Kers Droefheid

Eendag lank, lank gelede was daar ‘n pragtige paartjie wat in ‘n dorpie gebly het. Hulle het reeds een dogtertjie gehad toe die mamma weer ‘n dogtertjie verwag. Dit was ‘n helfsoggend wat hierdie klein dogtertjie gebore is. Twee jaar later is daar ook ‘n boetie by hierdie familie gevoeg. Hulle het in dieselfde huis gebly tot die boetie omtrent twee jaar was – hulle het toe na ‘n klein plaasdorpie verhuis.

Die eerste dag wat hulle by die nuwe huis aankom het die drie kinders die agterplaas gaan verken. Die middelste dogtertjie onthou die groot hondehok wat agter in die jaard gestaan het. Dit was groot – baie groot. Met sommer baie bome en ‘n boom huis.

Hulle was vir 23 jaar woonagtig in hierdie huis – al die kinders was reeds uit die huis op daardie stadium… Hierdie huis het soveel herinneringe!

Pa was maar ‘n  moeilike man, toe hy jonk was, hy het in ‘n baie onstabiele huis groot geword. Sy moeder het reeds op ‘n jong ouderdom gesterf – sy pa was ‘n alkalis. Hy sou die kinders op ‘n Vrydag by die koshuis gaan haal en dan in die hotel gaan sit en drink, hulle sonder kos of water gelos! Later het hy met ‘n ander vrou getrou – hulle stiefma –  ‘n vrou met ‘n hart van goud. Hy het haar ook baie sleg behandel, maar sy was goed vir die kinders.

Pa het altyd geglo dat alles 100% reg moet wees.  Die kaste moet 100% netjies gepak wees, die huis moet skoon wees en die kinders moet hulle huiswerk goed doen en ken. Hy sou soms laat in die aand van die werk af kom – die mense het hom baie kwaad gemaak by die werk – dan sou hy boetie se huiswerk kom vra – die hel was los as hy dit nie 100% geken het nie en boetie het maar gesukkel op skool. Hy sou dan sommer besluit om te kyk of die kinders se kaste netjies genoeg gepak is anders is dit tyd vir kaste regpak…dit was hard op ‘n klein mensie…

Ten spyte van sy humeur was hy ‘n goeie pappa en man. Hy het altyd voorsien in al die nodige behoeftes nooit het die kinders net in oorvloed gekry  nie, maar die noodsaaklikhede was altyd daar. In die middae was daar elke dag ‘n warm bord gekookte kos op die tafel as ons van die skool afkom. In die aand sou hy kom kyk of ons almal toe is – veral in die winter – dan sal hy die kombersie mooi styf teen ons ruggies indruk sodat ons warm moet kry…

Hy het mamma altyd goed behandel. Hulle het soos enige egpaar ook baklei, maar dit was altyd vinnig reggestel en dan was daar weer vrede en liefde in die huis. Hy was ‘n ware heer. Hy het nooit lelik met ma gepraat nie. Hy het haar nooit behandel asof sy minder as hy is nie! Hulle het altyd alles gedeel, saam besluite gemaak, saam gedroom!

Die middelste dogtertjie se naam is Lena. Sy was altyd ‘n vreeslike emosionele kind. Sy het altyd gehuil nog voor sy in die kamer ingegaan het waar die houe sou val. Nooit mishandel nie slegs getugtig.

Sy was maar baie bang vir pa, want hy was kwaai. Sy het altyd probeer om alles reg te doen. Sy het hard gewerk op skool om goeie punte te kry..sy was pa se bang kind.

Sy het bietjie uitgehak op skool – op ‘n manier wat die familie dalk nooit ooit besef het nie. Daar was ‘n diepe worsteling in haar binneste wat sy net nooit kon verklaar nie. Sy het altyd na iets gesoek in haar siel, maar sy kon dit nooit vind nie.

Van laerskool dae af het sy betrokke geraak by heelwat ouer mans. As sy aandag by ‘n ouer man kon kry, was haar behoefte vervul. Dit het nie noodwendig oorgegaan in seksuele dade nie, maar die verwondering, die erkenning vir haar bestaan, die komplimente – dit het haar siel gevoed. Pappa was nie ‘n man vir komplimente nie – hy het dit eers op ‘n ouer stadium bemeester! Nie noodwendig sy skuld nie, want hy het nie daarmee groot geword nie! Pappa was steeds ‘n goeie man!

Sy het in standard vyf reeds met ‘n standard nege seun deurmekaar geraak. Sy was mal oor hom. Hy was aantreklik! Hy was een van die in kinders – sy was nooit nie – sy was die lelike skaam eendjie! Hy het baie keer vir haar opgekom by die skool voor al die kinders dit was vir haar lekker. Hulle het nooit ‘n “verhouding” gehad nie. Of nie ‘n openbare verhouding nie. Sy sou in die middae by hom gaan kuier en hulle sou goed vry – sy sou al sy behoeftes bevredig soos hy daarop aangedring het – sy het en het ook nie van beter geweet nie. Sy was so dankbaar vir hierdie man in haar lewe.

Sy en pa het op hierdie stadium baie baie baklei! Sy verstaan vandag tog so goed hoekom, maar toe was sy kwaad vir pa, want hy gun haar nie geluk en liefde nie. Dit was nie liefde of geluk nie, pa het geweet hierdie is ‘n ouer seun wat net een ding op die brein het – pa wou net sy prinses beskerm het. Hoekom is mens so blind as jy jonk is??

Daar was nog ‘n ouer man, maar daar het nooit iets gebeur nie. Hy sou altyd net vir haar die mooiste goed sê. Hy sou altyd net vir haar ietsie by die video winkel op die dorp los. Soms net ‘n briefie, soms ‘n blommetjie of sommer net ietsie kleins. Hy het selfmoord gepleeg – haar hart was verpletterd! Haar held is weg..

Nog ‘n ouer man – die keer heelwat omtrent tien jaar plus verskil – maar sy het hom nooit huis toe genooi nie. Pa sou die aapstuipe kry. Sy het hom altyd skelm iewers ontmoet. Hulle het eendag sommer iewers in die veld gestop en gevry dat die klere waai! Nee, hulle het nie seks gehad nie – gelukkig nie! Dit was amper…. Hy het ook selfmoord gepleeg oor ‘n ander vrou!!

Soveel mans het in haar lewe ingestap en uitgestap! Sy was elke keer gebreek as een uitstap!

Daar was net een man was vir meer as ‘n dag of twee se seksuele behoeftes gebly het. Hulle het in standard sewe begin uitgaan en middel standard agt uitgemaak. Hier was dit waar sy vir die eerste keer seks gehad het. Sy en haar pa het weer baklei die Sondagmiddag – sy het na hom toe gestap – sy ouers was uit en sy het vir hom gesê kom ons doen dit. Dit was aaklik. So onpersoonlik so vinnig so gestress, maar daarna het dinge rowwer en rowwer en rowwer gegaan. Hulle het uitgemaak en opgemaak, maar op die einde het hulle besluit om dit te beëindig omdat hulle te hoë risiko’s begin neem het! Hulle was so bang sy word swanger! Hulle het sommer agter in die tuin seks gehad dan is haar ouers binne in die huis. Hulle het baie kanse gevat. Dit was vir haar vreeslik moeilik, maar sy moes vrede daarmee maak…sy het vir jare nog gesukkel om hom te vergeet.

Sy dink terug aan al hierdie mans was so kamstig iets vir haar gevoel het, maar haar eintlik net misbruik het – sy was gewillig en dis al wat ‘n man wil hê. Sy het gesoek na ‘n man, maar sy het al die tyd die man wat waarlik vir haar lief was, die man wat waarlik haar behoeftes op die hart gedra het die hele tyd misgekyk. Sy het hom uitgemaak as die monster! Die een wat haar haat. Pappa was altyd lief vir haar. Pappa wou haar beskerm teen mans, want pappa het mans geken, hy is mos self ‘n man, alhoewel hy nooit ooit vrouens misbruik het nie – mamma was sy eerste en sy laaste!!

Pappa is die een wat haar leer fiets ry het en haar weer en weer opgehelp het. Hy was die een wat die trane afgevee het en haar moed ingepraat het as sy wou moed opgee. Hy was die een wat haar op ‘n jong ouderdom reeds op die plaas leer bestuur het – met die blou bakkie! Hy het langs die bakkie geloop en mooi vir haar gesê wat om te doen. Hy het oor en oor en oor gehelp. Daar het hy soveel geduld en liefde aan my bewys wat ek altyd net mis gekyk het. Hoe kan ‘n mens so blind wees vir opregte liefde.

Pappa het vir ons Bybel gelees en gebid. Pappa het ons met vakansie gevat! Pappa het altyd vir ons gesorg. Ons het elke seisoen winkel toe gegaan om vir ons klere te gaan koop! Pappa was ‘n wondelike , liefdevolle, opregte hartsliefde pappa. Sy wens sy het dit besef toe sy op skool was.

Sy en pappa het mekaar beter begin verstaan op Universiteit, maar dinge was maar steeds nie wat dit moes wees nie. Sy het weereens ‘n man in haar lewe gekry – hoekom altyd ‘n man??? Sy was meer by hom as by die huis en pappa was baie kwaad. Weereens kon sy nie verstaan wat is pa se probleem nie, sy sien hulle mos ook, maar sy wil tyd saam die man spandeer – hy was ‘n goeie man. Pa het van hom gehou. Hulle twee het goed oor die weg gekom. Hulle het op die ou einde getrou ook! En weer geskei. Pa was weereens kwaad, want hoe kan sy net skei. Sy het twee kinders!

Pappa  het kom kuier –  heel onbeplan – een Saterdag en ‘n vriend het ook vir die naweek by haar (en haar man) kom kuier! Hy was haar vriend. Pappa het regdeur als gesien. Pappa het gesien hier is moeilikheid. Pappa het haar ook dadelik daaroor aangevat! Sy was weereens kwaad vir pappa. Sy het geweet hy is reg, maar sy wou nie gehad het hy moes dit weet nie.

Die egskeiding het voort gegaan. Hy was nie die enigste rede vir die egskeiding nie, maar as hy dalk nie in die prentjie was nie en nie gehoop het dat daar ‘n toekom saam kon wees nie, sou sy dalk nooit die bul by die horings gepak het nie. Dit was op die ou einde die regte besluit – die gevoel was nie reg nie. Als het mooi uitgewerk.

Sy en pa was nader aanmekaar na ‘n inbraak by haar en die kids. Hy het kom help! Sy was so dankbaar. Hy het haar laat veilig voel.

Nie lank daarna nie is  daar weer ‘n man in die prentjie ‘n ander man – pa was weereens briesend. Kan sy dan net nie fokus of bestaan sonder ‘n man in haar lewe nie?? Hulle is nie eers ‘n jaar na die egskeiding nie ook getroud!! Hoe dink sy?? Van die een verhouding na die ander???

Sy was wel helemal op die afdraande pad toe hy haar van haarself kom red het, maar trou? Regtig? Wel, sy was swanger ook! Hulle wou trou, maar toe moes trou tipe van troue! Hulle was gelukkig..

Pa en hy het mekaar uiteindelik gevind na ‘n paar jaar en hulle het ‘n hegte band gehad. Pa was bly dat sy en die kinders gelukkig is. Daar was nog twee kinders – pa het hulle geniet.

Pa was ‘n oupa duisend. Soveel geduld en soveel liefde…

Die ander man het weer in die prentjie inbeweeg! Weereens!!! Hy is getroud sy is getroud. Albei het kinders. Die groot probleem is dat hulle steeds mal is oor mekaar.

Hulle het seker so twee weke voor pa oorlede is, begin meer gereeld kontak hê. Pa sou nie daarvan gehou het nie – hy het nie van hierdie man gehou nie, want hy het geglo dat hy die rede van die eerste egskeiding was.

Sy kan nie help nie, maar haar gevoel vir hierdie man is dieper as wat sy nog ooit in haar lewe oor enige iemand gevoel het. Sy weet daar gaan nie weer egskeidings wees nie hulle sal nie kan saam wees nie, maar dit verander nie die gevoel in haar hart nie! Sy is lief vir hierdie man. Hy sê sy is sy soulmate wat weggekom het! Hoe beweeg ‘n mens aan?

Sy dink as sy net rustiger was na haar egskeiding en nie net helemal die dam onder die eend uitgeruk het nie, het hulle dalk hulle kans gekry, maar pa sou nooit by blessing gegee het nie. Die kinders sou nie in dieselfde omstandighede groot geword het nie, want eks sou dit ook nie aanvaar het nie, want hy sou geweet het!

Nou hoe nou gemaak? Sit ‘n mens dit net af? Na sewe jaar is dit nie af nie? Na sestien jaar was hulle mekaar ken is dit nie af nie!! Gaan hulle uitgevang word? Gaan iemand seerkry? Dit is nie wat sy wil hê nie.

Pa het net ewe skielik siek geword daai week wat hulle so gereeds begin boodskappe stuur het. Sy was min daai week by pa – bietjie skuldig gevoel, maar wou ook graag eerder met hom gesels. Haar kom en haar hart het gespin. Dalk sou pa dit opgetel het! ‘n Week later is pa oorlede en haar hele wêreld het gaan stil staan. Het pa besluit om hierdie aarde te verlaat voor hierdie gevoelens hand uitruk en pa sou dit nie kon hanteer nie? Hoekom het dit so gebeur?

Sonder antwoorde oor wat fout gegaan het en hy is net weg!! Sy stem het stil geword!! Alhoewel ek weet wat sy stem in my hart vir my sê!

Sy worstel met die dood van haar pa. Sy worstel met die vrae oor wat het gebeur? Hoekom is haar pa dood? DOOD??? Sy huil, want sy mis haar pa. Hy was die rots die anker in haar lewe! Hy is weggeneem in ‘n oogwink!

Sy en manlief baklei constant! Ja, deels as gevolg van haar gevoel vir die ander man. Alhoewel dit nog altyd altyd daar was. Dit maak ‘n verskil dat hulle kontak het, dit maak ‘n onsaglike groot verskil dat hulle daaroor praat en dit maak ‘n nog groter verskil dat hy vir die eerste keer vir haar presies sê hoe hy oor haar voel. Dis nie net oor seks die keer nie! Hy voel eerlik iets vir haar!

Hulle baklei oor Kersfees, want sy wil nie Kersfees nie! Wat is Kersfees sonder haar pa op hierdie aarde. Kersfees is sy, boetie, sussie en moeder oor die aardbol versprei, want almal moet mos by hulle skoonfamilie wees! Sy hou nie van haar skoonfamilie nie! Hulle hou ook nie van haar nie! Nou hoe moet sy Kersfees saam mense wees in hierdie moeilike tyd wat niks vir haar voel nie! Twee van die drie sussies was nie eers by hulle ma in die hospitaal hierdie jaar voor sy oorlede is nie, want hulle wil nie onnodig ry nie. Toe hulle almal uiteindelik na ma oorlede is by die huis kom – die twee sussies was te laat – sê hulle vir haar sy moenie huil nie, want dan wil hulle huil!! Hoe de hel verduidelik jy dit? Jou ma is ‘n uur terug oorlede en jy wil nie huil nie?? Hoekom? Is jy bang oor wat mense gaan sê? Nou moet sy Kersfees daar gaan sien met ‘n gebroke hart en dan gaan sy tien teen een weer moet hoor, moenie huil nie! Dan gaan sy hulle mooi vertel. As hulle niks vir hulle ouers gevoel het nie, is dit hulle probleem, maar pa was haar alles!!

So op hierdie stadium is die gesprekke met die geheime man wat haar krag gee! Die gevoel van liefde is al wat haar krag en moed gee! Iets om voor te lewe!

Sy worstel met hoe om haar gevoelens vir hom te hanteer!

Sy worstel met pa se dood!

Sy worstel in haar siel!!

Advertisements

2 thoughts on “Kers Droefheid

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s