Geld groei nie op my rug nie

Die jaar stap nou vinnig einde se kant toe en soos die einde nader kom en soos die jaar aanstap is daar soveel aktiwiteite wat hiermee gepaart gaan. Ons begin met Waterdag by die skool, Revue, skoolkonsert, fotodag en dan nog maatjies wat verjaar. Elke keer nog ‘n rand en nog ‘n rand, later skud mamma die beursie net om haar voertuig met branstof te vul en al wat sy sien is ‘n paar sente.

Kersfees klop behoorlik aan die deur en oral is dit “Black Friday” advertensies.

Mamma soek graag daai swart nommertjie wat op die “Black Friday” uitverkoping halfprys is, maar sussa kort ‘n paar skoene. So mamma sal maar weer wag tot volgende keer.

Die kinders is opgewonde oor Kersfees en elkeen het sy eie versoekie oor wat Kersvader die jaar moet bring. Mamma se keel wil behoorlik toe trek vir elke klein versoekie, want in ons huis is klein geskenkies tradisie, maar as al die rekeninge op en op loop en die kos elke maand minder word, waar pas Kersgeskenkies dan in?

Kersfees gaan nie oor geskenke nie – dit weet ek, maar ek onthou die opgewondenheid as kind elke jaar as daai geskenkies wonderbaarlik onder die Kersboom beland het (al het mamma hulle dit ook nie breed gehad nie ons het slegs R50 geskenkies gekry).

Daar is dae wat ek net wil se dat geld nie om my rug groei nie, maar is dit hierdie klein onskuldige kindertjies se skuld dat geld net geen waarde het nie? Dit wat ons nog drie jaar gelede gemaklik kon bekostig, is vandag net nie meer ‘n opsie nie, want brood kos nou al amper R20.

Dankbaar vir nog ‘n Peanutbutter en stroop broodjie vir middagete krap ons maar net weer kop oor hoe die maand se rekeninge betaal gaan word en hoe ons kinderhartjies weer bly gaan maak as Kersvader tog daai versoekie skelm onder die boom kom plaas.

……

Advertisements

Garbage in, garbage out

Dis ‘n gesegde wat baie van ons al gehoor het.

As jy ongesonde kos eet, maak jy jou liggaam ongesond.

Wat lees ons? Waarna kyk ons?

Waarmee vul ons ons gedagtes?

Dit wat ingaan, is dit wat uitkom.

Ons is almal in vandag se dae besig met sosiale media, maar let ons regtig op waarna kyk ons of luister ons of wat lees ons? Is dit gevul met positiwiteit, blydskap, geluk en mooi dinge óf die teenoorgestelde negatiwiteit, hartseer, woede, haat, ens.

As ons ons gedagtes vul met negatiewe inligting hoe kan ons verwag dat dit wat ons dink en voel positief gaan wees?

Ek sit en dink hieroor en besef hoe gereeld ek op Pinterest goed lees wat so mooi en waar klink, maar wat doen dit regtig? Dit plant ‘n negatiewe gedagte, ‘n hunkering na die verkeerde die onware.

Ons kyk na ander gesinne se foto’s en dink: ek wens my gesin was so perfek. Die feit is, hulle is net so ver van perfek soos jou gesin. Dis hulle beste foto. Hulle gaan nie die foto opsit waar almal kwaad is of baklei nie, maar hulle kry ook daardie dae. Net soos jy.

Ek het besluit om van vandag af daarop te fokus om positiewe artikels en opbouende goed te lees en te kyk.

As ek mooi goed insit, sal daar mooi goed uitkom.

Ons kan tog nie ‘n kakiebos plant en dink daar gaan ‘n roosboom opkom nie!

Aanraking

Vandag worstel ek net fisiese kontak of aanraking.

Ek is nie ‘n mens wat hou van drukkies en soentjies nie. Glad nie.

Party mense stenig my daaroor, maar dis wie ek is. Selfs my kinders kry net soveel drukkies en soentjies, want dan was dit klaar te veel vir my.

Ekt bietjie gaan soek op google en besef ek is nie alleen nie.

Hoekom word mense wat nie hou van fisiese kontak nie gemerk as gevoelloos of harteloos?

Hoekom kan ons nie ook net so aanvaar word nie?

Hoekom is julle behoefte aan aanraking belangriker as ons behoefte om nie aangeraak te word nie?

Waarom wil jy aan iemand raak wat slaap of vashou?

Ek hou van my eie spasie.

Laat weet my tog of hier nog mense is was nie hou van fisiese aanraking nie. Vir die wat dalk wonder – ek is nie ‘n man nie.

Skaakmat

Soveel huwelike in vandag se lewe eindig op in ‘ n egskeiding.

Ek dink nie mense doen dit noodwendig doelbewus nie. Wie trou met egskeiding in gedagte?

Volwassenes skei en gebruik kinders as pionne om die ander ouer in skaakmat te plaas.

Dis asof die ouers wag dat die kind iets kom sê wat die ander ouer teen hom/haar kan gebruik. Soos kinders optree!

Het julle al ooit vir een oomblik gedink dat jy nie die ander ouer bykom nie, maar julle kind?

As hy net sy voet verkeerd sit, is ons môre weer in die kinderhof!

Moet net nie dink die kinders gaan na jou toe as jou ma 60 word nie, want dis my naweek! Al ooit daaraan gedink dat julle kind by haar/sy ouma se verjaarsdag wil wees, saam al sy/ haar niggies en nefies?

Hoekom tree volwassenes so selfsugtig op?

Ek het hierdie rondte gewen. Skaakmat!!

Hoekom nie saamwerk ten goede vir die kinders nie?

Almal weet julle hou dalk niks van mekaar nie of kan nie oor die weg kom nie, maar dit is nie julle kinders se skuld nie. Waarom straf julle die kinders vir nog 80 jaar?

Met sussa se troue moet sy die tafelplasings so doen dat haar pa en ma mekaar net nie kan sien nie. Wat nog te sê foto’s neem of saam haar aan n tafel sit. Soos enige bruid wil hê!

Dis die rede waarom baie kinders so gebroke is.

Ja, kinders kry seer. Jy vat daai kind se huis weg. Veilige vesting. As hy/sy vandag van skool afkom is net een ouer tuis. Maar daai klein mensie het beide die ouers lief en nodig. Waarom dit nog moeiliker maak?

Leef in vrede saam. Verdra mekaar. Jou kinders verdien dit.

Moenie jou kind gebruik om jou gewese man of vrou in skaakmat te plaas nie. Jy sit jou eie kind in skaakmat.

Wat het ek gedoen om dit te verdien?

Wat het ek gedoen om dit te verdien???

Op die stadium voel dit of niks sin maak nie. Hoekom leef ek hoegenaamd? Ek probeer my bes om ‘n beter mens te wees, ek lees regtig Bybel, ek bid weer ek probeer minder vloek ens ens ens, maar waarom toets die Here my dan die hele tyd!! Magtig man!!!

Die hele naweek doen ek moeite om regtig tyd saam die kinders deur te bring – kwaliteit tyd voor die skool begin en dan kom ek na ‘n harde dag by die huis en dit is chaos. Kinders wat net geen respek het nie, geen maniere het nie!! Ek het daar en dan vir my man gese, as jy nie nou inklim en hulle ‘n pakslae gee nie, vat ek my goed en loop. Dan is ek klaar. Jy skree en skree van oggend tot aand, maar niemand skrik vir jou geskree nie, want dit is al wat jy kan doen. Eintlik net mooi niks eintlik F@@ol,

Ek is die vrou, maar ek moet dissipline toepas, ek moet foeter, ek moet huiswerk doen, ek moet sorg dat rekeninge betaal word, ek moet sorg dat daar kos op die tafel is, ek moet werk ook nog! Ek is gatvol!

Ek kry die Munisipale rekening op sy foon – alweer op sy foon – wat daarop dui dat on R18 000 skuld, hy se die krag is afgesit, want een betaling is nie geallokeer nie –nog leuens! Waar gaan dit stop. Ek glo nie een word uit jou mond nie. Jy maak my siek.

Saterdag sien ek na sewe jaar een van my skoolvriende, ons probeer gesels, maar nee my man moet mos altyd als oorneem. Hy verander die hele tyd die onderwerp en maak asof hy my vriend jare ken en als van hom en sy familie weet!!! Hy het toe maar in sy bakkie geklim en gery. Gese hy sal kom kuier, maar ek het gesien hy sal nooit kom kuier nie. Ek neem hom nie kwalik nie, want wie wil met so iemand geassosieer word???

Iemand wat sand skelm van ‘n site afry? En dit dan ontken, nadat hy ‘n bride betaal het sodat dit nie moet uitkom nie? Dan is jy mos skelm. Hoe moet ek elke dag van my lewe saam met so ‘n mens leef?

My grootste vrees is dat een van sy seuns na hom sal aard. Ek sal dit nooit maak nie. Ek bid nou al dat my kinders net nie na hom aard nie. Hy is ruggraatloos, hy is oneerlik, hy is ‘n skelm man!!

Hoe het ek ooit met so ‘n mens getrou?

Hulle se jy trou met ‘n man soos jou pa! Nee, wat nie ek nie. My pa was ‘n goeie, eerlike, opregte man, wat altyd sy medemens eerste gestel het. Wat sy kinders van die Here geleer het, vir hulle Bybel gelees het, hulle gefoeter het, hulle respek geleer het, waar is een van daai eienskappe by my man? net een???

Ek is moeg om so te leef. Ek bid hard op die oomblik, maar dit voel net hoe harder ek bid, hoe meer “obsticles” is daar in my pad. Dit is hoekom ek vra: “Here wat het ek gedoen om dit te verdien?”

My eerste man was ‘n goeie man, hy is ‘n goeie pa, maar dit is net ‘n verhouding wat op die verkeerde fondament gebou het. Tot vandag toe, deur ‘n egskeiding, het hy my nog nooit sonder respek behandel nie. Hy het nog nie een dag lelik met my gepraat nie – nog nooit voor die kinders enigsins iets leliks vir my gese nie of oor my gese nie! Goeie mens!

Here, hoekom moes dit gebeur het. Hoekom kon ek nie toe net opgestaan het en gese het, ek is lief vir iemand anders nie. Nou moet ek ook vrede daarmee maak, en ek weet dit is tyd om te laat gaan!

Al wat ek wil he, is ‘n man waarna ek opkyk. ‘n Man men opregte waardes. ‘n Man wat waarlik lief is vir my en respek vir my het, want woorde beteken net mooi niks! Dit help nie jy se jy het my lief nie! Dade spreek boekdele.

Ek is moeg. Regtig moeg.

Wat is die doel hiermee???

I’m no longer a slave of fear….I am a child of God

As jy dalk nog nooit van tevore hierdie liedjie geluister het nie, doen jouself ‘n guns en luister daarna.

Ek worstel vir maande met dinge. Soms is daar ‘n woede in my oor dinge wat in die verlede gebeur het. Inbrake en molestering is twee van die grootste seer wat ook n vrees geword het. Om saans wakker te lê en te vrees dat iemand weer deur ‘n venster gaan inklim, sal slegs mense verstaan wat reeds van tevore daardeur geraak is.

Ek het besluit om hierdie vrese vir die Here te gee. Niemand kan my en my gesin beskerm behalwe my Hemelse Vader nie. Daarom is my gebed elke aand dat Hy my deure, vensters, mure en selfs my huis se dak sal sluit my sy kragte, want waar Hy gesluit het, kan niemand inkom, behalwe deur Sy wil nie. 

Om te weet ek hoef vir niks te vrees nie, want ek is ‘n kind van God gee my soveel vreugde dat ek op en af wil spring!

Eks dankbaar dat God my gekies het om Sy kind te wees. Ek is net ‘n mens en ons is swak en nietig daarom te meer is dit wonderlik om te weet ek is spesiaal uitgekies deur ‘n lewende God!

Die naweek was ek bevoorreg om ‘n verjaarsdagpartytjie vir my kinders te hou. Daar het ek weer opnuut besef dat daar soveel is om voor dankbaar te wees. Ons moet net elke dag kies om die dag te begin deur dankbaar te wees vir iets. As ons net bereid is om om ons te kyk, sal ons besef hoeveel het ons om voor dankbaar te wees.

Soms raak ons vies omdat ons kinders nie luister nie, maar iewers huil ‘n ma wat langs haar kind se graf staan

Soms trek ons ons neuse op vir ertjies, maar iewers smag iemand net vir n stukkie brood.

Ek wil van nou af fokus op dit waarvoor ek dankbaar is en vergeet van dinge wat my seer of bang maak.

I’m no longer a slave to fear, I AM A CHILD OF GOD.

Seën vir julle almal

Kop skoonmaak

Vanaand is hier ‘n gewoel in my hart wat ek nie stil kry nie.

Daar is soveel verskillende redes vir die gewoel ek weet net nie hoe om hierdie gewoel stil te kry nie.

Verlede week het ek op ontstellende inligting afgekom en dit is iets waaroor ek wroeg. Dit is vir my baie moeilik om nugter te dink en besluite te neem as iets teen my waardes is. Daar is sekere dinge wat net nooit vir my aanvaarbaar sal wees nie. Nou hoe nou gemaak as jy met dit gekonfronteer word?

Tweedens, het ek ‘n droom gehad wat so werklik was:

Ek was in ‘n skare mense en ewe skielik sien ek jou daar staan. Ek het so vining moontlik na jou toe begin loop, maar hoe nader ek aan jou kom hoe verder weg het jy beweeg. Ek kon net nooit by jou uitkom nie. Ek wou net vir ‘n laaste keer met jou gesels. Ek wou net vir jou se dat ons na jou verlang, maar jy het stil stil weg geraak in die skare.

Ek het wakker geword en besef dit was ‘n aaklige droom, maar dit was ook die werklikheid.

Dalk was dit net ‘n teken wat pappa gestuur het, om my te laat weet dat al is jy ver is jy tog naby. Dat jy na ons kyk uit die hemel en oor ons waak elke dag. Steeds wil ek net vir pappa se dat ons jou ongelooflik baie mis.

Derdens, woel daar weer ‘n gemis na iemand wat ek nie mag mis nie. As jy besef jou droom sal altyd net ‘n droom bly. Die respek vir hom en sy gesin, maar ook vir my gesin. Dit maak net nooit die gevoel in die hart stil nie. Jy kan tog nie besluit om nie meer lief vir iemand te wees nie, net omdat hy aan iemand anders trou beloof het – net omdat ons nooit geweet het hoe ons werklik oor mekaar voel nie. Nou is dit te laat… die gevoel raas in my hart en dit mag nerens heen gaan nie.

Sometimes the hardest thing and the right thing are the same.

One of the hardest things you will ever have to do, is to grieve the loss of a person who is still alive.

Groete uit my kop se gewoel.