Seerder as seer

Vandag is die eerste dag in ‘n lang tyd wat ek weer my blog oopmaak. Vir ‘n lang tyd is dit asof daar net niks binne my is nie.

Vandag was eintlik ‘n dag wat ek weer gedink het ek is oky, maar daardie gevoel het sommer bitter vinnig verby beweeg nadat ek by die huis gekom het.

Hoe hanteer ‘n mens dit as jy en jou kind net nie “eye to eye” sien nie. Nee, hy is nie ‘n tiener nie, hy is nou maar eers ses. Ek voel soos ‘n mislukking as ‘n ma, want watter ma se sy kom nie met haar ses jaar oue kind oor die weg nie. Hy luister eenvoudig net glad nie vir my nie, hy doen goed wat my grief, ek kan dit eenvoudig net nie meer hanteer nie.

Dit is toe net daarna wat ek op my bed kom sit het en die trane kan ek eenvoudig net nie keer nie.

Ek mis my pa….

Hoe maak jy hierdie seer beter wat seerder as seer is?

Hoe kry jy antwoorde op vrae wat net hy kon antwoord?

Hy het presies net geweet hoe om hierdie kind te hanteer. Hy het altyd gese probeer so maak, maak eerder so….hy  het net geweet hoe. Nou hoe nou?

Ek verstaan dat ek moet begin verstaan. Ek verstaan dat ek moet begin aanbeweeg, maar ou mens dit is bitter bitter moeilik.

Hoe haal jy jou hart uit en sit dit langs jou bed neer en hou aan lewe, want dit is hoe dit voel. Hoe haal ek my pappa uit my lewe en lewe nog steeds?

Ek mis jou…jy wat die rots van die familie was, jy wat die anker van die familie was, jy wat my anker was….

Vat asseblief hierdie seer uit my lewe asseblief….

Snik…snik….snik

 

Advertisements

16 thoughts on “Seerder as seer

  1. Ek voel ook jou soort seer – in my geval ‘n opstandige tiener stiefseun. Gebreinspoel… Nie net deur sy ma nie, maar ook deur die vreeslikste anti-depressante wat sy hom injaag! Negatief teenoor my en afknouerig (emosioneel en fisies) teenoor my eie oudste! Dit maak my kwaad / hartseer / emosioneel op dieselfde tyd!

    Ook my pa – die hart wat ek nie net eenkant kan sit en aanhou lewe – sou vir my die antwoorde kon gee… maar wie vra ek nou?? Wie verstaan my, my hart, my vrae soos net hy kon?? WIE???

    Ek het nie antwoorde nie, want my vrae is dieselfde as joune! As jy die antwoorde kry – bind dit om ‘n duif se nek en stuur dit ook aan my…

    Van een stukkende hart na ‘n ander. 💔

    Liked by 1 person

  2. Eina pyn, jy vat vir eers sekonde na sekonde, dan minuut na minuut, dan uur na uur en so gaan dit aan.
    Ek moet erken kinders (2) grootmaak was nie kinderspeletjies vir my nie – ek het dit met erge trauma gedoen, nou is beide my kinders volwaardige grootmense, en nogsteeds pyn ek van tyd tot tyd veral as iets dalkies, net dalkies na ‘n verwyt klink, want beide van hulle weet dit was nie maklik nie.

    Liked by 1 person

      1. Toemaar ek het myne ook liefgehad en nogsteeds ontsaglik lief maar vir my was dit rerig hardewerk – meeste v my vriendinne het dit lag lag reggekry, vir my was dit hardewerk op die beste v tye. 4 is ‘n handvol, moedhou en geniet die kosbare tye want dit is in ‘n oogwink verby.

        Liked by 1 person

      2. Partykeer verwonder ek my as mammas so baie geduld het, maar as die deure toegasn verloor die beste mammas dit ook met tye. Dankie. Die tyd stap vinnig en dit kan n mens nie terugdraai nie

        Like

  3. Toe my kinders nog klein was, het dit gewerk as ek vir hulle vra wat hulle wil hê ek moet saam met hulle doen. Een op ‘n slag kon hul sê wat hulle wil dien. Hulle terme. Dit het toe gewerk.
    Helaas werk dit nie noudat my kind 30 is nie. Daarom voel ek jou pyn. Regtig.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s