Een jaar

Dis nou al amper n jaar en dit voel net nie eers naastenby vir my of dinge beter gaan nie.

Hierdie jaar was my jaar van hel. Ek dink ek weet nou hoe goor die lewe in die hel is.

Om geliefdes aan die dood af te staan is vir my een van die onmoontlikste dinge om tot werklikheid te roep. Vir party mense is dir: siekte, dood, begrafnis, lewe gaan aan? Hoe doen mense dit? Nietemin dis hulle manier, nie my manier nie.

Soms voel ek skuldig, want ek het vir een dag nie aan die realiteit gedink nie. Ek pak meer en meer goedjies op my bord, want hoe besiger ek bly hoe minder dink ek….

Maar vandag besef ek, ek is een mens en hierdie een mens is nou so ongelooflik moeg.

Eksamen lê om die draai en dis nogals moeilik om te leer met kiddies in die huis, maar dis net nog n brug wat ek sal oorkom…

Ek het net n tyd nodig om te rus. Tyd nodig waar ek net my batterye kan charge. Geen kind, geen man, geen mens of dier in sig nie! Net ek…

Hoe doen n mens dit? Vrek weet!! Om weg te breek kos deesdae n plaas se geld en o griet, moet my asseblief net nie by n spa inboek nie. Dis nou nie my cup of tea nie. Mense wat die hele tyd om jou is ens ens nee dankie….

Hoop dit gaan môre weer beter, want hierdie tor is nou besig om vinnig af te val!

Advertisements

3 thoughts on “Een jaar

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s