Wie is ek?

Ek soek die stilte van die rivier om my. Ek wil staar na die water en my kop stilmaak. Ek wil geen kinderss, mans of honde eers sien nie. Ek wil net my kop stilmaak….

My kop is n tans n geraas van deurmekaar gevoelens.

Daar is n stukkie gewoel van verlies. Verlies deur die dood en verlies deur die lewe.

Daar is gewoel van woede vir due man. Die huweliksboot wankel maar tans, maar toe het die man ook nog besluit om knoppies te druk wat nie gedruk moet word nie.

So woel die dinge in die kop. Daar kom net nie n oomblik van stilte nie.

Hoe kry ek hierdie kop weer stil?

Happie vir happie.

Stukkie vir stukkie!

Ewe skielik hoor ek sy stem oor die foon. Ek hoor hierdie woorde in my kop. Praat hard met jouself en besluit wat vir jou belangrik is. Wat wil hy hê?

Nou woel ek daarmee….

Maar ek weet dit kan ek nie kry nie en dit was nie deel van die gesprek nie….

Wil ek hier wees, gaan hier my gelukkig maak. Of moet ek my hier gelukkig maak?

Om n ouer aan die dood af te staan was nog altyd my grootste vrees en ongelukkig het hierdie vrees n werklikheid geword. Ongelukkig het my man ook sy ma verloor n maand voor my pa…maar twee verliese twee mense twee helemal verskillende recovery prosesse.

Saam ons ouers het ons mekaar verloor!

Die grootvraag is: wil ek ons terug hê?

Ek kan nie daardie vraag antwoord nie, want wie is ons?

Wie is ons as die kinders nie hier is nie?

Wie is jy? Wat het ek in jou gesien dat ek met jou getrou het?

Dan die grootste vraag: Wie is ek?

Wat verdien ek?

Twee huwelike en vier kinders…en ek weet nie wie ek is nie.

Ek kan nie besluit wat ek wil hê voor ek nie weet wie ek is nie…

Waar begin hierdie soeke na my? Hoe vind ek myself as ek nie eers weet waar om te begin nie?

Ek weet ook dat ek n stukkie van my geloof verloor het toe ek my pa verloor het. Ek sukkel om te bid met geloof, want ons het gebid dat ons pappa gesond word en hy is weggeneem…

Hoe vind ek my geloof?

Hoe vind ek my?

 

Advertisements

27 thoughts on “Wie is ek?

      1. Ek weet dis moeilik. Moenie oorhaastige besluite neem nie. Jy en jou wederhelf het elkeen ‘n ouer verloor. Beide kry swaar. Dis nou die tyd wat julle mekaar moet ondersteun. Verstaan dat julle liefdestale verskil, verstaan dat julle mekaar dalk nie vind soos julle moet nie, maar gee vir mekaar liefde, nou meer as ooit. Ek belowe jou, jy sal nie spyt wees nie.
        Konsentreer op sy goeie punte. Hoekom het jy vir hom liefgeraak? Skryf 10 goed neer wat jy van hom hou, wat jy van hom waardeer, en as jy by 10 kom en daar is nog iets, skryf dit en dank God vir elkeen van daardie items.
        Die eerste 3 is dalk moeilik om te skryf, maar hou aan en skryf minstens 10.

        Liked by 1 person

      2. Dankie Toortsie…
        Ek besef elke woord wat jy sê is so waar, maar in my binneste veg ek.
        Ek veg met dinge soos die feit dat ek emosioneel laag was en nog nie eers n jaar geskei was toe ons getroud is nie. Dit was lekker ons het gedrink en gedans. Dinge wat n mamma nie moet doen nie. Ek sukkel met die positiewe. Ek sukkek met liefde gee. Ek wil nie hê enige iemand moet asn my raak of my vashou nie. Hy soek presies dit. Ek wil alleen wees hy soek die hele tyd mense om hom.
        Waar is die middeweg?
        Dan kom ons op n plek wat vir my baie moeilik is. Bid!? Ek sukkel…. ek het nooit gesukkel om te bid nie. Maar ekt gebid dat my pa gesond word en tog is hy geneem!?!?
        Ai ek weet net nie wat se kant toe nie!

        Like

      3. Ek verstaan. Ek verstaan regtig. Eintlik wil jy net in jou hoekie op ‘n hopie sit met jou arms om jou bene geklem.
        En om nie te kan bid nie is normaal. Daarvoor het jy vriende wat vir jou instaan. They fill up the gap. En die Heilige Gees wat jou hart deur en deur ken, tree namens jou in by ons Vader. Hy bid namens jou.
        En die duiwel wil hierdie moeilike tyd vr jou/julle gebruik om twyfel in jou hart te saai.
        Kan jy met hom praat? Sal hy luister as jy vir hom sê jy wil net ‘n bietjie asemhaal sodat jy gesknd kan word?
        Is daar iemand met wie jy kan gesels? Theophostics het vir my verlede jaar so baie beteken. Dis gebedsbediening.

        Like

      4. Ekt al telkemale met my man probeer praat, maar dit stuur net op n geveg af. Hy verstaan nie my hart nie omdat hy dit soveel anders doen.
        Dis ook moeilik want ekt vier kiddies.
        Die enigste persoon met wie ek praat is my vriendin.
        Niks verlig hierdie gevoel nie.
        En op die stadium is geen kerklike opset vir my n opsie nie omdat ek twyfel.
        Ek voel ook soos n slegte mens, want hoe sê ek vir my kids wat is reg en verkeerd, maar ek doen verkeerd. Ek twyfel.
        Vreeslik dankie dat jy luister

        Like

      5. Ek belowe jou jy is nie sleg nie. Regtig nie. Eerder getraumatiseerd, of bang of onseker, maar nie sleg nie.
        Dis menslik om te twyfel. Soos jy sê, jy het dan gebid vir jou pa en toe het dit anders uitgewerk. Ek kan jou nie daarop antwoord nie. Maar ek weet dat God by jou is, selfs al voel Hy nou vir jou ver. Hy sal jou hier deurdra.

        Liked by 1 person

      6. Hoe oud is jou kinders? As hil oud genoeg is, mag jy vir hulle sê dat jy bietjie swaar kry omdat jy na hul oupa verlang. Dalk verlang hulle ook en sal hul dalk bly wees om dit ook te erken?

        Liked by 1 person

    1. Dankie….vir my voel dit of tyd als erger maak. Ekt nou die dag iets gelees oor tyd, maar kan dit nie hier post nie. Sal dit sommer op my blog sit….
      Oor nader groei aan my Hemelse Pa is ook n helse stryd op die stadium. Soos ek reeds vir al die ander ok sê. Ek was nog altyd n Christen geloof was my anker, maar ek kan nie bid nie. Hoe? Ekt gebid en steeds is my pa geneem. Hoekom?

      Liked by 1 person

  1. Ek wil be-aam wat Toortsie en ekmyselff sê. Neem tree vir tree. Maak geen groot besluite nie. Haal net asem. Dit SAL beter raak. Regtig. Klou jy net vas aan die feit dat jy weet wie jou Vader is. Klou vas en haal asem.

    Liked by 2 people

  2. Onthou net al wat jy hoef te doen is te sug, die Here ken die versugtinge van ons hart. En ja, met die dood is daar altyd meer vrae as antwoorde – moet net nie in hierdie routydperk groot besluite neem nie. Ek dink aan jou en sterkte aan jou en jou man se pyn wat verskil, maar tog inherent dieselfde is xx

    Liked by 1 person

    1. Dankie Elanè. Dankie dat jy die tyd geneem het om te lees en te reply. Dis onsaglik moeilik as twee mense so verskillend voel en optree oor dieselfde situasie.
      Ekt myself nog altyd beskou as n Christen. Hoekom is ek dan so kwaad vir die Here, want Hy het nie ons gebede verhoor langs my pa se siekbed nie?? Hoe bid ek dan nou vir hulp en krag??

      Liked by 1 person

      1. Die is nou vir my ‘n baie moeilike prentjie, ek het gegoogle en niks gekry wat ek kan regverdig om hier te plaas nie, wat ek wel vir jou kan sê is dat God verhoor nie alle gebede nie, HY is tog God wat als vooruit sien, hoe weet ek en jy wat die vyand se plan vorentoe is? Maar God weet, Hy was dalk bewus van groot pyn en lyding wat vir jou pa voorlê – iets wat hom baie verdriet sou besorg en omdat God weet wat ek en jy nie weet, het HY dit dalk goedgedink dat jou pa eerder HUISTOE moet kom. My ma was ‘n verslaafde – ek was doodbang dat sy dalk in ‘n toestand van algehele dronkenskap haar lewe gaan verloor, ek het baie keer gevra, Here asb moet net nooit dat my ma gaan as sy nie heeltemal nugter is nie, ek was rerig baie bang vir dit, want ek het geweet sy is ‘n kind van die Here maar het die nare siekte van verslawing gehad – wat baie erg vir my was. Die Here het haar kom haal op ‘n skrale ouderdom van 73jr oud – sy was vir ‘n week in die hospitaal voor sy oorlede was, maar sy was rustig en nugter toe sy gehaal was – God het my gewys dat HY my gebede verhoor het deur haar te kom haal in ‘n nugtere toestand- daar was vrede by haar doodsbed wat alle verstand te bowe gegaan het. Ek weet God se planne is heeltemal anders as die vyand sin, Hy alleen ken die vyand se planne vir ons lewens en baiekeer gryp HY in voor die vyand sy bose planne vir ons lewe kan kom vervul. Weet net met jou pa se dood was GOD daar, ongeag jou gebede, maak vrede met jou verlies en koester asb die mooi herinneringe aan jou pa. Moenie God bevraagteken nie, HY is God wat die heelal in die palm van SY hand het en Hy wil net voorspoed vir Sy kinders hê, Hy weet wanneer om in te gryp. Ek kan jou verseker dat jou pa daar waar hy nou is voor die troon van die Almagtige nie sal wil terugkom nie en dat hy sal wil hê dat jy vrede in jou pyn moet kry. Ek dink so aan jou en ek bid dat jy vrede sal ervaar wat alle verstand te bowe sal gaan, en moenie worry nie GOD weet van jou – jy sal weer opgewonde raak oor Hom en eendag gaan ons alle antwoorde kry vir ons pyn en seer op hierdie aarde.

        Liked by 1 person

      2. Elanè, hierdie is n ongelooflike pad. My pa was n engel man, my hero. Na sy dood het boodskappe ingestroom van baie mense oor die wonderlike man wat my pappa was. Hy was nie n sieklike mens nie. Hy het die Woensdag begin sleg voel Sat dr en hospitaal toe en hy het self ingeloop, selfs later nog grappe gemaak met die verpleegster die aabd Icu toe geskuif en Sondagoggend het hulle hom verloor, maar teruggebring, maar n week later oorlede. Geen antwoorde nie. Hy was 63!!! So ek sukkel onsaglik baie om vrede te maak. Die oggend voor hy oorlede is, het die dr gesê hulle weet steeds nie wat die oorsaak is nie. Soveel vrae. Nou sukkel ek om op my knee te bly…

        Liked by 1 person

      3. Moenie worry nie, jy hoef glad nie nou op jou knieë gaan nie. Ek verstaan dat jy baie vrae het en dat jy nie verstaan waarom God nie jou gebede beantwoord nie. Ek glo jou pa was ‘n goeie man, ek het net my eie sentiment rondom my ma gedeel, maar glad niks op jou pa gesinspeel nie. Al wat ek eintlik probeer sê is dat God weet wat ek en jy nie NOU weet nie. Sterkte ek bid vir jou dat jou hart en Gees spoedig sal herstel en aanvaar wat jy/ons nie kan verander nie. My hart gaan rerig uit na jou, juis omdat ek jou pyn raaklees.

        Like

      4. Dankie Elanè. Jammer ek het niks daarby bedoel nie. Ek wou graag net my storie ook deel oor hoe my pa oorlede is. Jy maak dit so maklik om mee te gesels. Jou storie lê so na aan my hary dat ek graag net wou vertel hoekom myne so onsaglik seer is op hierdie stadium. Dankie dat jy jou storie met my gedeel het. Dankie dat jy my pyn verstaan. Sterkte ook aan jou ook! Ek het altyd geweet die dag as ek een van my ouers verloor, gaan ek seer hê, maar die dag wat ek my pa verloor het, het ek n stukkie van my siel verloor. Ek het elke dag met my pa gepraat, as ek hom nie gesien het nie! Hy was my anker in als.

        Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s