positief

Ek wil so graag skryf, want skryf laat my altyd beter voel, maar dit voel of ek “writers block” het!

Niks kom uit die pen…

Ek is bly Kersfees en Nuwe Jaar het gekom en gegaan. Dit was moelik. Dit was alleen al was daar mense om my. Het jy al ooit so alleen gevoel ten spyte van ‘n vertrek vol mense?

Dis vreemd hoe jy soms ‘n sekere persoon in die skare soek, maar hy/sy is nie deel van die skare nie..

Die stoel is leeg….die skare is leeg al is daar duisend ander mense…

Jou unieke sin vir humor, jou unieke manier van gesels, jou unieke manier van mens wees sal my altyd by bly en dit sal altyd gemis word tussen die skare!

Ek het gesukkel om te se voorspoed vir die Nuwe Jaar en mense het my kwalik geneem. Ek kan net nie dink hoe 2017 beter kan wees nie. Hoe kan dit tog sonder jou?

Na hope trane en twee dae by die werk het ek besluit om positief te word.

Om die hele tyd negatief te wees is uitputtend! Soms voel ek skuldig as en nie huil en depressief is nie, maar JY sou dit nie so wou he nie. Jy sou wou he dat ons moet opstaan en aangaan – die hemel weet dis moeilik.

Om jou trots te maak, gaan ek nou die bul by die horings pak en uitvind hoe ek my papiere kan kry. Ek gaan my eksamens skryf!

Dit is ‘n nuwe jaar en hy gaan sy eie goeie en slegte he! Om nie die sleg van 2016 saam te bring nie is onmoontlik, maar om goeie by te voeg dit is my doel vir hierdie jaar!

Kom ons wees positief oor ons eie lewe ons eie besluite!

Advertisements

One thought on “positief

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s