Briefie net vir jou

Vandag was ‘n harde dag. Vandag presies twee maande gelede het ons Hemelse Vader besluit om my pappa hier op aarde te kom haal.

Wanneer ‘n mens iemand so na aan jou aan die dood afstaan besef jy eers hoe kort tyd werklik is. Jy besef dat jy net vandag het. Vandag om dinge te se en te doen.

Vanaand wil ek met jou gesels. Vanaand wil ek my diepste gevoelens net met jou deel. Vandag wil ek he jy moet weet dat ek jou lief het! Vandag wil ek he jy moet weet jy is spesiaal.

Mense oordeel, mense gooi klippe, mense haal splinters uit ander mense se oe terwyl daar balke in hulle eie oe is.

Elke mens maak besluite en daardie besluite is hulle besluite. Jy wat oordeel – dit is nie jou plek om te oordeel nie, want dit was nie jou besluit nie. Die een wat die besluit neem, moet die gevolge dra – of dan gaan rekenskap gee daar bo by Ons Hemelse Vader! Hoekom moet hy/sy dan hier op aarde rekenskap aan jou gee?

Daarom my liefste wil ek he dat jy moet weet dat ek met my hele wese jou liefhet en altyd sal liefhe. Daai liefde kom net eens in ‘n leeftyd en daarom my liefste sal ek nooit in my lewe ooit skuldig voel dat ek jou so onsaglik lief het nie. Ek is so onsaglik dankbaar dat ek die geleentheid het om te kan se ek weet wat ware liefde is. Ek weet hoe dit voel om ‘n sielsgenoot te he. Ek sal jou lief he tot die dood ons skei!

Saam sal ons paadjies nooit loop nie my liefde!

Ons het besluite gemaak, keuses gemaak en daarom kies ons om nie ander mense seer te maak deur ons liefde vir mekaar nie.

Dankie dat ek kan weet jy het my lief.

Dankie dat ek kan weet dat ek nie al hierdie jare alleen geworstel het met hierdie diep gevoelens nie. Dankie dat ons saam kan weet dat ons mekaar innig liefhet. Dat ons liggame altyd na mekaar sal smag, maar dat dit altyd ons geheim sal wees.

Om lief te kan he, is ‘n absolute voorreg. Om ander mense se gevoelens bo jou eie geluk te kies, is ‘n groot opoffering, maar my liefde ons het twee keer ‘n kans verspeel en nou moet ons met daardie keuse saam leef.

Dalk my liefste het tyd nie saam met ons gestap nie, maar ons harte was altyd aan mekaar gebind en sal altyd wees!

Dankie dat ek ‘n stukkie van jou hart kan hou!

Bewaar my stukkie hart mooi, want dit sal altyd aan jou behoort!

Lief jou vir ewig en ewig!

 

xxxx

 

Advertisements

2 thoughts on “Briefie net vir jou

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s