Toe het jou stem stil geword

Ek sit nog langs jou op jou bed my liefste pappa. Ek kan sien jy voel glad nie lekker nie, ek hoor die gesuis van jou longe, maar jy is tog so hardkoppig om dokter toe te gaan. Ek is bekommerd, want ek kan sien daar is groot fout. Die volgende oggend kry ek die oproep pappa moet hospitaal toe gaan.

Dit was asof iemand ‘n beker yswater oor my kop gegooi het, want my pappa was nog nooit in die hospitaal nie.

Ek sien steeds hoe veg jy met die vreeslike pyn op daardie hospitaalbed, maar steeds lag jy, maak jy grappies. Ons kon dadelik die verskil sien toe hulle vir jou suurstof gee, maar dit was nie genoeg nie.

Toe die dokter ons die aand eenkant roep om met ons te praat – dit was die grootste skok. Pappa moet ICU toe gaan! Ons pappa is onsaglik siek. Infeksietellings is bytensporig hoog, bloeddruk baie laag 50/30 en pappie se niere is ook nie reg nie. Daar was soveel goed!!!

Die volgende oggend – Sondag – is ons vroeg by die hospitaal, pappie is so onrustig, pappie kan nie eers meer praat nie, alhoewel jy probeer. Ons almal gaan sit in die wagkamer en die dokter gaan in……Na ‘n uur en ‘n half kom sit die dokter by ons! Hulle het pappa nou vir ‘n oomblik verloor!!!! WAT?????? Hoe gebeur dit???? Pappa is onsaglik onsaglik siek en hulle weet nie eers wat is fout met ons liefste pappa nie.

Vir ‘n hele week draai ons lewe om die hospitaal. Ek gaan werk toe, maar elke besoektyd is ek by pappa. In die nag lui die telefoon en die wereld gaan staan, maar elke keer as ons by pappie kom gaan die hartklop en bloeddruk weer op, maar pappie se longe is moeg. Dis Vrydagoggend wat hulle vir ons sê om eerder nie te ry nie, die tyd is min. Nog ‘n dokter kom in en pappie se lewe is vir nog twee daggies verleng. Sondagoggend drie uur lui die telefoon weer – die keer sê die sister hulle sukkel hulle kry om nie op nie!!! Ons sit by die hospitaal dinge lyk regtig sleg, maar pappie raak weer meer stabiel, maar dokter sê vir ons hulle het die stryd verloor! Hulle weet nie wat die oorsaak is nie! Hulle kry nie antwoorde nie!

Dit is Sondagmiddag half drie, ons het almal vir ‘n rukkie huis toe gegaan om net te eet en te stort, ek sê vir my man ek gaan na my pappie toe. Ek voel net ek moet gaan. In die hospitaal gekom toe kry ek die oproep – dis tyd. Ek laat weet almal en gaan in!

Die keer was dit anders – die keer het ek gesien dis nou tyd! Ek soen jou kop, jou arms, jou hande, jou voete ek vertel jou oor en oor en oor hoe lief het ons jou. Ek sê vir jou dankie vir die wonderlike pappa wat jy vir ons was en die wonderlike man wat jy vir ons mamma was. Dit was ‘n minuut later wat ek opkyk na die masjien en deur die trane is al wat ek sien 0 (nil) my woorde aan die sister – is hy nou weg, terwyl ek my kop op jou borskak neersit en die stilte hoor. Daar is niks, geen long wat raas geen hardklop! En ewe skielik is dit dood binne my! Dis asof pappa die hartklop vir die lewe uitgehaal het en saamgevat het, want wat is my lewe sonder my pappa.

Oor en oor vra ek vir Liewe Jesus: ” Hoekom? Hoekom ons Pappa? Hoekom so vinnig?” Ons het nie eers tyd gehad om ‘n laaste gesprekkie met hom te hê  nie. Hoekom vat Liewe Jesus die mooiste man op aarde! Hy was ons alles!

My liefste liefste pappa

Totsiens, kan ek eenvoudig net nie sê nie. Hoe sê ‘n mens totsiens vir iemand wat jou absolute alles is!

Pappa was my held. Die mens na wie ek opgekyk het. My beste vriend! My absolute trots.

Hoe beweeg ek aan sonder jou? Ek soek jou orals. Ek sien jou blou overall broek en skoene om die hoek kom as ek in die sitkamer sit…maar dis nie jy nie!! Ek soek jou op die stoel, maar jy is nie daar nie. Ek hoor die hek en soek jou bakkie, maar dis nie jy nie!

Jy was die rots van ons gesin. Jy was die fondament van ons gesin. Jy was die Koning van ons gesin!!!!

Dit voel asof ons ‘n groot huis gebou het met blokkies en ewe skielik haal iemand die middelste blokkie uit en als val plat!

Jy was ‘n mens met ‘n hart van goud. Jy het almal se harte aangeraak. Iemand (in my oë) wat amper 200 mense op sy gedenkdiens gehad het, ‘n gewone man, nie ‘n groot besigheidsman nie, net ‘n gewone man wat ons pappa was. As jy deur die skare mense kyk en jy sien al die trane wat rol, besef ons hoe wonderlike man pappa vir almal was. Daar is min mense se prokureurs wat ‘n traan stort op ‘n begrafnis, maar dit het gebeur op pappa se begrafnis.

Pappa het soveel goeie eienskappe gehad. Pappa se lewe het daaruit bestaan om goed te wees vir mense, lief te wees vir mense, pappa het pappa se wang weer en weer na die vyand gedraai en nooit terug geslaan nie, pappa het nooit ‘n wrok teen iemand gekoester nie, selfs nie eers na pappa drie keer gekaap is en aangerand is nie, pappa het almal altyd ‘n kans gegee om hulle self te bewys voor pappa ‘n opinie sou maak, pappa was lief vir die Here. Pappa het die Here altyd eerste gestel in Pappa se lewe. Pappa was ‘n wonderlike man vir ons mamma!

Daar is ‘n groot leemte in my hart. Ek weet nie hoe ek ooit weer hierdie leemte gaan vul nie, maar ek wil ook nie, want daai leemte is pappa se plekkie.

Pappa was die beste oupa. Soveel geduld en deurnis en tonne liefde. Die kinders vestaan nie mooi nie, maar die kinders mis vir oupa!

Ek wens ek kon net een keer weer saam pappa op die stoep sit en ‘n koeldrank drink. Ek wil net een keer weer pappa se handjie vashou en soen. Ek wil net een keer weer die hek vir pappa kan oopmaak!

Ek is so lief vir pappa.

Ek sal lief bly vir pappa tot oneindig einde kry.

Rus sag ons pappa.

Waak oor ons, want ons is stukkend ons lewe is in stukke.

fb_img_1480351492958

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s