Liewe dagboek

Ek mag nie met iemand praat nie, nou gesels ek maar met jou.

Die twyfel in my hart word al hou groter en groter.

Is my tweede huwelik ook ‘n flop?

Nou hoor ek al die mense klippe gooi – jou huwelik sal ‘n flop wees, want jy is weereens besig met onderduimshede, MAAR is ek nie dalk besig met onderduimshede weens die feit dat my huwelik ‘n flop is nie?? Hoekom is die een wat rondkyk altyd die verkeerde een? Nie dat ek enigsins in enige tipe van egbreek besig is nie.

Ek vra myself die vraag af: Hoe goed is jou huwelik as jou man elke keer na seks opstaan en loop – of hy wil nou gaan koeldrank koop, of hy wil gaan halls koop, want sy neus is toe, maar NOOIT sal hy na seks in die bed klim en net by my le nie??? Is ek verkeerd as ek dan NOOIT OOOIT weer wil seks he nie?

Sondag gaan hy roomys koop na die seks minuut! Toe sal hy kom le as hy terugkom, maar nee hy kuier veel eerder by die buurman??

Dis Saterdagaand ons het nou net teruggekom van my ouers af na ‘n braai, hy is nerens nie – daar staan hy weereens by die buurman en kuier!!

Ek is so gatvol ek wil skree.

Dis net geen plesier nie.

My skoonsussies, drie van hulle, is ‘n absolute grap. My skoonmammie en pappie is oorlede.

As ek nooit weer saam hulle hoef te wees nie, sal dit my pas. As ons by die sussies kom, dan is dit inelkgeval altyd net ‘n gesuipery vir die mans en ek moet small talk maak met iemand van wie ek nie hou nie en wat ook nie van my hou nie. Dan is ek op die einde van die dag mislik en baklei en ek my man net oor die gesuipery en ek is die heks, want hoekom  los ek hulle nie net uit nie. Hulle sien mekaar so min, los hulle laat hulle kuier.

Jammer in my oe suip jy nie voor kinders nie. Sodra jy ‘n kind in die wereld gebring het, het jy ‘n verantwoordelikheid om hulle te leer wat is reg en wat is verkeerd. As jy vir my kind gaan wil preek oor rook en drink, dan rook en drink jy ook nie, want dan kan jy net sowel jou mond hou!

Is ek verkeer oor die skoonsussies? Dalk. Besluit self: As jy by jou ma kuier en jy sien sy is dodelik siek. Jou sussie vat haar hospitaal toe – gaan jy huis toe of gaan jy hospitaal toe? Dan laat weet die mense jou dat dit regtig sleg gaan en die twee sussies wat nie hier is nie se antwoorde is beide – hulle wil nie onnodig deurry nie!! Wat op aarde is onnodig??? Toe die dokter laat weet die einde is hier, toe ry hulle, maar dit was reeds te laat!!

Dan is die een sussie se reaksie toe ons hulle groet nou kan my man en haar man gaan sit en rugby kyk iewers. Wat de hel???? Rugby??? Jou ma is tien minute terug dood??? Toe ek sit en huil, word daar vir my gese, hou op net nou huil ons almal??? Weereens Wat de hel???

So besluit self of ek te veel oordeel!

Niks van hierdie kan my huwelik beter maak nie. Kersfees is ons veronderstel om na hierdie inlaws toe te gaan – nee toe nie!

Wat om te maak, dit weet ek ook nie?

Baklei vir my huwelik daarvoor het ek nie krag nie!!

Skei daarvoor het ek nie lus nie!

So wat nou gemaak? Ploeter voort op dieselfde trent.

Liewe dagboek, ek hoop jy het antwoorde, want ek is raadop.

Tot ‘n volgende keer

Groete

Advertisements

5 thoughts on “Liewe dagboek

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s