Die soeke na hom

Sy lê in haar bed, die huis is dood stil, al wat sy hoor is haar hartklop  doef-doef-doef. Ten spyte van die stilte in die huis en daar ‘n haar gemoed onrustig.

Sy tel haar foon op en begin tik:

“Ek oorweeg dit nou al vir ‘n wyle om hierdie boodskap te stuur. Ek is nie eers seker hoe om hierdie te sê nie. Ek kan nie langer hieroor stilbly nie. Ek wil saam met jou wees, ek wil saam met jou oud word, ek is lief vir jou. Ek kan nie langer in ‘n huwelik wees waar ek nie gelukkig is nie.”

Sy sit haar vinnig oor die “send” knoppie, maar sy kry net nie die moed om hierdie boodskap te stuur nie.

Delete….

Dit gaan vir ‘n paar nagte so aan, elke aand verander sy die woorde…tik tik tik…delete delete delete, maar sy kry net nooit die moed om hierdie boodskap te stuur nie.

In die dag is sy besig en kry sy nie te veel tyd om te worstel oor hierdie diepe gevoel wat in haar hart broei nie. Sy weet sy is getroud en dit maak die situasie ongelooflik gekompliseerd. Sy wil nie hê enige iemand moet seerkry nie, maar sy wil ook nie langer stilbly nie. Sy wil hê hy moet weet hoe sy voel, indien hy dan dieselfde voel, dan kan hulle besluit hoe om hierdie situasie te hanteer.

Sy sien nie kans vir ‘n skelm verhouding nie, dit is alles of niks!

Maande het verby gegaan, maar sy het steeds nie die moed om hierdie boodskap te stuur nie. Een oggend sit sy by die werk en besluit vandag is die dag. Sy tik die hele boodskap, maar waarheen sal sy dit tog nou stuur, want sy het nie sy e-pos adres nie. Dit is toe dat sy besluit om ‘n nuwe e-pos adres oop te maak op google en haar “troetelnaampie” te gebruik wagwoord. Sy tik die hele e-pos en verklaar haar ewige liefde aan hom. Sy wik en week vir ‘n oomblik, maar sy druk die “send” knoppie. Nou sit sy met die e-pos wat reeds gestuur is, sy sit met ‘n e-pos adres en ‘n wagwoord. Wat doen ek nou – wonder sy? Moet sy of nie?

Dit is weer die aand laat en die huis is stil en donker, donker soos haar gemoed. Sy vat weer haar foon. Die keer is dit makliker, sy stuur ‘n sms: “ Ek het vir jou ‘n e-pos adres geskep. Hier is die besonderhede. Daarheen het ek ‘n e-pos gestuur, indien jy belangstel, kan jy dit lees anders “delete” net hierdie boodskap.” En send….

Nou is dit weer ‘n ander tipe spanning wat in haar opwerk. Wat as dit die grootste fout in haar lewe was. Dalk moes sy nie hierdie boodskap gestuur het nie. Sy weet hoe sy voel, maar dalk het hy haar nog nooit so raakgesien nie en nou het sy als opgefoeter.

Sy hoor niks van hom nie. Hy stuur nie eers ‘n sms terug nie.

Die volgende oggend vroeg is sy reeds by haar rekenaar – vinnig maak sy haar E-posse oop…..niks!

Nou weet sy dit was ‘n fout! Dalk het hy nie eers die moeite gedoen om die e-pos te lees nie.

Sy besluit toe om maar op die werk te fokus en net van alles te vergeet. Sy het sopas haar beste vriend en liefde van haar lewe verloor. Sy sal nooit weer van hom hoor nie, ten minste tot nou het hulle gereeld kontak gehad, al was dit slegs platoniese “Hoe gaan dit?” boodskappies. Enige kontak is baie beter as niks….

Sy vee als uit haar gedagtes en gaan huis toe.

Die volgende oggend gaan sy werk toe, haar gemoed is half in haar skoene. Sy voel nie lus vir hierdie dag nie en sy voel nie lus vir lag nie, maar nou ja die lewe is nie altyd maanskyn en rose nie.

Sy gaan sit halfhartig agter haar lessenaar en maak haar e-posse oop en dadelik haar rekenaar programme waarop sy haar daaglikse takies moet verrig. Ewe skielik kom daar ‘n kennisgewing op van ‘n inkomende e-pos en sy naam veskyn…. vir ‘n oomblik raak sy doodstil en bang, want sy weet nie wat om te verwag nie…. sy huiwer vir ‘n oomblik, maar besluit toe dat sy moet weet en maak dadelik die e-pos oop.

Tot haar verbasing voel hy dieselfde.

Hoe nou gemaak?

Sy lees weer en weer die e-pos om net seker te maak dat sy nie verkeerd gelees het net omdat sy wil hê hy moet sê hy voel dieselfde oor haar nie.

Dis duidelik soos daglik dat hulle albei na mekaar hunker.

Vir dae skryf hulle oor en weer vir mekaar, dra liedjies op aan mekaar. Dit is lekker…

Reg en lekker is nie altyd dieselfde nie, maar dit is lekker om hierdie warm gevoel van liefde binne haar te voel. Dit is lekker om te weet dat hy haar ook bemin en ook terugkyk en wens dat hy haar gestop het voor die troue.

Na maande keer hy terug na SA en hulle besluit dit is tyd vir die ontmoeting. Sy het by haar ouers gekuier en op pad terug gaan sy by hom stop. Hulle ontmoet eerder by ‘n koffiewinkel in ‘n winkelsentrum, want dit is veiliger.

Sy parkeer haar motor en klim uit. Sy skakel hom sodat sy kan uitvind waar hy in daardie grote winkelsentrum is, maar tot haar verbasing is hy nie ver van haar af nie. Hy kom aangestap met ‘n drafstap passie…hulle oë staar na mekaar hulle beweeg nader en nader al hoe vinniger en vinniger tot hulle onmiddellik in mekaar se arms in beweeg in ‘n warm omhelsing en ‘n piksoen, wat ietwat langer aangaan as net ‘n piksoen tussen vriende. Vir ‘n oomblik is daar ‘n stilte wat heers.

Sy hak by hom in en hulle stap na die koffiewinkel. Hulle gesels oor koeitjies en kalfies asof daar nie ‘n dag verbygegaan het sedert hulle mekaar twee of drie jaar laas gesien het nie. Hulle lag en gesels en soms raak hulle stil en kyk net vir mekaar sonder om enige iets te sê.  Soms is woorde nie nodig nie.

Dit het tyd geword dat sy terugkeer huis toe. Hulle het geensins die onderwerp aangeraak nie. Hy belowe om te kom kuier….

Hy soen haar liggies en omvou haar dan weer in sy arms. Die lang, maer, blonde man omvou hierdie kort vroutjie. Hy wil nie laat gaan nie en sy wil nie hê hy moet haar ooit weer los nie.

Sy klim in haar motor en ry weg terwyl hy haar agterna kyk.

Haar hart breek in stukkie en ‘n traan rol oor haar wang.

Sy weet nou verseker dat hy die man vir haar is en sy het hom innig lief. Sy wil vir altyd en altyd in sy arms wees. Sy gaan die bul by die horing moet pak.

Wanneer sal die beste tyd wees? Hy gaan verpletterd wees, maar sy moet. Dit is nie regverdig teenoor hom om enigsins in die middel vasgekeer te wees en saam ‘n vrou te wees wat hom nie liefhet soos hy vir haar nie.

Daar is geen waarborge dat hierdie verhouding ooit sal werk nie, maar sy weet net dat indien sy steeds na jare soos oor ‘n ander man voel dan is sy nie in die regte huwelik nie. As jou hart 100% in hierdie huwelik was, sal jou hart nie die heletyd hunker na iemand anders nie. Haar man is ‘n goeie man, maar hy is nie haar man nie.

Dit gaan baie moeilik wees, maar sy moet dit doen.

Dit is laat op ‘n Vrydagaand en die huis is stil. Sy besluit toe die tyd het aangebreek om hierdie ding aan te pak. Sy moet hierdie gesprek agter die rug kry sodat sy kan aanbeweeg.

Sy gaan sit langs hom in die TV kamer, skakel die TV af. Ons moet praat asseblief.

Hy: “Ja? Waaroor wil jy praat?”

Sy: “Oor ons!”

Hy: “Is daar fout?”

Sy: “Ja, daar is fout. Ek is jammer, maar ek kan nie langer vir jou jok nie en ook nie vir myself jok nie. Ek weet hierdie kom dalk soos ‘n groot skok vir jou, maar ek belowe jou hierdie is nie iets waarmee ek van vandag af worstel nie. Ek weet daar is op die oog af niks fout met ons huwelik nie, maar tog is daar.”

Hy: “Wat probeer jy sê?” Sy sien die trane in sy oë – hy is waarlik lief vir haar.

Sy: “My hart behoort aan iemand anders en het nog altyd. Ek kan nie langer in ‘n huwelik wees as my hart nie in die huwelik is nie.”

Hy het net opgestaan, omgedraai en weggeloop. Sy het hom gelos.

Maande later staan sy in die hof en is die egskeiding finaal deur.

Wat het dan van die ridder geword?

Ewe skielik is die ridder nie meer in die horison nie en haar egskeiding is deur. Was dit dan alles verniet?

Sy weet dit was nie, want sy kan nie in ‘n huwelik bly net omdat sy nie wil skei nie, sy verdien om saam met iemand te wees aan wie haar hart behoort.

Sy sit een aand alleen in haar woonstel toe daar ‘n sms deurkom.

“Ek mis jou! xxx” Die ridder..

Vir die eerste keer voel dit asof hulle twee ‘n kans kry. ‘n Kans op ware geluk.

Haar hart spring uit haar lyf, “Ek mis jou meer!! xx”

Hy nooi haar vir ‘n ete in die Bosveld. Kampvuur en rooiwyn en die stilte van die nag omring met die liefde van twee mense wat vir jare na mekaar smag.

Dit is Vrydagaand en sy motor stop voor die woonstelblok waar sy nou bly. Hy kom op na haar woonstel. Sy maak die deur oop en hy groet haar slegs met ‘n drukkie, maar hou haar vir ‘n lang ruk in sy arms.

In die motor heers daar ‘n stilte, maar hy stel die musiek en speel een na die ander mooi song vir haar tot hulle hulle bestemming bereik.

Die stilte van die nag omring haar. Dit gee haar ‘n stilte in haar gemoed. Hy neem haar hand en die piekniekmandjie wat hy vir hulle gepak het en hulle stap ‘n hele end hand-aan-hand die bos in. Ewe skielik stop hy…. hulle het hulle plekkie gevind.

Oop stukkie grond omring met baie bome en ‘n vuurmaak plekkie. Hy haal die kombers uit gooi dit oop..

“Kan ek vir jou ‘n glasie wyn skink?”

“Dit sal lekker wees dankie.”

Nadat hy twee glase rooiwyn ingegooi het stap hy na haar toe. Sy staar die donkerte in, haar gedagtes ver, maar tog so naby. Hy sit vir ‘n oomblik die glase bo-op die boma se muurtjie neer en vat haar hande in syne.

“Ek het jare gewag vir hierdie oomblik. Ek wil hê alles moet net perfek wees.”

Met sy hande vryf hy haar hare agter toe en soen haar diep en teer op haar voorkop. Hy neem die glase wyn: “Op…. ons!”

Hy steek eers die vuurtjie aan sodat dit kan kletter terwyl hulle twee in mekaar se oë staar.

Hy gaan sit op die kombers na die vuur gerig en sy gaan sit met haar rug styf teen sy maag (tussen sy bene) en rus met haar kop teen sy bors. Vir ‘n oomblik is daar ‘n doodse stilte wat heers terwyl hulle stadig sip aan hulle wyn.

Hy sit toe sy glas wyn neer… en soen haar in haar nek…haar hele liggaam is deurtrek met hoendervleis, maar haar hart spring uit haar lyf.

Hy trek haar hemp bietjie weg en soen haar op haar skouer en dan weer in haar nek en beweeg na haar ander skouer.

Sy draai om sodat sy na hom toe kyk.

Hy vat haar saggies om die nek en soen haar hartstogtelik op haar mond, dit is die eerste soen. Dit is vol passie, intimiteit en liefde, iets wat sy nog nooit in haar lewe beleef het nie.

Daarna het hulle vir ure in mekaar se arms deurgebring.

Hy trek vir ‘n oomblik weg en kyk haar diep in die oë: “ Ek het so lank vir hierdie dag gewag. Ek wou jou al jare gelede in my arms neem, maar het gedink ek het jou finaal verloor. Ek wil jou nooit weer verloor nie!”

Sy: “ Jy het my hart gehad die dag toe ek jou in die gange van die koshuis gesien het. Van daardie dag af het ek vir jou gewag om my te kom haal, maar ek was oortuig dat jy my nooit sal kan lief kry nie. Ek sal jou nooit weer laat gaan nie!”

Hulle het vir ure daardie nag in mekaar se arms gesit. Hulle het gesels oor dinge waaroor hulle nog nooit gesels het nie.

Toe hulle weer sien het die son sy kop begin uitsteek en hulle het besluit dat dit tyd was om terug te keer huis toe.

Met die aankoms by die woonstel het hulle besluit om eers ‘n warm stort te vat. Hy het eerste gaan stort terwyl sy sommer net ‘n ligte ontbyt bymekaar gesit het en die koffie solank aangesit. Die aroma van die koffie vul die huis…

Nadat hy uit die stort geklim het, loop hy net met die handdoek om hom gevou na haar toe in die kombuis waar hy haar weer omhels en ‘n dieper soen gee.

Sy gaan stort en trek vir haar ‘n ligte stelletjie nagklere (eerder onderklere) aan onder haar kamerjas.

Hulle sit rustig in die kombuis en geniet die ontbyt en koffie.

Toe hulle klaar geëet het, staan hy op en trek haar van die stoel af, tel haar op en dra haar na die kamer.

Daar het hulle vir ure eers mekaar gesoen en geliefkoos en daarna het hulle intiem verkeer. Passievol en intiem!

Hulle het sommer naak in mekaar se arms aan die slaap geraak, maar hulle het albei geweet hierdie is “forever”!

…..

Hierdie is sommer ‘n fiksie met ‘n tukkie waarheid, meer ‘n begin met die happily ever after wat nooit gebeur het nie.

 

 

 

Advertisements

10 thoughts on “Die soeke na hom

  1. nee hel, ek het nie die senuwees vir die tipe goed nie, ek het “die man” bitter jammer gekry en die “ridder” het my laat ril, sleg laat ril. Daar is te veel van hulle met voete van klei daarbuite. Maar nou ja, ek is ook glad nie romanties nie, en verkies juis daarom betroubaar voor enige iets anders!

    Liked by 1 person

  2. Jy het ń interessante stukkie fiksie hier neergeskryf. My werklikheid het anders ge-eindig. Vandag, baie jare later, kan ek terugkyk en presies sien waar die GROOT LEUEN in my lewe ingekom het. Wat soveel seer in soveel mense se lewens veroorsaak het. En my eie vir jare daarna lamgelê het. Ek noem dit vandag selfsug. En totale blindheid. Ek het in ń leuen ingekoop, en die nadraai was “devastating.” As ek weer kon kies, het ek hulp gevra. Want as jy die besluite in die donker neem, is die gevolge nie dadelik sigbaar nie. Al wat mens sien, deur ń vals lig, is die amazing tafel wat gedek is. Ek sou my ‘eie ek’ vir ń wyle blootgestel het aan ouer persone met lewensondervinding se insig. Want my eie was verkleur deur die wasem van ‘volmaakte liefde’. Ek sou my selfsug op die altaar neergelê het, en onthou het dat God ń jaloerse God is. Dat dít wat mense aan my gedoen het, soos my eie molestasie deur my bloedpa, deur God self gewreek sal word. Maar dat my eie keuses wat lynreg teen Sy Woord gaan, voor my deur gelê gaan word. En ek sou weet dat dít wat ek aan my lewensmaat en my kinders wil doen, as daar kinders is, ewige gevolge gaan hê. God is ń jaloerse God.

    Raak ek omtrent nou ernstig hier by jou storie. Ek sien jou skrywe se gelukkige einde, en ek sug. Want dit is fiksie; die werklikheid is baie hard en vir ewig sleg. Seker daarom dat ons stories nodig het.

    Liked by 1 person

    1. Sjoe, die werklikheid is baie seer, glo my ek weet, daarom skryf ek eerder stories met gelukkige eindes. Sterkte. Ek hoop uit my hart uit dat jou stukkie seer weer sal beter word. Voel vry om hier af te pak soms help dit.

      Liked by 1 person

  3. Wow… ‘n reine waarheid, want die gevolge van ons keuses is dit wat ons grootste spoke raak wanneer ons in retrospek terugkyk op ons lewens en die skerwe om ons ongelukkig nie kan miskyk nie – al het God ons vergewe laat die vyand ons nooit toe om te vergeet nie – en dit is hoekom ons Vader so duidelik vir ons reëls neersit want Hy weet die vyand gaan ons eie keuses teen ons gebruik.

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s