Verwagtinge

Ek sit op n plek in my lewe waar ek moeg is dat almal alles net verwag.

Soos almal teen die tyd weet, is my pa skielik einde verlede jaar oorlede. Dis ‘n diepe skok en seer.

Op die stadium voel ek net moeg dat almal verwag dat ek die een is wat die hele tyd daar moet wees vir moeder. Dag na dag maak ek n draai en as sy nie daar is nie kyk ek na die huis of sorg dat sy kos het as sy laat werk. Dis glad nie dat ek omgee nie, maar ek raak ook moeg. Ek wil ook net tyd vir my en my gesin he. Daar is nie een naweek waar ek en my gesin net by ons huisie kan wees nie.

More moet ons weer by ma gaan braai. Die ander voel niks om te sê hulle gaan nie, maar ek gaan maar net weer, want sy wil ook mos nie alleen wees nie.

Ek raak erg geirriteerd op die stadium!

Ek wil net n breek hê. Tyd vir my. Tyd vir huil. Tyd vir wees.

Is dit te veel gevra?

Advertisements