinger in sy sy druk dat hy uit sy maag uit lag. Hy was so onsaglik lief vir jou.

Dit was so moeilik om daai mensie te vertel dat ouma nie weer kan kom kuier nie, nie omdat sy nie wil kom kuier nie, maar omdat sy nou haar plekkie by Jesus ingeneem het. By Oupa. Hy het haar so onsaglik baie gemis  en sy vir hom dat sy maar eerder na hom toe gegaan het. Soms as die weerlig dreun sê hy hoor dis ouma wat sê: hier kom die reën. Nou die dag toe die weer so hard slaan sê ek vir hom, toemaar dis net ouma wat oupa met die besem slaan!! Hy het so lekker gelag en was glad nie bang vir die weer nie. Net ouma kon hom rustig maak met die weer.

Jou plekkie is leeg, my hartjie voel leeg.

Al het ons min gesels…

Soms tel ek net die foon op om ‘n foto’tjie te stuur, maar dan onthou ek, jy is nie meer daar nie.

Dit tyd vir die kinders se skoolkonsert – ek het lankal beplan ek gaan jou haal vir die konsert, maar nou kan ek dit ook nie eers doen nie.

My hartjie is so onsaglik leeg! Ek mis jou so onsaglik baie!!

Lief jou mammie! Ek sal mooi kyk na jou seun en kleinkinders. Kyk mooi na pa, want vir hom mis ek net so. Ek mis ons twee se kuiers onder die boom.

Lief julle twee pragmense…

Hiermee jou woorde van groet….

Ek weet jy wonder soms hoekom dinge moet gebeur
En ek weet jy’t baie vrae en jou hart is baie seer
Ek weet my plek is leeg langs jou, ek sal altyd by jou wees
As jy na my verlang, onthou, ek is by jou in die gees
My tyd op aarde is verby
My lewe is afgemeet
En ek weet jy moet agterbly
Maar ek sal jou nooit vergeet

Ek is nou in die hemel
En ek wil nêrens anders wees nie
Want hier is ek gelukkig
Hier kry ek nooit meer seer nie
Ek is nou in die hemel
En my hart is daar by jou
Nou is ek die engel wat sy vlerke om jou hou

Ek sien jou trane elke dag, ek wens ek kon dit afdroog
Ek wil nie hê jy moet huil nie want kyk, ek is daar in die reënboog
Hier sal ek altyd wag vir jou, hier in ons hemelhuis
Ek hoop jy volg die regte pad, tot hier by die kruis

My tyd op aarde is verby
My lewe is afgemeet
En ek weet jy moet agterbly
Maar ek sal jou nooit vergeet

Ek is nou in die hemel
En ek wil nêrens anders wees nie
Want hier is ek gelukkig
Hier kry ek nooit meer seer nie
Ek is nou in die hemel
En my hart is daar by jou
Nou is ek die engel wat sy vlerke om jou hou

(Juanita du Plessis – In die Hemel)

Advertisements

2 thoughts on “Totsiens mammie

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s