Sneeuwitjie

Wat is beter? Die afwagting tot die perfekte oomblik? Of waar die perfekte oomblik aanbreek?

Sneeuwitjie het so lank gewag vir die geluk vir liefde en toe terwyl sy al dood in die glas kis le, kom haar ridder daar aan. Hy bewonder haar skoonheid en hy soen sy prinses. Die oomblik wat sy haar oë oopmaak en hulle oë ontmoet is – bewondering, blydskap, liefde, geluk en ‘n ewe vreugde!

Wat as dit die padda was wat Sneeuwitjie gesoen het? Sou sy dan met dieselfde bewondering en liefde na hom gekyk het?

Wat as die padda daarna in die prins verander het? Sou die storie dan ‘n ander einde gehad het?

Of wat as die padda ‘n hart van goud gehad het en die prins die nare draak?

shreckKan die prinses en die padda ‘n gelukkige einde hê soos Fiona en Shrek?

Dalk is dit hoe ons na die feeverhaal kyk wat die einde bepaal?

Dalk as Aspoestertjie se skoentjie verlore, maar die prins sal nooit die voorreg hê om sy prinses se skoentjie aan te trek nie, hy sal haar vir altyd van ver af moet aanskou. Sy sal vir altyd deur die venster na hom verlang!

Waar pas Sneeuwitjie in Aspoestertjie se wêreld? Waar pas Fiona in Sneeuwitjie se wêreld?

Die gedagtes maal oor en oor in my kop.

Hulle het mekaar ontmoet 16 jaar gelede. Sy het hom nie dadelik gesien nie, maar hy onthou hoe sy by die trappe afgeloop het. Sy onthou toe sy die lang maar blonde prins in die gange van die koshuis gesien het. Wat ‘n ridder op ‘n wit perd het hier aangekom?

Omstandighede, besluite en tyd was altyd teen die ridder en sy Fiona. Sy was verseker nie ‘n beeldskoon prinses nie. Vir haar was hy die prins, die ridder, maar ook die Shrek – dalk nie altyd beeldskoon nie, maar die hart van goud!

Hulle het ‘n geheime afspraak gereel ‘n naweek weg, dit was die groot droom wat waar geword het. Die heer wat hy is, het hy haar op sy hande gedra. As hy aan haar geraak het, het die wêreld om haar stil geraak. Sy sagte lippe op hare die eerste keer die groot droom… dit was soos hemel op Tafelberg. Die hele naweek was dit net hulle wat saak gemaak het, hulle het vergeet van die wêreld om hulle, hulle het vergeet van dit waarheen hulle moet teruggaan. Sy het gehoop dit gaan die begin wees, maar tog het sy diep in haar hart geweet dit sal nooit wees nie.

Nie een keer die naweek het hulle liefde gemaak nie, want dis die goeie man wat hy is. Die begeerte was daar! Die gevoel was daar, maar die respek was meer!

Hulle het uitmekaar gegaan en terug na hulle wêrelde, maar ewe skielik was daar ‘n spasie, want mense het begin wonder…mense het tog in ‘n mate reg gewonder, maar tot in ewigheid het en sal ons swyg.

Het dit weer gebeur? Was daar weer ‘n geleentheid?

Die ridder en sy prinses het weer ‘n afspraak gemaak. Maande later – die keer was die prinses en die ridder op hulle eie terme alleenlopers.

Die ridder het kom kuier in haar nuwe plekkie. Hulle was alleen. Sy het vir hulle gekook en hy het die wyn gebring.

Hulle het lank gewag! Die oomblik is amper te groot!

Dit was die aand wat die ridder en die prinses liefde gemaak het. Dit was soos uit ‘n fliek. Die oomblik was perfek. Die gevoel was perfek! Hy het haar soos ‘n koningin laat voel. Sy het gekreun van die gevoel van liefde – ware liefde. Iets wat sy nog nooit gevoel het nie! Hy het elke beweging ingeneem, dit was nie ‘n oomblik van seks nie. Dit was ‘n gevoel van twee mense wat lank gewag het om saam te wees en uiteindelik kon hulle gevoelens oor gaan in ‘n daad wat nooit in ‘n kinderprent gewys kan word nie. Dit was nie seks van ‘n goedkoop-seks-fliek nie. Hierdie was soos musiek, die ritme was perfek….. dis ‘n gevoel wat nooit vergeet sal word nie.

Soos in enige storie het dit geen gelukkige einde gehad nie.

Die ridder het op sy perd geklim en die prinses het hom nooit weer gesien nie.

Hulle het kontak verbreek voor sy en haar Shrek ewige trou aan mekaar beloof het!

Om een of ander rede kom die Ridder en die Prinses altyd weer in kontak. Of dit na ‘n jaar of twee of drie is, hulle kan net eenvoudig nie uit kontak bly nie.

Intussen het die Ridder sy trou vrou ontmoet en met haar getrou – beeldskoon – van binne en buite!

Die onverklaarbare band tussen die Ridder en sy Prinses bly staande ten spyte van die feit dat beide in die huwelik getree het.

Na ‘n paar onpersoonlike kortstondige boodskappies so nou en dan net om te hoor hoe dit gaan vandat hulle weer kontak gemaak het, het hierdie oggend ander boodskappies opgelewer.

Hierdie boodskappies het herinneringe teruggeroep wat dalk in die verlede moes bly.

Hoe vergeet ‘n mens….

Vir die eerste keer bevestig die Ridder aan sy Prinses dat daar ‘n band tussen hulle is wat net nie verklaar kan word nie. Daar is tog ‘n diep behoefte vir hulle om saam te wees, maar die lewe het dit nog nooit toegelaat nie.

Die Ridder deel sy herinneringe aan die tye saam met haar – sy was geskok. Sy het nooit besef dat hy tog werklik oor haar voel soos sy nog altyd oor hom nie, maar hulle is beide getroud, hulle is beide verbind aan iemand anders en hulle sal nie die lyn oorsteek nie.Hy bevestig aan haar dat die aand saam haar was iets wat hy nog nooit in sy lewe weer beleef het nie – “Dit was ongelooflik”

Hoe ‘n ridder en ‘n prinses nooit saam in een kasteel sal kan bly nie, sal niemand ooit kan verduidelik nie.

Die prinses moet haar by haar Shrek en die Ridder by sy beeldskone vrou hou!!!

 

Die prins sit met Aspoestertjie se skoentjie, maar of hy ooit die skoentjie sal kan aantrek…..

 

 

 

Advertisements

6 thoughts on “Sneeuwitjie

  1. *sug*
    Ai die lewe…. ek wil eintlik, eerder niks se nie.
    MAAR
    Ek weet DIT vreet aan jou die lekker, die wonder, die wete, die onvoorspelbare, die wat kan wees, die wat was, die moontlikhede, en ook die negatiewe….
    Ek lees lekker hier by jou. Sterkte!

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s