Dissipline

Hoe leer ‘n mens jou kind dissipline op regte manier?

Is daar ‘n regte manier?

Hoe besluit jy op die regte manier?

Ek is ‘n ma wat glo aan dissipline en respek. Ek is net nie seker of ek hierdie dinge regkry om in klein breintjies in te plant nie!

Eerstens, moet ouers saam staan! Hoe gemaak as ouers se sieninge anders is? Hoe gemaak as die ouers nie rustig oor hierdie dinge kan gesels nie? (nee, hulle is nie geskei nie – dis ‘n ander storie)

Tweedens, hoe dra jy goeie maniere en respek oor? Deur mekaar met respek te behandel!

Al wat ek nog altyd wou he is kinders met mooi maniere. Kinders wat respek het vir mekaar en vir ander mense. Kinders wat goed waardeer – klein dingetjies!

Ek sukkel om my vyf jarige enige van hierdie dinge te leer! Of dalk leer ek dit, maar hy luister en neem dit nie in nie.

Sy pa het hom nog nooit regtig gedissiplineer nie! Ek is die een wat baie streng is. My man skree net en praat hard die hele dag lank – dit put my uit! Dit help net mooi bokkerol! Om met hom te praat help nog minder, want net hy is reg.

Nou hoe nou gemaak?

My seuntjie luister glad nie vir my nie. Hy praat terug met my. Praat ongeskik en disrespekvol met my – ek voel dis omdat dit die voorbeeld is wat hy kry. Hoekom sal hy anders optree?

Die twee oudste kinders se pa is ongelooflik streng met hulle. Hy leer hulle sulke mooi maniere. As ek vra of ek hulle pa moet bel as ek sukkel, is die probleem onmiddellik opgelos. Dis so lekker. Alhoewel hulle geensins dieselfde respek vir hulle stiefpa het nie. Hy praat soms met hulle asof hulle die slangbollie is – dit maak my onsaglik vies. Spreek ek dit aan is ek altyd verkeerd! Ek vat altyd die kinders se kant en hy behandel almal dieselfde!

Ek wil net he my kids moet goeie maniere he en my met respek behandel.

Waar begin ek?

Advertisements

One thought on “Dissipline

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s