Ek mis jou pappa

Om een of ander rede kan ek vandag net nie werklikheid aanvaar nie!!

Ek is so kwaad vir die Here, want hoekom moes hy my pappa kom haal het? Hoekom kon Hy nie net iemand anders se pappa gevat het wat nie hulle pappa nodig het nie? Of hoekom kon hy nie een van die moordenaars kom haal het nie, hoekom moes dit my pappa wees?

Ek wou nog so ongelooflik baie dinge saam met jou doen. Ek het gesien hoe jy nog op my kids se troues kon dans, maar nou is jy weg!! Vir altyd weg… HOEKOM???

Ek sien ‘n bakkie wat lyk soos joune in die strate en ek wil net waai – soos jy altyd net jou handjie gedraai het! Ek mis jou pappa.

Dis nie meer lekker om by die huis te wees nie, want ek soek jou by die huis. Dis nie lekker om na mamma toe te gaan nie, want ek soek jou daar.

Ek wil nog net een keer weer jou stem hoor. Ek wil jou nog net een keer weer ‘n drukkie kan gee. Ek wil jou net nog een keer ‘n soen op jou voorkop kan gee.

Ek wil nie Kersfees doen nie – want jy is nie hier nie!!

My hart breek pappa – dit voel of my hart nooit ooit weer heel gaan wees nie!

Die gemis word net meer en meer en meer.

soms wens ek dat ek net nog langs jou bed kan sit in ICU, ten minste kon ek jou hand vashou en jou vertel hoe lief ek jou het, maar nou het ek niks. ABSOLUUT niks…

Jy het altyd so mooi sag gepraat en met soveel geduld die kids hanteer, maar nou skree ek net, want ek kan nie net huil nie. Die kids verstaan nie, maar ek kan nie. Maar hart kan nie sonder my pappa nie.

Lief jou altyd en altyd my liefste pappa

Advertisements

One thought on “Ek mis jou pappa

  1. “To a friend or relative, death is disaster. Only to the soul is death a relief—a release. The
    greatest gift you can give the dying is to let them die in peace—not thinking that they must
    “hang on,” or continue to suffer, or worry about you at this most crucial passage in their life.”

    “You never do die. Life is eternal. You are immortal. You never do die. You simply change
    form.”

    Eendag sal jy hom weer sien. Sterkte.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s