Hoor hoe raas die stilte

Beep beep beep hoor ek die masjiene raas, grrr grrr grrr hoor ek sy longe wat krap….en dan net een lang beeeep en geen long wat raas, geen hart wat klop…..

Die stem is weg en sy stem is vir altyd stil, maar die gewoel in my hart en my kop raas. Dis te gelyke tyd trane wat skree, maar die masjiene hou aan beep beep beep. Ek hoor my stem, oor en oor en oor: Is dit nou verby? Met die vraag so retories, want ek soek die verkeerde antwoord.

Dis in die nag as dit pikdonker buite is en geen geluid van bewegende voertuie wat in die strate beweeg of kinders wat lag en speel en raas. Als is stil, maar die stilte raas.

Hoe kry ‘n mens daai geraas wees stil?

Dis so vreemd dat na amper ‘n jaar so toneel oor en oor afspeel.

Tot nou het dit my nie geruk nie, maar ewe skielik, besef ek daai toneeltjie is waar dit het gebeur, sy stem is stil.

Nou dat ek net sy opinie nodig het. Hy was ‘n oopkopman. Hy kon darem vir jou na ‘n saak luister en ‘n absolute onpartydige antwoord gee.

Hy was altyd so trots. Ai, nou kan ek nie eers my harde werk met hom deel nie. Ek glo hy glimlag daar bo!

Ek wil hom in vrede laat rus, want dis wat hy sou wou hê. Ek wil weer kan laag terwyl my oë ook lag, want hy was n lag mens. Positief!

Ek belowe ek sal! Gee my net kans. Hierdie jaar het ek soveel aangepak en besig gebly, maar soos die jaar einde toe staan, raak als minder.

Die verlange raak net meer!

Advertisements

3 thoughts on “Hoor hoe raas die stilte

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s