Realiteit is ‘n blik…

Realiteit

As ‘n reel gebruik ek nie sommer kry taal op my blog nie, maar hierdie slaan net die spyker reg op die kop.

Jy weet ek het die laaste tyd besef hoe ‘n harde hou realiteit is, soms is realiteit net so onwerklik dat ‘n mens verkies om nie in die realiteit te leef nie.

Vandat my pa oorlede is, het ek in my fantasie wêreld geleef. Hoekom in die realiteit leef wat gevul is met seer, hart gebrokenheid, verwardheid en duisende onbeantwoorde vrae.

Ewe skielik het ek besef dat hoe langer ek vasklou aan hierdie fantasie wat veraltyd net ‘n fantasie gaan bly, hoe langer stel ek uit om die realiteit in die oë te staar en hoe langer gaan dit my vat om met die realiteit saam te leef.

Niemand sê: “Snap out of it” of “Kom nou net oor dit nie” nee mense verstaan, mense het simpatie, mense ondersteun, maar as jy dit nie gaan begin verwerk of net leef met die realiteit nie hoe moeiliker gaan dit word as jy eendag besef wat die werklikheid is.

Dit is so lekker om die foon te vat en net te gesels oor drome oor wat kon wees oor wat was en al die flinders en al die mooi tye sonder seer en sonder enige negatiewe gevoelens, maar weereens dit is nie die realiteit nie. Dit is nou mooi en lekker, maar dit was nooit sonder seer nie. As dit so mooi was hoekom is dit dan nie vandag nog steeds nie?

Dit is tyd om te besef: Realiteit is ‘n bliksem.

Realiteit is nie lekker nie

Realiteit is seer

MAAR realiteit is realiteit en dit gaan nie weggaan omdat jy kies om dit te vermy nie.

Hoe om verder te gaan en hoe hierdie pad van realiteit gaan lyk, gaan nie lekker wees nie, maar om dit langer te vermy gaan nie die pad mooier en makliker maak nie.

Dit is tyd vir trane stort en huil. Dit is tyd vir raas en baklei. Dit is tyd vir vrae vra. Dit is tyd om die realiteit op sy naam te noem en in die oë te staar.

Ek weet ek stap hierdie pad nie alleen nie.

Ek weet ook ek is nie die enigste mens wat hierdie pad op die oomblik stap nie.

Ek weet ook dat ek nie die eerste mens is wat hierdie pad stap nie.

Ek hoop dat elkeen wat hierdie pad nou stap, saam met my krag sal kry om elke sekonde krag te kry vir die volgende sekonde.

Realiteitsgroete vir nou…

Advertisements

3 thoughts on “Realiteit is ‘n blik…

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s