Skoolkonsert

Die mense skarrel en druk by die deur in. Die reen val hard en die weer dreun. Kindertjies huil en mammas raak ongeduldig om in te kom.

Die saal is vol oupas, oumas, mammas, pappas, boeties, sussies en nog n paar familielede.

Later toe die reen bedaar hoor jy almal skarrel om hulle sitplekkies in te neem.. Almal wil voor sit, want almal wil mooi kan sien. 

Die skrillende stemmetjies van opgewonde kinders vul die saal toe die ouers stil raak om te begin.

Die kindertjies het die slapies afgetel tot die konsert. Om vir mamma en pappa te wys wat hulle geleer het, maar ook om hulle klere aan te kan trek.

Na die skriflesing en gebed en die juffrouens se verrassings dansie beweeg die gordyne oop.

Die verhoog is gevul met vriendelike gesiggies. Blink ogies. Helder kleur hempies wat pas by die opgewondenheid wat uitborrel. 

Die liedjies speel en die woorde kom soms krom en skeef uit. Die dansies en bewegings is uit pas, maar die vreugde is soos een hartklop.

Die mammas en pappas sit breebors in die gehoor. Klap hande en juig hulle aan.

Wat n spog geleentheid om na die kuns van n kind te kyk. Onperfek, maar opreg.

Terwyl ek na die konsert kyk en elke “eenvoudige” beweging dophou besef ek die hoeveelheid tyd en geduld wat dit gevat het om hierdie konsert voor te berei is PERFEK. 

Ons as ouers is so geneig om ongeduldig te raak met die kleinste dingetjies, maar hierdie juffrouens sit soveel tyd en geduld in jou kind. Is dit nie tyd dat ons as ouers die geduld van die lewe se konsert aan ons kinders toevertrou nie?

Dankie aan elke persoon wat op n daaglikse basis kinders opvoed vir n passie en nie vir n werk nie. Dis die personeel wat lief is om kinders te leer wat n verskil maak. 

Ouers kom ons spandeer meer kwaliteit tyd saam ons kinders. Kom ons los die ongeduld by die werk. Kom ons geniet die opregtheid van n kind terwyl hy/sy nog kind is.

Kinders bly nog kinders toe ons nog kinders was!!!

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s